Jy blaai in die argief vir 2011 Januarie.

Wie glo hierdie stories?

Januarie 31, 2011 in Sonder kategorie

Ek het al voorheen berig oor die spam/skêm eposse wat ek deurlopend ontvang. Sopas kry ek toe weer een, wat darem so goed geskryf is, ek dag ek plaas dit verbatim op die blog.

 

Is Mr Ubah se opstel hier onder enige sterre werd? Kreatiwiteit behoort sekerlik darem iets te verdien?

 

Dear One

It is my pleasure to introduce you to a business that will make the beginning of never -ending family relations and l hope this proposal will not come to you as an embarrassment.

l am Mr.Ubah Peter, the only son of late father Mr Dan Peter who was a famous cocoa merchant. My late father operated his cocoa business in Abidjan Cote d’ivoire under partnership, but unfortunately my late father was poisoned by his business associates in order to claims the newly awarded contract and his wealth in a cocktail party held in his honour as the director of the company. When he was poisoned, he was rushed to the hospital.

It was in the hospital that he secretly disclosed to me the cause of his sickness and why he was poisoned. There he informed me that he deposited the sum of US$9,500M. (Nine Million Five Hundred Thousand United Dollars) in a suspense coded account to a bank here in Abidjan Cote d’ Ivoire and that l and my little sister Gloria was made the next of kin to inherit the money in his record file.

He therefore advised me to look for a reliable, trust worthy and God fearing person who will assist me transfer the money abroad strictly for investment purposes. This is because he didnt want his associate to raise an eyebrow on his fund. He also advised me to avoid his associates and our family members who will be running after our dear lives, he finally died in the hospital after few days of admission.

Please, We soliciting for your assistance to help me and my little sister Gloria transfer the money into your account for an investment purpose over there in your country. We hope to travel with you to your country after a successful transfer of this money. The contact of the bank will be given to you as soon as you show your interest and willingness to us. You can now instruct them on where and how the money will be transferred.

We are offering you 15% of the total sum as commission for your assistance to transfer the money to your country. May I strongly re-emphasise that this transaction is highly confidential, hitch free and this will be successfully concluded within 10 days according to your willingness. I look forward to hear from you soon.

Thank you and God bless you. Yours Sincerely.
Mr.Ubah / Gloria Peter

Coconuts, et al

Januarie 26, 2011 in Sonder kategorie

Die meeste mense behoort bekend te wees met die term “Coconuts”, wat (partykeer/dikwels? neerhalend) verwys na swart mense wat wit vriende het. Die beeldspraak ooreenkoms met die kokosneut is natuurlik “donker van buite, wit van binne”.

 

Dis dan ook hoe die TV program wat handel oor die wit familie en hul huishoudster wat oornag van kleur verander het, die tong-in-die-kies naam van “Coconuts” gekry het.

 

Nou ja, my seun is suksesvol afgelewer op universiteit laasweek en besig om ten volle te integreer met die koshuislewe. Alles is net “awesome” voor en “awesome” agter.

 

Die koshuis is redelik goed ras-geintegreerd, met heelwat kleurling studente wat ook daar inwoon. David – wat absoluut kleurblind (ras-onsensitief) deur die skool is – bevriend nou o.a. hierdie studente ook.

 

Klaarblyklik is dit vreemd dat wit studente nie net wit vriende het nie, swart studente nie net swart vriende nie en dieselfde vir kleurlingstudente.

 

Hy staan dus nou bietjie uit daar, en het die plaaslike ekwivalent bynaam verwerf – in ‘n absoluut gemoedelike lig darem – wat hierdie soort vriendskap betref.

 

Hy staan nou as “Litchi” bekend.

Wat maak van die lewe ‘n sukses?

