Sy nuwe reis begin

April 25, 2019 in Uncategorized


Ek sien hom langs sy Corsa Lite staan: “My eerste voertuig…wat ek met my eie geld gekoop het”, verklaar hy trots.
Vandag staan Tom voor my as ʼn jong onafhanklike man, ’n baie ander persoon as die skaam en bang seun wat die eerste keer deur die Kinderhuis se hekke gestap het.
“Dit is nogal moeilik daar buite,” vertel hy my.
Tom is nou ‘n gekwalifiseerde loodgieter en het werk gekry in ’n klein dorpie buite Kaapstad.
Hy mis die Kinderhuis en waardeer die opleiding en geleenthede wat hy gekry het. Hy praat met groot entoesiasme en humor oor sy tyd in die Kinderhuis se Oorbruggingshuis.
Die Oorbruggingshuis bied ʼn geleentheid vir ons kinders (18 jaar en ouer) om in ʼn ondersteunende omgewing verder te studeer en werk te kry. Tom se spontane vertellings laat my wonder watter kattekwaad hulle alles aangevang het. Terselfdertyd word ek daaraan herinner dat ons almal die nes moes verlaat en ja, ons het ook soms kanse gevat. Tog het ons die ondersteuning gehad van ‘n ouerhuis.
Tom het hierheen gekom vandag om totsiens te sê voordat hy die grootmenswêreld aanpak, want die Durbanville Kinderhuis is sy huis. Tydens sy verblyf by ons was hy in staat om sy ma op te spoor en bande met ander familielede te versterk, hy het die vaardighede aangeleer om boelies te hanteer en het geleer dat dit altyd die beste is om die waarheid te praat. Tom het daardie vaardighede geneem en homself ontwikkel tot ‘n jong man, waarop enige ouer trots sal wees.
Deur u bydrae, het u ook vandag vir Tom gehelp om ’n sukses van sy lewe te maak. Baie dankie vir u betrokkenheid. Sonder u hulp sou ons dit nie kon doen nie.

***

Wil u kinders soos Tom help? Klik hier om ‘n kind te kan borg.

Besoek ons webwerf: http://www.durbanvillekinderhuis.org.za/

15 responses to Sy nuwe reis begin

  1. hcqs side effects plaquenil uses

  2. erythromycin ophthalmic ointment for newborns erythromycin ophthalmic ointment for newborns

  3. what The Difference Between Levitra, Cialis And Viagra?

  4. which Pharmacy Has The Cheapest Cialis?

  5. how Long After Taking Isosorbide Mn Er 5mg Can You Take Cialis?

  6. who Makes Cialis Professional?

  7. buy generic modafinil 100mg provigil usa purchase provigil online

  8. how Soon Before Sex Should You Take Cialis?

  9. how Often Can You Take 20mg Cialis?

  10. modafinil 100mg uk buy modafinil 100mg online modafinil us

  11. why Doesn’t Cialis Work For Me?

  12. hydroxychloroquine where to get it http://hydroxychloroquinex.com/

Leave a Reply to azuckwyi Cancel reply

Your email address will not be published.