Jy blaai in die argief vir 2011 Februarie.

Saving the forests

Februarie 21, 2011 in Sonder kategorie

In a previous post, the intelligibility of words were shown to be quite tolerant to misspelling, as long as the correct first and last letter remained in place. This is due to the brain “recognizing” words rather than “reading” it.

The above lack of proper spelling does not in any way make writing or reading easier or more compact; it only shows tolerance for poor spelling. A good vocabulary is still required in order to recognize the “creatively spelled” words and read them fluently.

 

Other than our own mining language, fanigalo – which has recently been reported as being phased out – attempts have been made to arrive at a universal language.

 

“Esperanto” is probably the most widely known, where, regardless of the origin of the user, the same rules apply. E.g. all nouns end on an “o”; a “j” is added at the end of a noun to make it plural; adding an “n” to a noun makes it the objective of the sentence, etc.

 

La hundo amos la katon – The dog loves the cat

 

Global village language efforts have however not taken off in a big way, and Esperanto is more of an intellectual/fun exercise, rather than a practical solution to the masses.

 

But here is a genuine attempt by the Germans to introduce some brevity into writing, from their perspective. In the long term, this should save quite a bit of paper.

 

Zis kould vork, ja?

 

With Europe moving to unity, experts agree that the English language should become the official Euro-tongue, thus further helping Europe become an amorphous blob.

 

The Germans have wholeheartedly agreed, but added that the current English language does leave room for improvement. They have therefore put forward a five-year plan to develop a “EuroEnglish”.

 

In the first year, “s” will replace the soft “c” and “k” will replace the hard “c”.

 

Not only will this klear up konfusion and make the life of a sivil servant easier, but also komputer keyboards will need one less key.

 

There will be growing publik enthusiasm in the sekond year, when the troublesome “ph” will be replased with an “f”. This will make words like “fotograf” 20 per sent shorter.

 

In the third year, public akseptanse of the new spelling kan be expekted to get to a stage where more komplikated alterations are possible. So double letters will be removed to inkrease the likelihod of akurate speling. And the horible mes of the silent “e” wil be banished.

 

By the fourth yar, people wil be reseptiv to steps like replasing “th” by ”z” and “w” by “v”.

 

During ze fifz yar, ze unesesary “o” kan be dropd from vords kontaining “ou” and similar modifikations vud of kors be aplid to ozer kombinations of leters.

 

After ze fifz yar, ve vil hav a sensibl riten styl. Zer vil be no mor trubls or difikultis and evrivun vil find it ezi tu understand ech ozer.

 

Ze drem vil finali kum tru.

 

Origin unknown – distributed by email a few years back.

Wilde Olifant Ja(a)gtog – Finaal

Februarie 3, 2011 in Sonder kategorie

Die Operasie

Die opeenvolging van gebeure moes as volg plaasvind:

  • Die gekose olifant moes van die res van die trop geskei word, afgesny deur die Route 66 helikopter na ‘n gebied naby/maklik bereikbaar deur die grondpersoneel
  • Die olifant sou dan dan met ‘n verdowingspyl vanuit die helikopter geskiet word – daar was ‘n kamera aan die loop van die geweer vasgemaak om te wys hoe die pyl trek
  • Daarna moes die kraag installeer word. Dit het bestaan uit ‘n wye sintetiese band met die kamera in die middel, met die twee ente wat onder-om die olifant se nek aan ‘n motorbattery gekoppel word. Behalwe om krag aan die kamera te voorsien, het die battery ook as teenwig/pendulum gedien, om te verseker die kamera bly wel bo, in die middel van die olifant se kop.

 

Lig die Kop om sodoende die kraag onderom die olifant se nek te kry. Dis om hierdie rede wat ‘n hyskraan trok saam is.

 

 

DIY wys die gereedskap benodig om die kraag te installeer. Niks gespesialiseerd nie.

