Ou spoilsport
Februarie 17, 2011 in Sonder kategorie
Eugene Marais het dit vandag begin met ‘n “traan op elk’ vrolik’ snaar”. Die glimlaggende gesiggie wat ‘n traan wegpink. ‘n Soet suikerlagie om ‘n bitter koekie.
Soms het ek dit self, soos vandag. Dit gaan só goed, ek is eintlik baie geseënd, totdat ek op ‘n oggend soos vanoggend iets opmerk soos hoe donker dit is toe ek gaan stort.
Gewoonlik is ek half beswaard omdat winter dan op pad is, maar êrens vanoggend het ek begin wonder hoeveel sulke seisoenoorgange ek nog sal sien. Op ‘n punt moet ‘n mens seker agteruit begin tel – nie bly wees omdat ek uiteindelik ‘n tiener, mondig, volwasse of wat is nie, maar andersom.
Hoeveel skaapafvalle bly daar vir my oor, hoeveel Kersfeeste, nuwejare, kinderverjaarsdae en Huisgenoot-skouspele. Tien? Vyftien? Dalk twintig?
Heeltemal te min. Laat ek die paar wat dan oor is, tog nou behoorlik geniet!
En dankie dat ek julle dag ook kon spoil.
lisabeth het gesê op Februarie 17, 2011
Verhaar jy vandag?
katrina het gesê op Februarie 17, 2011
Ag nee, jy is inderdaad ‘n skoppensboer vandag 🙂
Neffertiti het gesê op Februarie 17, 2011
Ja, tyd is ‘n spoilsport.
Janklaas het gesê op Februarie 17, 2011
He he. Ek dink jy is dalk meer akkuraat as wat jy bedoel het!
Modigliani het gesê op Februarie 17, 2011
Nou toe, gaan geniet vandag verskriklik baie!
Maankind2 het gesê op Februarie 17, 2011
Dis WAS vanoggend donkerder as gister. Opmerklik. En ek sit hier met ‘n trui. Dis goed so, ons lewe stoomroller voort.
Janklaas het gesê op Februarie 17, 2011
Jy is presies reg! Skielik geniet ek my klasgee vandag!
Janklaas het gesê op Februarie 17, 2011
Is so. Wallow in it!
Janklaas het gesê op Februarie 17, 2011
Darem voel ek nou al beter!
Janklaas het gesê op Februarie 17, 2011
En dit laat my hare verloor.
Janklaas het gesê op Februarie 17, 2011
Tot die morbiede gedagtes tref.
Ag, eintlik is dit nie so sleg nie. Ek het ‘n wonderlike innings gehad.
UNPOCO het gesê op Februarie 17, 2011
Elkeen van ons word een oggend wakker met hierdie vrae. Die geheim lê egter daarin om glad nie vorentoe of agtertoe te kyk nie. Geniet net elke dag soos dit opdaag en haal alles daaruit wat jy kan.
Berwick het gesê op Februarie 17, 2011
Spoil gerus!
Groetnis.
loudavisi het gesê op Februarie 17, 2011
Ek het hoeka vandag weer werksbevrediging ondervind – ten spyte van die allerverskriklikste hitte.
Ek worry nie meer oor die tyd wat voorlê nie. Dis die NOU wat tel.
Janklaas het gesê op Februarie 18, 2011
Ek kry waarde daaruit om terug en voerentoe te kyk – nou waardeer ek die huidige meer!
Janklaas het gesê op Februarie 18, 2011
He he. Spoil vrolik voort!
Janklaas het gesê op Februarie 18, 2011
Baie waar.
Janklaas het gesê op Februarie 18, 2011
Ja, of juis die vorentoe kyk maak die huidige belangriker!
Janklaas het gesê op Februarie 18, 2011
Ek hoop die ‘opsluitepisode’ het nie te veel reperkussies daar in julle warmplek gehad nie!
Trakie het gesê op Februarie 18, 2011
Ag nee man. Daar spoil jy nou my hele dag. En dit nogal ‘n Vrydag!
Janklaas het gesê op Februarie 18, 2011
Het ek ook ‘n traantjiie op jou snaar gestort!
Krokodilla het gesê op Februarie 19, 2011
Siesa, janklaas! Nou moet ek ook polse knaag en die krieket het my dan so happy gemaak vanoggend. Go Indië!
Janklaas het gesê op Februarie 20, 2011
Hei, welkom terug met die nuwe naam! Dit klink sommer vriendeliker!
shlwanjan het gesê op Februarie 20, 2011
http://letterdash.com/colonialist/eat-drink-and-be-merry-for-tomorrow-on-mortality
FOXY1975 het gesê op Februarie 21, 2011
Ironies genoeg dat ek vanoggend eers tyd kry om jou possie van Vrydag te lees… miskien blog ek nog later vandag.. en dalk ook nie..
x
Janklaas het gesê op Februarie 21, 2011
Dankie! My seun sou my stuur na http://www.getalife.com...