Stem jy vir ’n blink toekoms?

August 3, 2016 in Uncategorized

Oumense, moenie met die water mors nie, jou kinders wil dit drink. Só lui ’n ander weergawe van die ou, tradisionele liedjie.

Op stemdag, met ’n effense sonnetjie in die Kaap, herinner een van ons ouer inwoners ons dat die somer op pad is, en dat die son helder skyn vir ons jongmense.

Jy het hopelik vandag jou kruisie gaan trek vir ’n party wat ’n verskil in jou buurt sal kan maak. Dankie.

Ons en die kinders in die Durbanville Kinderhuis sien uit na die somer, en na ’n blink toekoms waar hierdie jong man eendag jou motor sal regmaak.

Screen Shot 2016-08-03 at 18.38.07

Kind bekend as: Seun 17 Jaar

Taal: Afrikaans

Verjaarsdag: 31 Julie

Ouderdom: 17

Skool: Westcliff

Graad: 11

Gunstelingkleur: Rooi

Wat doen jy graag? Sokker

Wat wil jy word as jy groot is? Werktuigkundige

Jy word hartseer as: Ander kinders my seermaak.

Jy word bly as: Ek huis toe gaan.

Grootte van T-hemp: 14 – 15

Grootte van broek of rok: 14 – 15

Skoengrootte: 7

Leave a reply

Your email address will not be published.