Ayobaness op SA

Desember 12, 2009 in Sonder kategorie

Ja daar is baie dinge wat verkeerd loop in ons land. Ja daar is baie probleme, en misdaad en geweld en politici wat korrup is…maar ek is mal oor hierdie reenboogplek van ons.  Dit is vir my fantasties om te kan sê dat ek in die na-apartheid era leef, dat ek kan deel wees van al die ontwikkelinge wat plaasvind, van nasiebou van groei en vergifnis.


Dat ek eendag as ek gelukkig genoeg is om oud te word vir my kleinkinders kan vertel dat ek deel was van die geskiedenis wat ons die afgelope 15 jaar maak en vir die volgende 15 jaar gaan maak.


Dat ons daar was toe Mandela vrygelaat is, vir die bang-bang club, toe ons die Wêreldbeker gewen het, toe ons hom weer in 2007 gewen het, vir die VN-klimaatberaad in Kopenhagen, vir Invictus, vir vuvuzela’s, vir 2010!


Ek het net een woord:

AYOBA!


15 antwoorde op Ayobaness op SA

  1. louisna het gesê op Desember 12, 2009

    Pragtige stukkie. Ek het hom gaan google.

    It’s slang for cool, sweet, agreed, alright!It can also be used as a greeting e.g. Ayoba!Ayoba is interchangeable with Ayobaness.Basically, you can use it to mean anything and still look cool.

  2. Ouboet jy is Ayoba! Dit is dalk popular culture maar dit is vir my fantasties dat ons dinge by mekaar se kulture kan leen, soos lekker, awesome, ayoba en Phuza-Thursday, ons beweeg vorentoe!

  3. Wag, ek gaan loer gou!

  4. Groovy Ekke. Ja nee, bou ‘n brug, bou hom klaar en beweeg aan!Geniet jou naweek.

  5. louisna het gesê op Desember 12, 2009

    Pragtig. Doet so voort. Lees my stukkie op die stoep.

  6. louisna het gesê op Desember 12, 2009

    “Yesterday is history, tomorrow is a mystery. And today? Today
    is a gift. That’s why we call it the present.”

    — B. Olatunji

  7. jedeal het gesê op Desember 12, 2009

    Ons kan eendag met trots aan ons kleinkinders vertel dat ons in 1jaar wereld kamejoene was van Rugby, Krieket, en die 7es Rugby en hoe dit gevoel het om n Suid Afrika Projek te gewees het.

  8. En dit is iets waarop ek ook baie trots is Sy Okke! Dink jou nou in jy was êrens in die wêreld waar alles werk, en daar geen probleme is nie en niemand trots op hul prestasies kan wees nie, want als is net altyd dieselfde en in een stuk…how boring!

  9. Ayoba right back at ya Madmom, geniet jou Saterdag!

  10. haha, AYOBA-YOOOB! 😀 ek stem saam, die sokker stadion hier in durban lyk amazing, ‘n regte suid afrikaanse structural achievement

  11. ACER123 het gesê op Desember 16, 2009

    great om jou raak te lees…

  12. Dankie Heros,en jy ook! Ek kan nie so stunning dig soos jy nie maar ek kan dit wel geniet! Hou so aan!

  13. Hmpf. Ayobeness. Stem saam met jou oor SA, Kantelson, maar ons gaan moet praat oor die ge-Ayoba van jou.
    Sê agter my aan:
    Ek is nie ‘n produk van tv-advertensies nie.
    Ek is nie ‘n produk van tv-advertensies nie.
    Ek is nie ‘n produk van tv-advertensies nie.

  14. Maar Yuri, ek het dan hoek, lyn en sinker vir daardie een geval, wil jy dan nou vir my vertel dit is alles net goeie advertering?

    Ek weet, ek weet en die woord Ayoba is en was tien teen een nooit cool nie, maar damn dit se net so lekker.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.