Vandag se dosis
Januarie 23, 2013 in Uncategorized
Ek het nou finaal besluit om my oor te gee aan ‘n lewe van hogere poësie. Nou kan ek ook saampraat met die grotes – Brenton Breytenbach, G.P van Wyk Louw en Eddie Eckstein.
Verlustig julle dus in die belletrie, die skone taal…
Ou Bertie Eenoog kuier volyt met whisky en bier en met jolyt Hy sluk bietjie later sy glasoog se water – nou loer daar ‘n oog by sy holyt.
monicahaddad het gesê op Januarie 23, 2013
Bertie is gelukkig, nou is hy al(i)siende 😉
Jan Klaas het gesê op Januarie 23, 2013
Stereovisie!
adage het gesê op Januarie 23, 2013
An old man walks into the barbershop for shave and a haircut, but he tells the barber he probably can’t get all of his whiskers off because his cheeks are wrinkled from age.
The barber gets a little wooden ball from a cup on the shelf and tells him to put it inside his cheek to spread out the skin.
When he’s finished, the old man tells the barber that was the cleanest shave he’s had in years. But he wanted to know what would have happened if he had swallowed that little ball.
The barber replied, “Just bring it back in a couple of days like everyone else does..”
Jan Klaas het gesê op Januarie 23, 2013
Eeeeuw…
maryna het gesê op Januarie 23, 2013
Jy wys nou vir Ingrid Dronker en DJ Stotterman waar Dotius die wortels gegrawe het. Encore!
Jan Klaas het gesê op Januarie 23, 2013
Ek waardeer ‘n medekenner se bydrae.
Mens moenie ons bekende vrouedigters, soos Elizabeth Eiers vergeet nie. En Antjie Gog.
Jan Klaas het gesê op Januarie 23, 2013
O ja, en Joan Sandwich.
maryna het gesê op Januarie 23, 2013
😀 Waar’s P. Verbloem? Breyten Lykverdag.
Jan Klaas het gesê op Januarie 23, 2013
Einste! Hoe durf mens hulle vergeet?…
exionperfexi het gesê op Januarie 23, 2013
kostelik en kosbaar ! doe zo voort …
ek het nog altyd bie van die lekkerlag AABBA rymelary van die limeriek gehou – drinking songs, of te not ! 🙂
daar was nog altyd die limeriek
sonder enige stuurstang of briek
wat mense laat skater
van vroeg af tot later –
vars versies wat almal kan kliek
Jan Klaas het gesê op Januarie 23, 2013
Te veel daarvan maak ‘n mens siek!
exionperfexi het gesê op Januarie 23, 2013
Te veel gefermenteerde druif of koring of suikerriet of aartappel of vetplantsap, miskien ; maar die lied en die limeriek is gesond .
Op die verbuigingsonderwerp : julle het dan seker ook al die ou afgesaagde ene gehoor van die kontemporere vroue sanggroep wat onlangs gestig is ~ ” Die Wieletjies ” , bestaande uit die trio: Karretjie Kneusenkamp , Karin Go-cart en Lorretjie Rauch …?
Jan Klaas het gesê op Januarie 23, 2013
Fokofpolisiekar is dan seker nie daar welkom nie.
kopkrapper het gesê op Januarie 23, 2013
🙂
tina10 het gesê op Januarie 23, 2013
Jy laat my elke dag glimlag Doen so voort
Jan Klaas het gesê op Januarie 23, 2013
O jong, as vroue vir my glimlag is hulle gewoonlik te beskaaf om hardop te lag.
Zeppie - @zephur het gesê op Januarie 23, 2013
Nou gaan hy ‘n kak siening hê oor alles…
jollie patrollie
Jan Klaas het gesê op Januarie 23, 2013
Dit gee nuwe betekenis aan “‘n onderlangse blik”…
Ek veronderstel dis darem dan makliker om jou oog op die bal te hou.
rosiemetdorings het gesê op Januarie 23, 2013
klink na die oog wat ‘n bars kan kyk
Jan Klaas het gesê op Januarie 24, 2013
Dis op die regte plek!
Latino het gesê op Januarie 24, 2013
Lekker gelag!
Jan Klaas het gesê op Januarie 24, 2013
Gaaf!
Aapstert het gesê op Januarie 24, 2013
“n siening vanuit ‘n ander hoek het nog nooit skde gedoen nie!
Jan Klaas het gesê op Januarie 24, 2013
Ooh Ooh aah aah sexy eyes…