Januarie 18, 2011 in Sonder kategorie

Gestel daar word ‘n numeriese waarde aan elke letter van die alfabet toegeken, soos hieronder:

 

A B  C D E F G H  I  J    K   L   M  N  O   P  Q   R   S   T   U  V  W   X   Y   Z

1  2  3 4 5 6 7  8 9 10 11 12 13 14 15 16 17 18 19 20 21 22 23 24 25 26

en die numeriese waarde van ‘n paar “buzzwords” word dan bereken en as persentasie toegeken, bv.

 

 K     E     N     N     I     S

11 + 5 + 14 + 14 + 9 + 19 = 72 %

of

 

H    O     U     D    I     N    G 

8 + 15 + 21 + 4 + 9 + 14 + 7 = 78%

of

H   A     R     D   E       W    E     R     K

8 + 1 + 18 + 4 + 5   + 23 + 5 + 18 + 11 = 93%

ensomeer, wat sou dan die antwoord tot sukses wees?

Dit blyk toe dat daar nie noodwendig slegs een resep is nie, maar eerder ‘n unieke metode vir elke persoon, want ‘n oplossing waarvan die numeriese waarde volpunte kry, klop met:

 M     Y      M    E     T      O    D    E

13 + 25 +  13 + 5 + 20 + 15 + 4 + 5 = 100%

Mediese Voorsorg

Januarie 9, 2011 in Sonder kategorie

Per geleentheid moes ek immunisasies kry teen siektes wat in plekke in die buiteland voorkom waarheen ek reis, bv geelkoors in Brasilië . Of nader aan die huis, Espungabera in Mosambiek.


Vir laasgenoemde,  het die reis-afdeling van my huisdokter se praktyk aanbeveel dat, behalwe vir die malaria-medikasie, ‘n konkoksie van 5 inspuitings toegedien word word: Polio, hepatitis A en B (met opvolg-doserings), tifus en tetanus. Nou ja, ek laat toe maar die hele boeket toedien.


Nou lees ek in Stellenbosch Universiteit se 2011 “Verwelkomingsprogram vir nuwelingstudent en hulle ouers”, die volgende:

Die Universiteit se Kampusgesondheidsdiens beveel sterk aan dat nuwelingstudente immunisasie teen sekere siektes oorweeg, veral omdat hulle gereeld in groepe in koshuise en klaskamers is, of in groot groepe sosiaal verkeer.


Dan word die volgende immunisasies genoem: griep, waterpokkies, hepatitis A en B en meningitis.


Lyk my Afrika strek baie verder suid as wat ek gedink het.

Skuldige gewete?

Januarie 6, 2011 in Sonder kategorie

Partykeer wonder ek hoe van die lesers op die Vlag Teller by my blog uit kom. Ek ken nie mense in meeste van die lande wat deur die vlaggies verklik word nie, en indien wel, kan hulle g’n niks Afrikaans verstaan nie.

Ek vermoed dus dat dit toevallig geskied, deur bv iemand wat op Google soek na ‘n woord wat klop met die sleutelwoorde wat in die Onderwerp blokkie ingevul word, of dalk terme/name wat in die teks verskyn.

Nou ja, noem my maar agterdogtig of ‘n voorstander van sameswerings-teorie, maar aangesien ek hoegenaamd niemand ken daar nie, is dit al manier dat ek, nie lank na my vorige blog geplaas is, ‘n nuwe vlaggie vanaf Nigerië kan verklaar.

Dalk gesneller deur my “scam” sleutelwoord, of van die kulkunstenaars se name wat genoem is daarin.

Lekker man!

100 Miljoen Rand

Januarie 5, 2011 in Sonder kategorie

Dis wat ek werd sou wees indien ek net sommige van die lotery bedrae op-eis wat ek gemiddeld per maand wen.

Aangesien ek egter streng Calvinisties opgevoed is, weet ek dat so baie geld my sal korrupteer, en het gevolglik tot op hede nog nie enige van die wen-kennisgewings opgevolg nie.

Dit is verbysterend hoe maklik jy deesdae ‘n lotery kan wen – sonder ‘n kaartjie.