 

 

Hoeveel mense vat dit om die kraag te installeer? Klaarblyklik 10, of so …

  • Natuurbewarings personeel moes die heeltyd byderhand wees om na die olifant se welstand om te sien. Een van hulle aktiwiteite sou wees om die olifant nat te gooi om sodoende die dier se liggaamstemperatuur binne perke te hou. Normaalweg flap olifante hulle ore om lugvloei daaroor op te wek, maar uit die aard van die saak was dit nie nou moontlik nie.

 

 

Nat agter die ore om die olifant te verkoel. Die dik are naby die oppervlak aan die binnekant van die oor is waar die lugvloei normaalweg die bloed verkoel deur die flap van die ore. Hierdie olifant is dus tydens hierdie oefening, waterverkoel eerder as lugverkoel.

 

  • Nadat die kamera installeer is, moes die olifant ‘n teenmiddel toegedien word – dis nou nadat almal wat nie absoluut noodsaaklik daarby betrokke is nie, veilig bo-op die steunvoertuie se bakke geklim het. Jy weet nooit watter kant toe die dier heen wegspring nie.

Bostaande het wel verloop soos beplan, en die olifant het effe deurmekaar op die been gekom en deur die bosse weggedraf.

 

 

Daar gaan ons – na toediening van die teenmiddel. Let op dat die olifant klaar besig is om rond te tas na “hierdie ding om my nek”.

 

Groot verligting het geheers toe ‘n duidelike beeld van die kamera ontvang is. Dit het egter net sowat ‘n minuut geduur, waarna die prentjie skielik donker geraak het.

 

Die vermoede was dat die gevroetel met die battery – in bostaande foto – die kraag laat skuif het en toe die kamera agter die oor laat inbeweeg het. Vandaar die donkerte.

Maar die probleem was nou dat die olifant nie weer dadelik verdoof kon word om die band stywer te stel nie, aangesien dit ‘n te groot skok vir haar gestel sou wees. Sy is dus toegelaat om by die trop aan te sluit vir die volgende week, totdat die verdowingsmiddel heeltemal uit haar gestel gewerk is en sy weer verdoof kon word.

Na hierdie tweede verdowing, is die kamera eers verwyder en aansienlik gemodifiseer – eintlik ‘n heeltemal nuwe plaaslike verpakking met versteekte antenna – die olifant het die eerste een uitgepluk gedurende ‘n “touchy-feely” ondersoek na wat nou hier agter haar kop sit. Daar is ook ruitveers, ‘n hoë-druk venster-wasser en ‘n groter watertenk bygesit, met die hele stelsel goed verseël sodat dit onderdompelbaar sou wees – net ingeval.

Die tweede keer – by Addo – het dit darem heelwat beter gegaan. ‘n Heelwat ouer dier – lees rustiger – is hierdie keer gekies. Dis wat bedoel word in die video se bekendstellingsparagraaf (Deel 1) wanneer daar verwys word na “specifically selected”.

Behalwe dat die kamera se venster gebreek het toe die olifant onderdeur ‘n te lae oorhang tak beweeg het. Dieselfde proses as voorheen is toe herhaal om die venster te vervang.

 

Onderhoud

Tydens ons verblyf, besluit die Discovery regiseur om ‘n onderhoud met my te voer – as tegniese spesialis – oor wat se idees ek het oor hoe hierdie kamera-op-‘n-dier tegnologie verder uitgebrei kan word.

Nou weet ek nie hoekom dit so is nie, maar dis vir my baie moeilik om te dink – newwermaaind sin te praat – as iemand ‘n kamera hier REG in my gesig druk.

Dus soek ek nou naarstiglik hier in my kop rond vir iets sinvols om kwyt te raak – skiet uit die heup, soortvan – maar onthou toe dat ek al voorheen beeldmateriaal gesien het van kameras op voëls en ‘n cheetah – en nou ook op ‘n olifant. Dus stel ek toe voor dat daar dalk nou na ‘n nuwe medium verskuif moet word – water. Dus, wat van ‘n kamera op ‘n seekoei?

Tydens die onderhoud, het die gedagte by my opgekom dat as hulle dit ooit sou probeer, ek liefs nie betrokke wil wees nie. Die dier se vriendelike gesig ten spyt, het ek net hierdie voorgevoel gehad dat as daai seekoei wakker word na die verdowing, dit net baie meer bedonnerd as ‘n olifant gaan wees.

