Dankie vir die roem
Januarie 22, 2013 in Uncategorized
Oorweldig deur die sukses van my vorige blog (5 response!) het ek besluit om hierdie suksesroete nogeens te probeer uitbuit met ‘n Limerick. Ongelukkig is dit so ‘n vrek moeilike pad dat ek kwalik meer as een per dag sal kan pleeg!
Nietemin:
Vir jarre en jarre het Koos Gekla dat sy naam hom laat bloos. Na vele nagwake By Binnelandse Sake Heet die kêrel nou Gert Verdoos.
monicahaddad het gesê op Januarie 22, 2013
O ek hou van jou nuwe stokperdjie, dis aansteeklik….
Jan Klaas het gesê op Januarie 22, 2013
Gelukkig is dit ‘n heilsame kwaal (of is dit?)…
frik van eeden het gesê op Januarie 22, 2013
@janklaas
Jy dreun van die talent – keep it up!
Jan Klaas het gesê op Januarie 22, 2013
Dis my maag wat jy hoor. Honger.
tina10 het gesê op Januarie 22, 2013
Jy word met elkeen net beter en beter
Jan Klaas het gesê op Januarie 22, 2013
He he (bloos). Sê dit weer.
Henry @kompethenry het gesê op Januarie 23, 2013
🙂
Jan Klaas het gesê op Januarie 23, 2013
Hallo Henry!