Nee, jy hoef slegs ‘n epos te stuur. Enige epos. Aan enige iemand. Dit kwalifiseer jou outomaties vir ‘n wye verskeidenheid van trekkings.

Dis in skrille kontras met die gelowige Christen, wie eendag gekla het teenoor God dat volgens sy ondervinding, die begrip “Die Krag van Gebed” ‘n mite is.

Hy bid nou al vandat die plaaslike lotery in werking getree het elke aand om te wen, en het nog geen sukses hiermee behaal nie – nie eens vir een van die kleiner “3 korrekte nommer” pryse nie.

Toe hy vir ‘n oomblik asem skep, hoor hy ‘n stem deur die plafon wat sê: “Help my asb darem van jou kant af ook. Koop ten minste ‘n kaartjie”.

Ek kan verstaan hoe die eerste ontdekkers en sterrekundiges van destyds gevoel het toe hulle besef het dat die aarde nie plat is nie en ook nie die middelpunt van die heelal nie. Mens wonder of jy dit moet waag om enige iemand hiervan te vertel. Jy kan baie maklik op die brandstapel beland voor brekfis.

Maar gebaseer op bogenoemde resultate, is dit duidelik dat ons huidige begrip van statistiek en waarskynlikhede heeltemal verkeerd is. My veelvuldige lotery wentrekkings op DIESELFDE dag, TWEE keer in dieselfde maand, is onomwonde bewys hiervan.

Behalwe bostaande “gelukkies” is ek ook al ‘n $4.5 miljoen erflating aangebied, indien ek bereid sou wees om te verklaar dat ek die enigste naasbestaande van ene Mr André Deek is. Hierdie persoon “died in a terrible hot air balloon crash that also took the lives of two other innocent souls”. Barrister Ben Mnpapati van die Benin Republiek noem verder, dat : “All I require is your honest co-operation”.

Nav hierdie hardnekkige aanslag om my en my geld van mekaar te vervreem, betwyfel ek die juistheid van die spreekwoord wat lui: “There’s a sucker born every minute”. Nee, dit moet meer dikwels as dit voorkom, sê elke 5 sekondes, of so?

Die agtergrond tot hierdie bedrog skemas is gewoonlik goed nagevors, en gebaseer rondom algemeen bekende feite, bv ‘n wyd-bekende ramp of bestaande organisasie wat navraag doen.

Hieronder volg so ‘n voorbeeld, wat op die liggelowigheid en gierigheid van mense teer. Die skuinsdruk is die oorspronklike teks, en die hakies my kommentaar daarop.

This is a confidential message (Daar’s hy! Ek is die enigste person wat hierdie epos ontvang het) from IEFM Private Equity and financial Consultants.

 

We are conducting a standard process investigation on behalf of HSBC private bank (Ja, ek het al voorheen van hierdie bank gehoor. Hulle is o.a. ‘n borg van die F1 Grand Prix), the private banking arm of the international banking conglomerate (Korrek. Hulle hoofkantoor is in Kanada).

 

This investigation involves a client who shares the same surname (Wat ‘n toevalligheid!) with you and also the circumstances surrounding investments made by this client at HSBC Private.

 

The client died in intestate (ag shame) and nominated no successor in title over the investments made with the bank. The essence of this communication with you is to request you (to) provide us (with) information/comments (Ag nou ja, wat se kwaad kan dit nou ook doen?) on any or all of the issues:

 

1-Are you aware of any relative/relation who shares your same name who’s last known contact address was Madrid, Spain?

2-Are you aware of any investment of considerable value made by such a person at the Private Banking Division of HSBC Bank PLC?

3-Can you establish beyond reasonable doubt your eligibility to assume status of successor (Mokerstok! Wat ‘n gelukskoot!) in title to the deceased?

 

It is pertinent that you inform us ASAP whether or not you are familiar with this personality (so) that we may put an end to this communication with you and our nquiries [sic] surrounding this personality (nie heeltemal die Koningin se Engels nie).

