Als is moontlik in die flieke

September 10, 2011 in Sonder kategorie

Ou cowboy flieks het dikwels ‘n toneel in waar die held onregmatig in die tronk toegesluit word. Sy vriende – of meisie – kom hom dan red deur ‘n tou aan die tralies vas te maak en dit uit die muur te pluk met ‘n perd. Nee, regtig.


‘n Onlangse fliek – Fast Five – het ‘n meer moderne streep aan hierdie toneel gegee: Ipv perde, word daar motors gebruik (darem heelwat meer as een perdekrag nou), en die sel tralies word vervang met ‘n brandkluis, wat dwarsdeur ‘n muur gepluk word deur ‘n kar wat met ‘n ketting daaraan verbind is.


Dalk net effe meer vergesog as die perd/tralie kombinasie, maar soveel so dat selfs vandag se rekenaar-speletjie jeug wat die onmoontlike regkry op hulle skerms, dit afmaak as belaglik.


Die volgende gesprek het toe in my huis op Facebook begin, en kommentare getrek vanaf ‘n paar 22-jariges:


Oorspronklike pos

It don’t matter how many big name actors u throw in a movie, physics still exists. Fast 5 fo phail. Yeah, sure a muscle car has a few hundred horses, but pulling a 3x3m safe out a wall… come on!

 

Kommentaar 1

Pulling it out is only the beginning of them throwing the physics book out the window and making their own, that whole scene of the muscle cars and the safe is just one big fail!

Kommentaar 2

Pffft… I can drift with a safe attached to my car… I’m from Witbank.

8 antwoorde op Als is moontlik in die flieke

  1. Ja dis snaaks dat die plekkies waar die ketting aan die kar vaskom, glad nie vervorm nie.

    🙂

  2. Griet223 het gesê op September 10, 2011

    Ja flieks word nie meer gemaak soos in ons jong dae nie. Onthou jy nog die Trinity-flieks met Terence Hill en Bud Spencer? Ek het die fights die meeste geniet.
    En dan ook die ou musiekrolprente. 7 Brides for 7 brothers, Oklahoma, Paint your Wagon en so aan. Ek het meeste van hulle gesien. Party meer as 1 keer. Ai, ek wens ek kan van hulle weer sien.
    Groetnis, Grietjie.

  3. TS het gesê op September 10, 2011

    hulle wys Sewen Brides for sewen brothers elke twee maande op daai ou flieks kanaal!

  4. TS het gesê op September 10, 2011

    Ja in die ou dae was aksie nog aksie – nou is alles foefies

  5. loudavisi het gesê op September 10, 2011

    Hulle dink mos ons kykers is lekke stupid!

  6. shlwanjan het gesê op September 10, 2011

    “fo phail”?
    Maar regso, ek sal uitkyk vir hierdie ene, op Mythbusters.

  7. lora2me het gesê op September 10, 2011

    Kommentaar 2 klink meer soos “safe my mate”. Ek geniet nogal partykeer die banale goed in flieks. Dis soos James Bond en McGyver – die onmoontlike is “moontlik”, maar dis vermaaklik.

  8. Hahaha… As jy eendag verveeld is, gaan draai by lamebook.com waar hulle die twak wat mense op fb kwytraak plaas. Soms kan mense jou verstom.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.