Afpakplek
Januarie 28, 2010 in Sonder kategorie
Liewe Litnet
As jy my dagboek was sou ek vanaand hier kon stoom afblaas en raas en skel en baklei en moed skep en beter voel.
My inhokkies is oorvol – propvol
Ek het tred verloor met wie ek wat waar belowe het – te veel te veel – en ek het twee dubbelafsprake self gereel
Probeer die mense weghou van die glasdeur af – probeer die magdom admin klaarmaak -probeer uitstel om te praat en te luister
ek het beheer verloor en balans
alles is net net min of meer amper by
niks reg afgerond nie
niks sonder druk en rustig klaargemaak nie
niks voor enige sperdatum uit by die deur nie
hoeveel laat omdraai – ek kan regtig nie nou luister nie
Liewe Litnet , dit gaan net bietjie heeltemal te dol met my.
DallaSePa het gesê op Januarie 28, 2010
Lisa … jy het glad nie tyd om te blog nie … SKOERT!
;-))
katrina het gesê op Januarie 28, 2010
Vasbyt. Onthou Jan Brand se woorde: Alles sal regkom. (Hy’t net nie gese wanneer nie!)
loudavisi het gesê op Januarie 28, 2010
Oppas vir beheer verloor!
Dit maak mens angstig.
Dink aan jou – ek weet presies.
boerseun1 het gesê op Februarie 2, 2010
Calma, calma, soos hulle in Angola spreek as dit te erg raak.
lisabeth het gesê op Februarie 4, 2010
Ek is klaar ek is klaar ek is klaar!Lekkerrrr!!!!!
lisabeth het gesê op Februarie 4, 2010
Ag wat…die kla het sy doel gedien! Ek mag nou bietjie rus!
lisabeth het gesê op Februarie 4, 2010
En hy was reg! Alles het reggekom!
lisabeth het gesê op Februarie 4, 2010
Hallo Lou! Hier le ‘n naweek van genoeg rus en heerlike niksdoen (menende werkdinge) voor!
lisabeth het gesê op Februarie 4, 2010
Ja…ek verwerk deur te verwoord! En nou is die werk klaar…so nou het ek weer tyd vir verwoord!;-)
lisabeth het gesê op Februarie 4, 2010
Hallo Elsie.
lisabeth het gesê op Februarie 4, 2010
Uhmmm, lala la laaaa la la! Ek is klaar ek is klaar ek is klaar!
lisabeth het gesê op Februarie 4, 2010
Dankie Boerseun – oudit is verby…Kalm het gehelp…tande deurgekners en oe sakkies, maar ek is klaar en deur en oor en verby en VRY van ouditeure!!