Nora Jones
September 8, 2010 in Sonder kategorie
Ek het Nora Jones se musiek leerken as gevolg van Wilna Adriaanse se Rebecca. Sy het dit soveel keer as agtergrondmusiek gebruik in die verhaal, dat ek genoop gevoel het om die musiek vir my aan te skaf.
Dit was liefde met die eerste luister.
Enkelliefde. Want Mnrlisa glo dit is die klank van ‘n kat wat pynlik besig is om te sterf. Ons musieksmaak oorvleuel geredelik, maar daar is die hopies cd’s wat die een van die ander vermy.
Met vriende wat gisteraand by ons gekuier het, weet ek weer presies waarom Adriaanse Jones se musiek in haar verhaal gebruik het. Omdat dit perfek pas. Omdat dit emosie in mens (dis nou mense met goeie smaak :-)) wakker maak. Omdat dit die pasta en die slaai en die wyn en die skuimerige koffie en die saamwees sag en sleperig in die agtergrond komplimenteer.
Dat die res van die geselskap die kos meer as die musiek waardeer het, is ongelukkig so. Dat ons laataand gegroet het met “Walking in Memphis” in die agtergrond is ook so. Dat dit steeds ‘n heerlike genoeglike aand was bly so.
Maar vanoggend wil ek nog bietjie luimer in die herinnering aan daardie perfekte oomblikke toe die klank sleperig in my gemoed gemeng het met smaak en tas en reuk en wees.
shlwanjan het gesê op September 8, 2010
Jy beskryf dit so mooi in jou laaste reël. ek gaan koop sommer ‘n Norah Jones cd…
zephur het gesê op September 8, 2010
Klink na ‘n lekker kuiertjie
ajhart het gesê op September 8, 2010
Love that Nora Jones a lot, but Marc Kohn’s “Walking in Memphis” is my best version. Thank you for the visit 🙂
lisabeth het gesê op September 8, 2010
…Ek hoop jy is al bietjie afgekoel na jou nare paspoort ervaring!
lisabeth het gesê op September 8, 2010
Dit was…rerig rerig lekker!
lisabeth het gesê op September 8, 2010
Jaaaaaaa…ek is bly jy hou van haar!
lisabeth het gesê op September 8, 2010
Thanks Jo…
Trakie het gesê op September 9, 2010
Ek het 2 van haar CD’s.
Geniet die luimer!
lisabeth het gesê op September 9, 2010
Dankie Kelkie…jy het goeie smaak!
lisabeth het gesê op September 9, 2010
Katie Flenters?
smartassblond het gesê op September 9, 2010
Baie nice geskryf. Ek kon haar musiek hoor en die kos ruik!
dinkweer het gesê op September 14, 2010
Goeie inskrywing. Met gevoel!