Tadaa!

Oktober 26, 2012 in Uncategorized

(Enter left)

Jan Klaas kom swierig ingeslinger, ghitaar in die hand. Sy oë blink oor hierdie nuwe verhoog.

Ek laaik dit hier. Mog dit die begin wees van duisende nuwe gesprekke en vriendskappe.

Ek gaan by een en almal van julle kom inloer. Uhm – na die einde van die maand, as ek weer tyd op my Vodacomstokkie het…

17 antwoorde op Tadaa!

  1. En, goeie Griet! Al my ou junk het saamgesleep. Was dit regtig ekke, April 2009?

  2. Hahahaha ja alle ou hout is nog in die waentjie

    Welkom…ek is bly jy het reg gekom Jan

  3. Welkom Welkom!
    Lekker naweek

  4. Latino het gesê op Oktober 26, 2012

    Van die kant af ook, welkom. Klink vir my asof jy ook een van Zeppie se onbetaalde kliente was. Ek sukkel nog met die laaiery van foto’s, maar is vol moed dat die probleem ook uitgestryk gaan word. Wil nie hard sê nie, maar ek vermoed dat dit maar my onnoselheid is.

  5. Die treklorrie se drywer was nie dronk nie

  6. lewies het gesê op Oktober 27, 2012

    Nice om al die ou bekendes te sien, ook ‘n paar van die wat onaktief geraak het. Maar ek slinger nog rond hier, sukkel om my pad te vind, en het nie juis tyd om te eksperimenteer nie. Nietemin, hou koers!

  7. Uiteindelik is jy ook hier.
    Welkom!

    • Dankie! Dis nou die ou Lou, I presume, met geen pejoratiewe konnotasies op die “ou” nie…? Lekker om jou weer raak te lees.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.