Hierdie geslag.
September 30, 2010 in Sonder kategorie
Ek weet ek het nou-net iets lafs geblog, maar nou het ek eers nodig om ‘n paar ander dinge te verwoord sodat ek dit kan verwerk ( soos in prosesseer).
Oudste is op ‘n kamp in die Noorde. Ongeveer 500 kinders tussen 14 en 19jr. Sy se die klompie van Oudtshoorn is soos aliens tussen die stadsjapies. En sy se hulle praat alien ook. Daar moet aanmekaar “eksuus” gese word omdat die twee punte van ons land mekaar se tiener dialek nie dadelik snap nie.
Ek het vooraf probeer uitvind wat presies op die kamp se program is. Watter lesings aangebied gaan word ens. Kon min uitvind. My grootste besorgdheid was maar rondom “Heilige Gees” goeters. Ek het al ‘n pad gestap. En die lyn is soms maar dun. Ek is nie ‘n baie optimistiese gelowige as dit kom by “daar is iemand in die gehoor wat dit of dat of iets makeer nie”. En dit beteken nie dat ek nie wonderwerke sien gebeur het nie. Ek het. Maar nie’ tydens n vertoning nie. En nie in die vorm van ‘n sirkus nie. En daar was geen emosie, of kollektiewe energie of wat ookal nodig om dit te laat gebeur nie.
Altyd vir my aaklig as ek ‘n stukkie onskuld van een van ons kinders moet wegneem. Dis elke keer ‘n tree weg van die paradyslewe waarvoor ons geskep is, nader na die werklikheid waarin ons woon.
Haar sms die eerste aand se al sy is ongemaklik met sommige van die lesings, maar die avontuur-gedeelte is tops. Tweede dag se sy dit is baie moeilik om te glo dat 499 ander mense die pot op party plekke kan mis sit. Derde dag rammel sy aantekeninge oor die telefoon af. Ritse uitsprake en gebeure en vrae wat sy daaroor het. Dit is onmoontlik om dit alles oor die telefoon en binne so kort tydjie te antwoord. Sy is 1400 km van ons af. En sy is op haar eie. En op ‘n manier is dit haar beurt om te kies. Om te luister en te bevraagteken en besluite te neem. Dit kom so gou – soveel gouer as wat ek gedink het.
Vier van die nege (14jarige) dogters in haar groep is reeds gemolesteer.
Twee rook.
Vier sny hulleself of het hulle self al gesny.
Helfte se ouerhuise is ongebalanseerd opgebreek.
Sy is in ‘n ok groep, sonder ernstige probleme.
Wat het skeefgeloop?
Onlangse kommentare