 

You must appreciate that we are constrained (Ja, natuurlik. Banke kan mos darem nie persoonlike inligting van hulle kliënte aan enige Jan Rap en sy maat bekend maak nie, al is hulle dalk familie. Hulle kan dit wel aanvra?) from providing you with more detailed information at this point. Please respond to this mail as soon as possible to afford us the opportunity to close this investigation (Ek doen dit dadelik).

 

Thank you for accommodating our enquiry (Dis naais, die mense is ordentlik).

Indien enige leser(s) dieselfde van as ek het – alhoewel ek reken enige ander van sal ook doen – is julle welkom om namens my hierdie aanbod op te volg deur Paula hieronder te kontak.

Paula Aguilar (mooi Spaanse van – klink bekend. ‘n Sangeres dalk …..?) Email: [email protected]

Stel jou nou voor wat se loopbaan hoogtepunte bereik sou kon word – in joernalistiek bv – indien die skêmmer al hierdie moeite in ‘n eerlike werk ingeploeg het.

Gewoonlik word hierdie tipe brief sonder uitsondering gekenmerk deur swak taalgebruik en spelling (ek raai uit ‘n Nigeriese woordeboek), geen amptelike briefhoof nie, en indien wel, ‘n swak skandeerde kenteken van bv ‘n bank, wat jy maklik kan uitken as ‘n vervalsing agv die lae resolusie.

Alhoewel bostaande voorbeeld ‘n persoon eerder as instansie opgee as kontak, klink die naam-en-van kombinasies dikwels onwaarskynlik vals, amper asof ‘n rekenaar een van elk uit ‘n lys gekies het en dit kombineer het, of dikwels ‘n naam wat uit twee vanne bestaan. Hier volg ‘n paar voorbeelde:

Mnr Haruna Sule, Die Camelot Groep namens die VK Lotery, Mr Mohammad Noiraat van Sudan – huidiglik woonagtig in Kwazulu-Natal en Morris Camara (met dieselfde detail), George Garang (en ander) van Stantanders Bank, Londen (nee, dis hoe hulle dit spel), Mev Selena Gomez Smith van (ook) die UK National Lottery Commission.

Die aanslagte is uiteenlopend. Hier bv, is een van iemand wat my graag beter wil leer ken:

Hi, Good day, my name is Miss Stephanie 26yrs single girl, from Sierra Leone in West Africa. Presently residing in Ouagadougou (Burkina Faso) I will love to know you. Upon your reply I will tell you more about myself and send you my picture.
Love Stephanie

 

Wat ‘n pragtige brief. Daar word nie eens vir geld gevra nie. Ek ken haar hoegenaamd nie, maar ek hou alreeds (sommer baie) van haar.

Sommige van die aanbiedinge is weer meer blatant en val sommer met die deur in die huis en verneem dadelik na jou bankbesonderhede. Hulle kan nie wag totdat julle eers goed bevriend is nie – gewoonlik so teen die 3e epos.

In ander gevalle word jy tot geheimhouding gemaan, soos hierdie een (verbatim) van Dr (Mev) Amanda Ford, van die Yahoo UK Award Centre:

WARNING!

Do not tell people about your Prize Award until your money is successful handed over to you to avoid disqualification that may arise from double claim. You may also receive similar emails from people portraying to be other Organizations or Yahoo Inc. This is solely to collect your personal information from you and lay claim over your winning. In event that you receive any e-mail similar to the notification letter that was sent to you, kindly delete it from your mail box and give no further correspondence to such person or body. Yahoo shall not be held responsible for any loss of fund arising from the above mentioned.

 

Nou wil ek weet: As ek voor hierdie epos reeds dieselfde waarskuwing via ‘n ander kulkunstenaar ontvang het, moet ek dan eerder hiérdie een uitvee?

Selle Ou Storie

Januarie 3, 2011 in Sonder kategorie

Een vakansie-aand blaai ek deur die DSTV kanale, en my oog vang die BBC-reeks: The World’s Strictest Parents. Ek dag laat ek bietjie kyk wat hier aangaan en of ek darem op standaard groot gemaak is.


