21.05.2010
Mei 21, 2010 in Sonder kategorie
Ek sit hier bo teen die koppie vir jou en tik.
Dis vandag 3 jaar later.
My hart was nie seer vanoggend nie.
Ek het wakker geword met gewone gedagtes – geen seer wat my binnekant toevou nie.
Net die verlang na God. Om tuis te voel by Hom. Om te weet wat Hy dink en voel en wil.
Om seker te wees.
Ek is so naby aan die punt om te se dis mensgemaak – maar dan kan ek J nie verklaar nie. Hy verander steeds.
Dink as ek hartseer voel vandag is dit nie oor wat gebeur het nie, maar oor my vrees en onvermoe om voluit te leef en te vertrou.
Dankie vir als – ek weet elke dag minder hoe ek en die lewe werk.
Hoop dit bly vir jou duidelik, en dat jy koersvas en seker is.
En nou rol die trane.
Word gou gesond.
Die dagbreek hier voor my is mooi.
dinkweer het gesê op Mei 21, 2010
Môre Lisa. Die skrywe het my geboei. Dalk omdat ek so iets van jou leer ken het. Dalk ook omdat ek nie weet wat gebeur het nie…
zephur het gesê op Mei 21, 2010
Lisa sterkte
Hou vas aan gister en glo aan môre…
lisabeth het gesê op Mei 21, 2010
Aah DW, dankie. Wonder soms hoe dit sal wees om te se…
lisabeth het gesê op Mei 21, 2010
Dankie Annemarie, om net hier te wees waar ek nou is is reeds genade.
lisabeth het gesê op Mei 21, 2010
Hallo Ekke, dankie man. Pas maar daai binneste mooi op.
lisabeth het gesê op Mei 21, 2010
Dankie Zeppie, vir jou woorde, ek waardeer dit.
ludwig.heuer het gesê op Mei 21, 2010
Hartroerend …
Berwick het gesê op Mei 21, 2010
Sterkte, Lisa.
kerneelsie het gesê op Mei 22, 2010
Eina
FOXY1975 het gesê op Mei 26, 2010
Drukkie vir jou!
lisabeth het gesê op Mei 26, 2010
Hallo Ludwig – die hart roer maar bietjie baie op die oomblik – het nodig dat die brein ook bietjie beweeg!
lisabeth het gesê op Mei 26, 2010
Dankie B 🙂
lisabeth het gesê op Mei 26, 2010
Hallo Kerneels…stuur maar gerus bietjie van daardie lekker positiewe uitkyk van jou vir my aan…hier is so effense tekort op die oomblik! (Sal later weer vir jou teruggee)
lisabeth het gesê op Mei 26, 2010
🙂