‘n Feit en ‘n vraag

Oktober 14, 2012 in Sonder kategorie

Feit

 

Waterklop s.nw. Herhalende klopgeluid in ou waterpype in ‘n gebou, as die watervloei vinnig afgestop word. (Eng: water hammer)

 

…soos wanneer ‘n worshond vinnig tussen jou bene deurhardloop as jy in die donker op die grasperk piepie…

 

 

Vraag

Ek skat ek sit met ‘n eksistensiële krisis! Hoekom is ek nog hier? Is ek soos Leonardo di Caprio wat op die Titanic agtergelaat was nadat al die reddingsbote vertrek het?

Ek het gedag teen hierdie tyd is ek al netjies oorgetiep op die Nuwe Hemel van WordPress…!?

8 antwoorde op ‘n Feit en ‘n vraag

  1. loudavisi het gesê op Oktober 15, 2012

    Blykbaar eers die 19de…en smaak my ons gaan nie eers weet dat ons daar is nie. Gaan kyk wat Zeppie daarvan se.

    Waterklop … 😀

  2. TS het gesê op Oktober 15, 2012

    hehehehe… nou vir wat piepie jy in die donker op die gras? Sies netnou trap ek met my kaal voete daarin!!!!!

    Jy sal volgende Maandag moet kom kyk of jy agter gelaat is?

  3. altyd gedink dit was die tokkelossie wat die waterpype so geruk het ( die blessedste worshond !)

  4. Toe raak die grasperk sommer bemes ook.

  5. Janklaas het gesê op Oktober 18, 2012

    So, dis “werk, want die nag kom nader…”

  6. Janklaas het gesê op Oktober 18, 2012

    Wat soek jou kaal voete op my gras? Jy sal my in die moeilikheid kry…

  7. Janklaas het gesê op Oktober 18, 2012

    he he..

  8. Janklaas het gesê op Oktober 18, 2012

    Amper sowaar!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.