‘n Britse tiener broer en suster gaan vir ‘n tydperk tuis by ‘n familie in ‘n vreemde land wat daarvoor bekend is vir die uiters streng opvoeding wat ouers hulle kinders bied. Hulle gaan onder andere ook daar skool bywoon saam met die kinders van die plaaslike Mormoonse [sic] ouerpaar.


‘n Vinnige flits van die aankoms op ‘n lughawe word gewys waar daar, snaaks genoeg, ‘n SA vlag wapper.


Die twee word per motor na hulle gasheer ouers vervoer wat in ‘n woestyn [sic] woon. Hulle staar stip die kamera in en spreek hulle kommer uit oor hoe ver en geisoleerd hierdie vreemde bestemming is. Hulle is nou al 3 uur lank op pad van die lughawe af en steeds op reis, en het boonop baie lank laas enige huise langs die pad gesien.


Skielik is hulle daar – ‘n plaas opstal in die Klein Karoo.


Hulle word hartlik ontvang deur die boer en sy gesin. Engelse seun deel ‘n kamer met boerseun, en sy suster met die dogter. Plaas-pa loer by die seuns se kamer in en vra dat hulle afkom eetkamer toe sodat die huisreëls aan hulle verduidelik kan word. Engelse seun rol sy oë vir die kamera – What nonsense is this?


Daar word uiteengesit hoe dinge hier rond werk aangaande etenstye, ligte uit, skool huiswerk en takies wat verdeel word onder die kinders. Engelse seun luister hierna met ‘n duidelik ge-amuseerde gesigs-uitdrukking. Totdat Plaas-pa  hom die doodstyding gee – Engelse seun gaan voor volgende week ‘n skool-haarsny benodig.


Weg is sy bravade – sy persoonlikheid duidelik in sy hare gesetel. Hy sit met sy hande in sy hare – dalk vir oulaas. Plaas-pa verduidelik dis die skoolreëls, en solank hy vir hulle welstand verantwoordelik is, sal hulle dit maar so moet aanvaar. En so trant die storie aan.


Nou, hierdie haarsny storie was selfs in my skooldae onder seuns ‘n teer sakie. My pa was op elke skoolkomitee – daarom moes ons die voorbeeld stel – en dus het ons maar borselkop en later darem regop-staan hare mee moes saamleef. Eers op universiteit kon ons “uithaak”.


Eendag kondig Mnr vd Vywer – skoolhoof van Vredenburg Hoërskool – aan dat daar darem nou ‘n paar skoliere is wie se hare onnet lank is – dit pas glad nie by kadette nie – en indien dit nie binne ‘n redelike tyd gesny sou word nie, dit een pouse sommer deur onderwysers hier by die skool gedoen sal word. Die formaat van die aankondiging (soos alle ander) was: “Mark my words, pappa” en dan volg die kern van die boodskap.


Van al die skoliere op die skoolbus tussen Vredenburg en Stompneusbaai, het ons almal geweet hy verwys eintlik net na Gerhard S (net eerste letter, ingeval hy hierdie lees en dalk nie kan lag vir homself nie).


Die volgende oggend op pad skool toe, nadat Gerhard by West Point opgeklim het, stel almal erg geveins belang in wat sy pa dan toe nou te sê gehad het oor hierdie nuwe skool-haarsny skema.


Gerhard het so ‘n effe konsonant-hakkel gehad – teenoor die a-a-a-a klinker-hakkel – as hy gestres of ontevrede was, en na ‘n rukkie se beur, kry hy toe die volgende uit: “M-m-m-m-m-m-mmmyPasê, as hulle mmmmmmyharesny, gaan hhhhhhhy‘nhofsaakmaak”.


Dit lyk dus vir my dat daar in hierdie opsig dan nie veel verander het van een geslag na die volgende nie.