Seks op die platteland
Maart 1, 2011 in Sonder kategorie
La-tie-dam-dam…
Opgeruimd stap die jong Jan Klaas onder die hoë bome deur. Die grondpaadjie is warm onder sy kaal voete. Die lewe is mooi, die voëltjies sing en die hemel is op sy plek.
In die kafeetjie haal Jan Klaas ‘n botteltjie Coke uit die koue yskas. Hy stap na die tydskrifrak en kry vir hom op pad ‘n pakkie Simba tjips.
Jan Klaas staan gemaak-belangstellend na die koerante se opskrifte en kyk. Dan kyk hy onderlangs rond of Dominee, of een van sy handlangers nie in die kafee is nie en strek om die Scope op die boonste rak by te kom. Dit is die kopie waarvan die maats vertel dat Raquel Welch en Marylin Albutt albei in dieselfde uitgawe is. Duidelik ‘n versamelaarstuk.
Hy vou die tydskrif so dat ‘n mens nie die omslag kan sien nie en stap dan ongeërg toonbank toe.
Hy kyk op en sy hart gaan staan amper. In die plek van die gewone gesette Griek staan sy jong, kurwige blondinevrou en glimlag by die till. En, daar is nie omdraaikans nie – sy staan reeds vir hom en wag.
Jan Klaas kyk om. Dalk kan hy nog die Scope met Die Transvaler gaan vervang. Hy voel aan die kleingeld in sy sak – te min om vandag vir ‘n koerant sowel as die Scope te kan betaal. En, al wat die blerrie koerant kan bied is Ryk Kolwer, Hartjie my Liefie en Tok. En rugby. Ba.
Hy byt op sy lip en stap met vaste tred en uitgestrekte arm na die till.
Die blondine vou die tydskrif stadig oop. Sowat twee ure lank kyk sy na die voorblad. Dan skuif sy die tjips en Coke verby en sê met ‘n smaail: “Things go better with Coke, né”.
Met ore wat suis stap Jan Klaas by die kafee uit. Somehow voel hy kleiner as toe hy daar ingekom het.
Maankind2 het gesê op Maart 1, 2011
Twee ure ja… So voel 3 sekondes mos!
Janklaas het gesê op Maart 1, 2011
Veral as iemand behae uit die situasie put…
maryke-anne het gesê op Maart 1, 2011
Hier kry ek nou sommer vir Jan Klaas uit my hart uit jammer! With the hand in the cookie jar 🙂
Janklaas het gesê op Maart 1, 2011
He he. Ja, nogal.
rosiemetdorings het gesê op Maart 1, 2011
uitgevang
louisna het gesê op Maart 1, 2011
Dis nou raakgevat met woorde. Raquel was nogal aanskoulik op haar dag.
Janklaas het gesê op Maart 1, 2011
Not fair.
Janklaas het gesê op Maart 1, 2011
Rondom. Van alkante.
Janklaas het gesê op Maart 1, 2011
En dit was in die dae voor Chuck.
Doubtingthomas het gesê op Maart 1, 2011
“Things go better with Coke, né”.
🙂 !!
monicahaddad het gesê op Maart 1, 2011
het jy toe die versamelstuk gebêre?
borrels het gesê op Maart 1, 2011
eina pyn!
Janklaas het gesê op Maart 1, 2011
Daai boek was goud werd in die bou van die nasie.
Janklaas het gesê op Maart 1, 2011
En dis nogal waar!
loudavisi het gesê op Maart 1, 2011
Ag shame!
Toemaar dit het mos ook verbygegaan…
Janklaas het gesê op Maart 1, 2011
Ek glo so. Met Africana was ek versigtig.
Janklaas het gesê op Maart 1, 2011
Jy’s reg!
Janklaas het gesê op Maart 1, 2011
Ja.
Soms mis ek dit.
zephur het gesê op Maart 2, 2011
Siende dat ons van dieselfde valley afkom met skoolgaan dae…miskien het ons nog by dieselfde winkel skelm Scope gekoop
Hahaha
Berwick het gesê op Maart 2, 2011
(-:
Great!
Janklaas het gesê op Maart 3, 2011
Jy’s dalk net reg! Goeie ou dae…
Janklaas het gesê op Maart 3, 2011
Ja, dikwels het Klasie gewens hy was vir ‘n rukkie net ‘n skaduwee…
Janklaas het gesê op Maart 3, 2011
Hallo daar, Berwick!
DallaSePa het gesê op Maart 3, 2011
Nee-wat … ag ekskuus … Ja-wat!
}:-))
pasella het gesê op Maart 4, 2011
Those were the days! Nice pos!
lisabeth het gesê op Maart 4, 2011
he he heeee!
gardenia het gesê op Maart 4, 2011
O aarde, ek het nou ook oor seks geskryf, maar ‘n ander soort seks.
pinkpolkadot het gesê op Maart 7, 2011
WOW, Janklaas? Warm coke…ek bedoel storie!!
bloukaap het gesê op Maart 8, 2011
die wondersterre scope
Janklaas het gesê op Maart 9, 2011
Ja man!
Janklaas het gesê op Maart 9, 2011
Goeie ou dae…
Janklaas het gesê op Maart 9, 2011
Hallo Lisa!
Janklaas het gesê op Maart 9, 2011
Sjieeee. My soort klink prettiger!
Janklaas het gesê op Maart 9, 2011
He he…
Janklaas het gesê op Maart 9, 2011
Daai vervlakste sterre…
En daar word sterrekyk toe my stokperdjie!
skurwesan het gesê op Maart 21, 2011
Excellent
Janklaas het gesê op Julie 14, 2011
🙂
Janklaas het gesê op Julie 14, 2011
Scope is soos brannewyn, altyd die moeite werd.