O koek

Desember 15, 2011 in Sonder kategorie

Dis eenuur in die nag.

Buite, in my swembad, kwaak ‘n lawaaierige skurwepadda.

Hier binne sit ek en pas my vrou se koek op. En, ek gaan dit vir minstens nog twee ure doen.

Ek troos my daaraan dat koning Arthur seker sy hele leër moes gebruik om Lady Genevieve se koek op te pas. En, sy ritueel het seker nie ingesluit dat ‘n mens haar koek aan die einde met drank moes besprinkel nie.

Ek het nog nooit besware gehad teen die ritueel nie, veral as die uiteinde so ekstaties heerlik is. Dit was eers Dolly Koen se koek, maar sy het blykbaar nie omgegee om dit met almal te deel nie.

Nou kan ons die res van die vakansie heerlik weglê aan ‘n sappige, ryk vrugtekoek.

20 antwoorde op O koek

  1. Berwick het gesĂȘ op Desember 15, 2011

    Jy is dapper.
    🙂

  2. Janklaas het gesĂȘ op Desember 15, 2011

    A man’s gotto do what a man’s gotto do…

  3. Lekker!

  4. shlwanjan het gesĂȘ op Desember 15, 2011

    Mmmm…en koning Arthur se leer het nie ‘n te goeie job gedoen nie, het hulle? Nee wat, dan doen ‘n man dit eerder self…

  5. DallaSePa het gesĂȘ op Desember 15, 2011

    Eind goed … alles goed. Dit klink soos ferm nat koek daai JK.

  6. Neander het gesĂȘ op Desember 15, 2011

    Gevaarlike werk om daai koek op te pas, doen so.

  7. TS het gesĂȘ op Desember 15, 2011

    Waaksame man… ‘n voordeel

  8. loudavisi het gesĂȘ op Desember 15, 2011

    Mens moet mos kort-kort proe of die nattigheid nog reg is vir die besprinkeling ook
    tsk….
    wat ‘n goeie man ook nie als vir sy liefie moet doen nie.
    ; )

  9. Janklaas het gesĂȘ op Desember 15, 2011

    Vanoggend geproe toe dit uit die oond uit kom. Niks soos ‘n warm, sappige koek nie.

  10. Janklaas het gesĂȘ op Desember 15, 2011

    🙂 True….

  11. Janklaas het gesĂȘ op Desember 15, 2011

    Janee, hierdie koek vat die koek.

  12. Janklaas het gesĂȘ op Desember 15, 2011

    Ek dink dis nog moeiliker om ‘n tert op te pas.

  13. Janklaas het gesĂȘ op Desember 15, 2011

    Ja sjym, sy het deur dit alles geslaap…

  14. Janklaas het gesĂȘ op Desember 15, 2011

    Dit gee nuwe betekenis aan “brandwag”….

  15. loudavisi het gesĂȘ op Desember 15, 2011

    Haar verlies….
    ; )

  16. Janklaas het gesĂȘ op Desember 15, 2011

    Dankie, ek vind dit vreemd bemoedigend. /:)

  17. Peace4All het gesĂȘ op Desember 15, 2011

    So koekwerkery kan taai raak…

  18. FOXY1975 het gesĂȘ op Desember 21, 2011

    Ek het self ook ‘n klein swak plekkie vir ‘n lekker vrugtekoek.. of eintlik jok ek nou… ek het ‘n GROOT swak plek vir lekker vrugtekoek… het nog nooit self dit probeer bak nie… moet miskien eendag want ek het die laaste 2 jaar nog nie ‘n lekker koek kon koop nie 🙁
    xxx

  19. Groenwyn het gesĂȘ op Maart 17, 2012

    Hallo JanKlaas, ek het na al die tyd besluit om weer in blogland te kuier en is baie ontnugter dat die beste bloggers so stuk-stuk verdwyn. Ek hoop ek hoor weer van jou?

  20. Janklaas het gesĂȘ op Maart 17, 2012

    Hoe sĂȘ Schwarzenegger – I’ll be bak…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.