Die regisseur moes seker dieselfde gedagte gehad het, want toe ek later beeldmateriaal van die sogenaamde Hippocam sien, is dit toe duidelik dat ‘n heel ander benadering gevolg is.

 

Nes werk? Darem nie. Die kamp was net binne die “wilde kant” grensdraad. Sodra die braaireuk saans opstyg, kon ons die bosse anderkant die heining hoor ritsel – ‘n “mak” hyena wat kom bene bedel.

 

NS      Ten tyde van die vervaardiging van die film, was Afslurpie die tweede oudste olifant koei in Addo. Sedert die dood van Avryl egter, is sy nou die mees senior koei – 62 jaar oud.

 

Vir meer inligting re SANHU se aktiwiteite: http://www.sanhu.co.za/index.html. Om ’n Ele Tele DVD te bestel, kontak Antoinette by [email protected].

Wilde Olifant Ja(a)gtog – Deel 2

Februarie 2, 2011 in Sonder kategorie

Die Reis

Die avontuur het een reënerige dag in Januarie 2000 begin. Dit was nie sommer net nog ‘n reëndag nie, maar die vroeë stadium van die vloedperiode waarvoor Rosita Pedro, the Mosambiekse baba wat in ‘n boom gebore is, onthou sou word.

Die helikopter het ons in Centurion kom oplaai, en was gelaai tot maks kapasiteit.

 Route 66 se helikopter wat as “taxi” gebruik is en toe later om die olifant aan te keer en te verdoof.

 

Dit het gevoel of ons nie oor die heining gaan kom met die opstygslag op pad Skukuza toe nie. Die weerverslag het aangedui dat die wolkbasis te laag was om oor die Drakensberg onder VFR (Visual Flight Rules) toestande te vlieg, dus wyk ons toe noord-ooswaarts uit, in die rigting van Haenertsburg – die heeltyd in gietende reën.

Die township op die buitewyke van die dorp se strate was modderige stroompies, en dit was nodig om ‘n roete-besluit hier te neem. Piet Otto – die vlieënier – het die helikopter in die lug laat hang bokant die dorp en stadig in die rondte gedraai om die volle omvang van die omstandighede waar te neem en die beste roete te kies, voordat ons in die rigting van die Olifantsriviervallei gevlieg het.

Wat ‘n belewenis! Die helikopter het laag oor die rivier al met die loop langs tussen die berge deur geswenk. Al 5 passassiers was saam met Piet op die uitkyk vir kabels wat oor die rivier gespan is deur die plaaslike inwoners, wat gebruik word om hulle besittings en versamelstukke heen en weer oor die rivier te vervoer. Alhoewel ek voor hierdie vlug al baie tyd in helikopters deurgebring het, was dit die eerste keer dat die omgewing bo en om my was, eerder as onder.

Die berge het oopgemaak aan die Laeveld kant van die Abel Erasmus pas, en van daar het ons ‘n onbelemmerde vlug gehad na ons bestemming, via Hoedspruit.

 

Die Toerusting

Aangesien die video beelde intyds uitgesaai sou word vanaf die kamera agter die olifant se kop, was ‘n ontvangspunt nodig. Dis voorsien deur die “leen” van ‘n mobiele ontvangstasie vanaf die SAP se lugvleuel in Pretoria.

Dit het bestaan uit ‘n telekopiese mas met ‘n antenna bo-aan wat 30m kon uitstoot, ‘n ontvanger, monitor en opnemers, alles ingebou in ‘n Venter perde-sleepwa. Hierdie stelsel word normaalweg gebruik as ontvangspunt vir die lugvleuel se helikopter kameras tydens misdaad-bekampings operasies.

Aangesien die ontvangs afhanklik was van direkte sig tussen die olifant en die ontvangstasie – nes selfone ook maar werk – is redelik gelyke terrein gekies om die verfilming te doen, sodat die sein nie deur koppies of valleie verdwerg sou word nie. 

 Ontvangstasie inbedryfstelling: Oefenlopie langs Skukuza se aanloopbaan om seker te maak als werk reg.

