Noga limeriek
Januarie 22, 2013 in Uncategorized
Met moeite het Gerty Versluis
hottentotsgot met ‘n rysmier gekruis
Sy kry toe ‘n gog wat
die nare manier had:
eers bid hy, dan vreet hy jou huis.
Hoe kry ek enkelspasiëring? Help!
Januarie 22, 2013 in Uncategorized
Met moeite het Gerty Versluis
hottentotsgot met ‘n rysmier gekruis
Sy kry toe ‘n gog wat
die nare manier had:
eers bid hy, dan vreet hy jou huis.
Hoe kry ek enkelspasiëring? Help!
rosiemetdorings het gesê op Januarie 22, 2013
Noga gogga
Jan Klaas het gesê op Januarie 22, 2013
Ha ha
maryna het gesê op Januarie 22, 2013
Haha 😀 Baie goed, en inspirerend! Wat dink jy van my eg Suid Afrikaanse weergawe van die meisie van Cape Cod,
Daar was ‘n meisie van Umhlozi
wat gedink het babatjies kom van Nkosi
maar dit was nie die lord
wat weer pa gaan word
dit was Zuma, die ou tokkelozi.
Jan Klaas het gesê op Januarie 22, 2013
Slim! Sommer ‘n bietjie sosiale kommentaar ook!
monicahaddad het gesê op Januarie 22, 2013
Bwahaha ek luhv dit!
Jan Klaas het gesê op Januarie 22, 2013
Ek dink ek het die resep uitgefigger! Suid-Afrika, watch this space…
monicahaddad het gesê op Januarie 22, 2013
Hier is my eerste poging.
Meneer en mevrou Vis
het hul lelik misgis
inplaas van water,
kry hul toe Sater
en nou is hul uitgewis.
Jan Klaas het gesê op Januarie 23, 2013
He he. Is dit iets soos kasaterwater? My ma het altyd daarvan gepraat en ek weet nie wat dit is nie.
adage het gesê op Januarie 22, 2013
Wow dit kry volpunte!
Jan Klaas het gesê op Januarie 22, 2013
🙂 dankie, Adage!
frik van eeden het gesê op Januarie 22, 2013
@janklaas
Ekelspasiëring, dubbelspasiëring – who cares!? Jou limerieke bly BG!
Jan Klaas het gesê op Januarie 22, 2013
Die dubbel lyk so winderig.
tina10 het gesê op Januarie 22, 2013
Ek het ook al gewonder oor die spasiëring.
Henry @kompethenry het gesê op Januarie 23, 2013
ons sal maar liewer nie oor Aberyswyth praat nie…
Jan Klaas het gesê op Januarie 23, 2013
Ek probeer vrede hou met die Iere…
Jan Klaas het gesê op Januarie 23, 2013
Die Walliesers klink nie so aggressief nie!
perdebytjie het gesê op Januarie 23, 2013
Oulike versie!Lol!
Jan Klaas het gesê op Januarie 23, 2013
Dankie P’Bytjie!