Limerick
Januarie 21, 2013 in Uncategorized
Ek vrek oor Limericks. So daag hier toe vandag ‘n tipe uitdaging op in my epos: vertaal hierdie Ingelse een:
Engelse Limeriek
There once was a girl from Cape Cod
Who thought a child comes from God
But it weren’t the Almighty
who lifted her nighty
It was Roger, the lodger the sod.
Die begeleidende poging was:
’n Mooie jong dame genaamd Nel,
Dog ’n kind kom van Hoër bevel.
Maar dit was nie die Almag
wat haar laat verwag.
Dit was Van Tonder, die donder, die hel!
Dit was nice, maar die ritme was onprettig. Toe probeer ek soos volg:
‘n Meisie van Arbeidsgenot
dag babetjies klein kom van God.
Maar die eintlike dader
was toe nie die Vader,
maar Pieter, die huurder, die sot.
of dan:
Jong Martie, ‘n meisie van Memel
dag babetjies kom uit die hemel.
Dis nie hemel of hel
wat haar boepie laat swel,
maar Gielie, die plumber, die semel.
monicahaddad het gesê op Januarie 21, 2013
Jong martie kry defnitief die prys 🙂 dis ougat
Jan Klaas het gesê op Januarie 21, 2013
Arme ou Martie…
Liz Smith het gesê op Januarie 21, 2013
Almal het iets cools en meeste het my laat glimlag.
frik van eeden het gesê op Januarie 21, 2013
@janklaas
Martie vat die koek – ek meen die prys.
Ek het hierdie baie geniet!
Jan Klaas het gesê op Januarie 21, 2013
Dankie, Frik!
tina10 het gesê op Januarie 21, 2013
Hoe lekker giggel ek nou!
Jan Klaas het gesê op Januarie 21, 2013
Hallo Tina!
maryna het gesê op Januarie 21, 2013
Lekker lag ek nou. 😀 Die meisie van Arbeidsgenot, beslis *****
Jan Klaas het gesê op Januarie 21, 2013
Ek hou ook meer van haar as van Martie.
Henry @kompethenry het gesê op Januarie 23, 2013
Nices!