Skeiding
Januarie 18, 2010 in Sonder kategorie
Na drie konstante dae in mekaar se gesleskap, ken ek en my handsak mekaar se swakpunte. Weet ons presies hoe onversoenbaar ons is. Om die waarheid te se, ek dink die verhouding het bo alle redelike twyfel onherstelbaar verbrokkel.
Dis nie dat hy vir my lelik is nie – hy het immers my oog daai eerste dag op so manier gevang dat ek impulsief my kredietkaart uitgehaal het met die bedoeling om ‘n lang en gelukkige verhouding aan te knoop.
Die eerste dae was hemels. Hy was vir my mooi, sag onder my vingers, sy lyf het na leer geruik. Ons het stil en gelukkig na mekaar gekyk. Dit het goed gegaan met ons. Net die naby aan mekaar wees was genoeg. Ek het uitgesien na ons eerste afspraak, opgewonde gedroom oor hoe hy my gaan laat voel en lyk, en hoe maklik hy al my dinge in hom sal ronddra.
Die eerste oomblikke alleen saam was vreemd en nuut en opwindend. Ons moes mekaar se lywe leerken, en uitsorteer wie waar wil wees en wat waar moet inkom.
En toe die drie dae wegbreek – byna net ek en hy.
Ek kan baie klein dingetjies opnoem wat my teen dag twee grensloos begin irriteer het. My ma het my egter reeds op laerskool geleer om nooit uit ‘n verhouding te stap met verbittering in jou hart nie. Altyd iets om te leer uit elke ervaring. En om nooit ooit die ander persoon sleg te maak nie – dit was immers jou keuse.
Ek het te oppervalakkig gekyk. Ek het te vinnig in die verhouding ingestap. Impulsief en onoordeelkundig.
En nou kan ek niks doen behalwe om te se ek is jammer nie. Ek kan nie bly nie. Ons is nie goed vir mekaar nie, en op die lang duur gaan ons albei skade opdoen.
Ek sal net die nodigste neem. Ek weet jy gaan iemand anders baie gelukkig maak. Ek is nie reg vir jou nie.
Ek is regtig jammer – ek weet dit maak niks beter nie – maar dis al wat ek kan aanbied.
Vergewe my, asseblief.
VirMyLiefling het gesê op Januarie 18, 2010
Pragtig geskryf!
Berwick het gesê op Januarie 18, 2010
🙂
hippieheart het gesê op Januarie 18, 2010
is nie altyd maklik nie ;D
hippieheart het gesê op Januarie 18, 2010
is nie altyd maklik nie ;D
loudavisi het gesê op Januarie 18, 2010
Het ook al moed opgegee,
Ek en handsak is nie maatjies nie – niks hou vir langer as die eerste keer nie.
Voel diep saam met jou.
lisabeth het gesê op Januarie 19, 2010
Ek gaan dit nie mis nie…ek is weer enkel met min (vir ingeval)bagasie.
Sleutel, selfoon, kaart en weg is ek!
lisabeth het gesê op Januarie 19, 2010
Ek het my arme ma so gekritiseer toe ek jonger was…maar regtig…as daar nie ‘n presiese plek vir elke ding is nie, en as dinge nie is waar jy dit laas ingesit het nie…en as daar te veel bagasie is…los maar! Wanneer pos jy weer?
lisabeth het gesê op Januarie 19, 2010
Nou wat presies moet ek nou alles lees in “Ek dink dit is my laaste paar swart kerskoene.” wonder ek?
(
lisabeth het gesê op Januarie 19, 2010
Nee…’it is nie!
lisabeth het gesê op Januarie 19, 2010
Kom tyd kom raad, Maankind!
lisabeth het gesê op Januarie 19, 2010
(-:
lisabeth het gesê op Januarie 19, 2010
Hallo VmL…ek het jou lanklaas gesien…! Hoop jy het ‘n mooi jaar – geen hospitale en moeilike mense nie!
lisabeth het gesê op Januarie 19, 2010
Thank you for the rose, Elsie.
lisabeth het gesê op Januarie 20, 2010
Neeeeeee! Stokies….ek het heeltemal daarvan vergeet! Dis kleintyd herinneringe daardie. (Gits se nou ons is familie? Ek wonder hoeka of ek en my pa mekaar een of ander tyd gaan raaklees).
argstudent het gesê op Januarie 20, 2010
RE: het vir jou reply op my blog
zephur het gesê op Januarie 21, 2010
Ai hoe moet handsak nou voel…
Alandupreez het gesê op Januarie 21, 2010
Die stukkie het baie meer in as wat dit op die oog af lyk. Puik geskryf, die beeld is treffend (as dit is wat mens dit noem). Dankie, dit sit my weer aan die dink….
lisabeth het gesê op Januarie 24, 2010
Hallo Kokomo…
lisabeth het gesê op Januarie 24, 2010
Hallo Reisiger…Ek is bly as dit vir jou goed is – lekker slaap!
lisabeth het gesê op Januarie 24, 2010
Hang net af hoe verstandig hy is!!
screamsaver het gesê op Januarie 25, 2010
Jy bieg tog nie dat jy die verwerpeling se lyk beroof het nie!?Wat sou onder die nodigste val-sy wallet!? So gedink.Skaam jou!
lisabeth het gesê op Januarie 26, 2010
Nee jong Gaudi, Dood is darem nie die noodwendige gevolg van Verwerping nie!!
screamsaver het gesê op Januarie 26, 2010
‘n Handsak sonder ‘n vrou se goed daarin is dood.Hell has no fury like a handbag scorned!En die wallet,wat van sy wallet!?Jy sien die vinnige verhoudings gaan ma orie man/handsak se geld!
lisabeth het gesê op Januarie 27, 2010
Nee man – die handsak was LEEG tot EK hom volgemaak het met MY goed! Miskien moet jy vir my se waarom so handsak in die eerste plek toegetree het tot die verhouding! (Ons weet mos nou die rede vir vroulike toetrede was die wallet)
screamsaver het gesê op Januarie 28, 2010
Willose klei in die hande van ‘n vrou wat met ‘n ander se wallet wys sy wil hom he en beloof om sy maag vol te maak-so beland menige (ver)lee ou sak na tydelike blymaak terug op die rommelverkoping !