Weer aan’t moan!

September 7, 2011 in Sonder kategorie

Ek word nou wragtig ‘n beneukte oubaas.

Vanmiddag vererg ek my oor die onskuldigste ding, ‘n prentjie op Nuus24.

Die tydskrif Vogue het dit naamlik goed gedink om die skitterende sangeres, Adele, op hulle voorblad te sit.

En wag, dis nog nie hulle sonde nie. Die sonde is dat hulle haar soos ‘n Barbiepop opgemaak het en haar met ‘n smeulende uitdrukking vir die kamera laat pruil het.

Die wat Adele ken, sal weet dat sy uitstaan onder sterre met haar eie, natuurlike onopgesmuktheid. Plat op die aarde, ewe natuurlik en in vrede met haarself. Maar Vogue reken die natuurlike produk is juis onnatuurlik – sy moet mos ‘bedoen’ word om dan nou spesiaal te lyk. Maak haar sit op ‘n stoel en plak haar vol polyfilla, olie, blinkers en plakkaatverf. Nou is sy mos iets wat hulle vername blaaie werd is – ‘n vrou volgens hulle resep en hulle model. Hulle predik hierdie smukkasie mos al dekades lank, hoekom sal hulle dit nou buig en iemand wys as die ware persoon wat sy is?

Ek is nie teen grimering nie. Dit bedek alles, verdra alles en sou selfs my delikate gelaat meer aanneemlik kon maak. Waarteen ek dit het, en ek weet die balans is bra fynerig, is dat hulle perdedrops (skuus Adele) as hulle eiesoortige vye wil kom verkoop. Dit terwyl die perdedrops dalk veel, veel kosbaarder as vye kon wees.

Dis amper soos om ‘n pragtige leeumannetjie eers met olie te smeer, hoëhakskoene aan te trek en met kolle te spuit voordat ek hom afneem, omdat dit is hoe ons natuurtydskrif se lesers hulle leeus verkies.

Of miskien is ek maar net kommen.

25 antwoorde op Weer aan’t moan!

  1. Ek stem saam.

  2. Neander het gesê op September 7, 2011

    Nou hoe lyk ‘n leeumannetjie met hoë hakskoene?

  3. Nee, Jan-Klaas, jy is nie kommin nie.
    Ons woon tans in ‘n plestiek wêreld – gelukkig genuine plestiek!

  4. wesnwew het gesê op September 7, 2011

    dit het alles te doen met jou vorige pos. As hulle mense kan oortuig dat hulle nie goed genoeg is en hulle eie opinies / keuses kan maak nie, kan jy hulle beheer. Heeltemal. Dan kan jy vir hulle besluit waarvan hulle moet hou en natuurlik waarop om hulle geld te spandeer. En wat sad is is dat mens so subtiel gebreinspoel word dat jy dit nie eers altyd agterkom nie… Wel Jan-Klaas kom dalk agter maar beslis nie Jan-Rap nie

  5. wesnwew het gesê op September 7, 2011

    lol vir my spelfoutjie…

  6. BAIE goeie punt!

  7. TS het gesê op September 7, 2011

    grinnik… wonder wat sy daarvan dink – dalk hou sy daarvan?

  8. Ek stem 100% saam met jou!

  9. Camp – very camp…

  10. Dankie Thomas.

  11. Ek weet nie, maar kan jy jou voorstel hoe die arme spoorsnyers gaan kopkrap?

  12. Little boxes, gemaak deur ander mense wat namens ons besluit. Dis om mens siek te maak.

  13. Dis presies dieselfde kwessie as in my vorige pos. Lyk my ek het ‘n issue met modes!

  14. Jy sê dit so lekker dat my tone omkrul. Dis presies die punt.

  15. Dankie Bileamdonkie!

  16. Ja, dit sal half hartseer wees. Ek dink mens is so geïndoktrineer van kleins af dat dit die norm geword het. Soos die tannies wat hul laerskooldogters soos groot vroue laat aantrek vir kompetisies. Dwing hulle sommer vroeg in die vorm in.

  17. Uitstekend. Dis bra lekker om mense se doen en late so van half buite af dop te hou. Soos hulle op varsity gevra het: Janklaas, wat dink jy, as buitestaander, van die mensdom?

  18. Baie dankie, Jeanne!

  19. Moenie ‘n goeie storie met die feite verwar nie! 🙂

  20. wesnwew het gesê op September 7, 2011

    mmm ek twyfel of dit rerig oor modes gaan. Dalk is jy moeg daarvoor om toe te kyk hoe die mensdom aan hulle neuse rondgelei word…

  21. …en modes is maar net een van die simptome daarvan!

  22. Ek het nie die Vogue gesien nie, maar stem 100% saam met jou oor die plastiekwêreld. Voorblaaie/opgesmukte foto’s skep ‘n illusie wat nie regtig bestaan nie en veroorsaak dat mense ontevrede is met wie hulle is en wat hulle het.

  23. Dankie vir die vertroue, Flenters!

  24. Dis waarop modebase en ‘n hele mode-en kosmetiekindustrie gedy. Ons wil so graag dieselfde wees.

  25. Ek is mal oor Adele se musiek, maar moe erken dat ek nie regtig weet hoe sy lyk nie….en gelukkig het ek ook nie die Vogue gesien nie!!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.