Konteks

Maart 17, 2011 in Sonder kategorie

Vanoggend op pad werk toe luister ek na die nuus op RSG.

Een van die insetsels gaan oor water meters wat nou in ‘n township installeer is, en hoe verbaas! die inwoner was toe sy die aand by die huis kom en hierdie blinknuwe meter sien.

 

Daar word toe nou verder oor die sosio-ekonomiese aspekte hiervan bespiegel en hoe hierdie inwoner dan nou die water gaan bekostig uit haar stat stoela (sic).

Terwyl ek nou – soos gewoonlik – probeer woorde opsoek waarmee ek bekend is en wat “klink soos” wat ek so pas gehoor het, dring die konteks van die artikel tot my deur, en ek besef “stat stoela” moet dan seker dieselfde beteken as “gawwer mint allau wins”?

2 antwoorde op Konteks

  1. Neffertiti het gesê op Maart 17, 2011

    Eish!

  2. TS het gesê op Maart 17, 2011

    Zuma gaat mos daai gjelt gee – dan nie?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie.