The sum of the parts is more than the (w)hole?

Mei 17, 2011 in Sonder kategorie

‘n Groep gesinne – waarvan ons deel vorm – beplan om die komende skoolvakansie ‘n 23-dae lange toer deur Zimbabwe, Zambië, Malawi, Mosambiek en terug via Zimbabwe te onderneem.

 

Dus word daar nou druk eposse uitgestuur om navraag te doen oor moontlike akkommodasie op die roete. Die idée is om hoofsaaklik te kamp om sodoende die koste “laerig” te hou.

 

Hier is tipies die formaat van die epos wat uitgaan:

 

Dear Sir /Madam,

 

We are a group of 12 South Africans with 3 vehicles who needs camping accommodation on the night of Monday 24 June. Please advise if we should book in advance. We are not yet sure of the final date.  Please also advise on your rates, facilities and directions.

 

Nou kry ons die volgende antwoord vanaf een van die Tourism Service Officers:

 

Thank you for your enquiry. Yes, you need to book in advance and we charge US$100.00/site, which takes a maximum of 6 people. The Main Camp area is serviced and has ablution blocks.

 

We also have exclusive sites which take a maximum of 12 people at US$200.00/site. However, these have only a long drop toilet and nothing else. Please let me know your options and I will process the booking.

 

Nou lyk dit mos vir my of die 2 x $100 “Main Camp” nie optel na 1 x $200 “Exclusive” nie. Nee dis heelwat meer.

 

Tensy daai longdrop werklik iets besonders is.

 

·         dalk baie dieper as gewoonlik

·         meer aromaties

·         wonderlike uitsig weens gebrek aan ‘n deur

·         besoek deur Livingstone op ‘n stadium – met ‘n koperplaak wat dit so bevestig

·         ‘n sitplek uit ‘n besonderse, bedreigde spesie hout vervaardig

·         dalk is dit ‘n dubbelgat model – twee mense kan langs mekaar abluteer en ‘n rustige steungesprek voer

·         jy kan op datum kom met laasmaand se Zimbabwe nuus uit die plaaslike koerant vierkante voordat jy by die papierwerk kom

     

 Klink vir my ons informant is dalk ‘n drol – of hy dink ons is.

6 antwoorde op The sum of the parts is more than the (w)hole?

  1. pgjonker het gesê op Mei 17, 2011

    Ek hoop daardie agbare amptenaar kan nie Afrikaans verstaan nie, anders gaan hy ietwat gekwets voel deur jou ietwat onvriendelike opmerking.

    Dalk benodig hy net steundiens om diens te verbeter?

  2. jjjonker het gesê op Mei 17, 2011

    Kyk, 24 Junie is ‘n LANG dag, en Zimbabwe is ‘n GROOT plek met BAIE vakansie-gangers, dus glo ek nie hy gaan weet wie HY is nie, selfs al sou hy Afrikaans kon lees.

    Maar net om seker te maak, het ek hom nie gekopieer per kerende epos op die inhoud van hierdie blog nie.

  3. lora2me het gesê op Mei 17, 2011

    Ek weet dat daar in Zambië ‘n tentekamp is wat deur Suid-Afrikaners bedryf word. (Emma van 7de Laan se ma is ook daarby betrokke.) Die persoon wat gehelp het om dit tot stand te bring, woon in Pretoria en is ‘n veearts daar, Dr Corrie van Aardt. Dalk kan jy haar probeer kontak en net navraag doen.

  4. Vetjan het gesê op Mei 18, 2011

    Dit gaan oor ligging.

    By Hwange en Mana pools en so aan is die ekslusiewe kamp dikwels km’s weg van die hoofkamp en is dit net jy en die natuur.

  5. Klink soos ‘n Vrystaat kompetisie. Eerste prys ‘n naweek in Bloemfontein, tweede prys twee naweke in Bloemfontein.

  6. lekker stukkie poefdoef humor om die dag mee te begin ! lekker lag ek nou!!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.