 

 

Mas halfpad uit. Voordat die mas tot die volle 30m uitgestoot kan word, moes die ankertoue reg wees om vasgemaak te word, anders kan die wind die mas knak.

 

  

Reg om te gaan: Die finale nagaan van die toerusting die oggend voor die vertrek uit die Skukuza personeel-dorp, waar die filmspan ‘n ateljee opgestel het in een van die wildbewaarders se huise.

 

 

 

 

Span illustreer die omvang van personeel benodig om ‘n paar raampies van die voorbereiding op film te skiet.

Wilde Olifant Ja(a)gtog – Deel 1

Februarie 1, 2011 in Sonder kategorie

Toe SANHU (South African Natural History Unit) tydens April 2001 ‘n film vrystel wat in opdrag van die Discovery TV kanaal vervaardig is, het die persverklaring as volg gelees:

Described as one of the most exciting natural history shows ever seen on television, ‘Ele Tele’ offers 50 minutes of sensational viewing from the unbelievably exciting personal perspective of a mature African elephant cow as she ranges through South Africa’s Addo Elephant National Park.

In a world-first, SANHU filmed the footage for the programme using a specially-designed camera and microphone rig (called the EleCam), attached to a collar worn by Afslurpie – an elephant specifically selected for the project by South African National Parks (SANP). Since the EleCam was controlled remotely, there was no film crew close to the elephant or her family. As a result, the recorded footage – filmed between mid-January and mid-February this year – reflects the uninhibited behaviour of elephants in the wild and has provided revelatory information for scientists about elephant behavioural patterns.

‘n Aspek wat egter NIE deur die film gedek is nie, was die leerskool wat ditself die jaar voor die vrystelling daarvan agter die skerms afgespeel het. ‘n Blik op hierdie gebeure – wat tot die suksesvolle vrystelling van die film gelei het – word dus hier aangebied as ‘n ooggetuie verslag.

 

Begin

Die ontwikkeling en vervaardiging van die oorspronklike kamera is deur Discovery aan ‘n Britse maatskappy toevertrou. Dit het in wese bestaan uit ‘n afstandbeheerde video-kamera met ‘n sender binne in ‘n metaalkas, wat aan ‘n kraag om ‘n olifant se nek gehang sou word. Die kamera sou dan intyds beeldmateriaal uitsaai soos van binne die trop waargeneem.

Op daardie stadium was my werkgewer betrokke by die versiening van kamera toerusting op die Route 66 helikopter, wat tydens hierdie projek gebruik sou word om lugskote te verfilm. Dit was dus bekend dat ons darem iets weet van gespesialiseerde kamera toerusting, en gevolglik is die Elecam na ons gebring vir evaluasie en kommentaar.

‘n Paar waarnemings was onmiddelik duidelik: Die ontwerpers van die kamera het wel besef dat olifante groot (en sterk) was en dat dit dus nie nodig was om ‘n kompakte stelsel te ontwikkel nie. ‘n Paar ander eienskappe van die groot dassies het hulle egter ontglip. Onder andere:

  • Olifante swem – met net die slurp se punt wat uitsteek bo die water
  • Hulle bespuit hulleself met water en stof
  • Alhoewel nie super-vinnig nie, het hulle BAIE momentum as hulle in “bosbreek” mode is
  • Hulle is intelligent en nuuskierig

Alhoewel die gevaar van vuil lense wel in ag geneem is deur die inbou van ‘n vensterwasser op die proto-tipe kamera, was die tenk se kapasiteit onvoldoende. Daar is egter besluit om vir die doel van die aanvanklike evaluasie-toetse in die Kruger Park die stelsel net so te gebruik. Daar is natuurlik wel gehoop dat dit voldoende sou wees om die program met die eerste probeerslag te kon voltooi.

Dream on.

 

Die protipe kamera sonder die eksterne omhulsel, nadat die olifant daarmee klaar was. Die kort stokkie regs voor is wat oor was van die antenna, en dis duidelik dat dit ten minste een goeie modderbad gehad het en dat die water in die tenk opgeraak het.