Limerick met ouderdomsbeperking
Februarie 12, 2013 in Uncategorized
Jammer, geen gratuitous violence of sex nie. Net ‘n skurwe woord…
Die kerk was geskok toe oom Fielies Breda ‘n duif op die dak met ‘n “Fokof!” verja. Die leraar maan gul: “Sê net “sjoe-sjoe” en hul sou self gefokof het, Oom moes maar net vra.”
monicahaddad het gesê op Februarie 12, 2013
:-)) laat my dink aan die hollandse orrelis op Sannieshof wat die hond uit die kerk wou jaag, toe die dominee vra hoekom jaag hy nie die hond uit nie was sy antwoord; ek hebt gepoog maar de donner dreigt my.
Jan Klaas het gesê op Februarie 12, 2013
Dit sal nogal ‘n uitdaging wees om dit in versvorm te sit!
Hierdie was al klaar een van die moeilikstes sover. Lyk my ek het al klaar die touch verloor.
exionperfexi het gesê op Februarie 12, 2013
🙂
Jan Klaas het gesê op Februarie 12, 2013
Hallo eop!
Lewies Mymer het gesê op Februarie 12, 2013
netjies gedoen!
Jan Klaas het gesê op Februarie 12, 2013
Dankie Lewies!
Dina van Wyk het gesê op Februarie 12, 2013
Lekker lag ek nou!
Jan Klaas het gesê op Februarie 12, 2013
🙂 Hallo Dina.
wesnwew het gesê op Februarie 12, 2013
Hehehe.
Amper kry hy ‘n bek vol peper
Jan Klaas het gesê op Februarie 12, 2013
Of seep!
wesnwew het gesê op Februarie 13, 2013
@janklaas
Wat as dit sy tong laat sleep?
Jan Klaas het gesê op Februarie 13, 2013
Dalk is sy grappies dan skoner…
tina10 het gesê op Februarie 12, 2013
hehehe… lekker een … o nee jy kom nie so maklik daarvan af nie Ek sien uit na die volgende een!
Jan Klaas het gesê op Februarie 12, 2013
Gelukkig lê daar nou heelwat vergaderings voor. Vrugbare tye!
Berwick het gesê op Februarie 12, 2013
Reg so.
Jan Klaas het gesê op Februarie 12, 2013
Gaaf. Hallo daar, Berwick.
lora2me het gesê op Februarie 13, 2013
‘n Vloekwoord is eendag verban, deur ‘n oompie wat gedink het hy kan, maar soos die noodlot bepaal, het sy pogings gefaal, want die oepse en blertse bly staan.
Jan Klaas het gesê op Februarie 13, 2013
Janee, soos die armes sal ons hulle altyd met ons hê.