Pleknaamwoordeboek II
Januarie 27, 2011 in Sonder kategorie
Na oorweldigende publieke aanvraag (oukei, een), plaas ek hier weer my beroemde pleknaamwoordeboek. Dit was ‘n voorlegging van Afroforum om pleknaamwysigings te steun.
Addo: vorm van skuldbekentenis.
Alma: Skrapse opkoms by skoolkonsert
Amanzimtoti: gekrimpte private dele in kontak met koue water.
Amatikulu: buitengewoon groot Stellenbosche student
Aughrabies: wat ‘n mens vertel as jy taamlik besope is
Babanango: residu in doek na inname van oormaat moedersmelk.
Belabela: aandrang om moeder te skakel
Benekeskop: knorrige voetbeweging
Bethal: klousule 2 van die Wet van Transvaal.
Bisho: nat nies tydens inname van joghurt.
Brackenfell: soort pels, bekend in Despatch, Manenberg en Danville.
Braemar: spraakterapeut gee moed op
Breyten: staalwol
Cachet: ’n kis ghwano
Dimbaza: bestuurders aangestel deur politieke verbintenisse
Dunottar: bulimiese waterroofdier
Dwaalboom: skuiwergat
Elgin: Spaanse jenewer
Endicott: subtiele teregwysing om al die meubels in te pak
Eshowe: instrument wat in Zoeloekultuur gebruik word om vigs af te weer.
Gobabeb: Uitspraak van “Hoe gaan dit?” na besoek aan tandarts
Gompies: hoë viskositeit urine
Gouritsmond: Verteller wat vinnig bontspring van een onderwerp na ‘n ander.
Gravelotte: gruisvark
Hanover: versoek wat tipies deur motorkapers uitgespreek word
Hantam: moeg geskryf
Harding: wat tienerseuns van ‘n verhouding verlang
Hennenman: verfynde persoon.
Hermanus: hardlywigheid a.g.v. verstopping van dikderm
Ifafa: ’n land ver, ver weg
Indwe: toestand van in-die-moeilikheid-wees
Kakamas: ablusiepaal vir honde aan die kant van ‘n tuin
Kenhardt: kardioloog
Klapmuts: geskikte straf vir poedel wat aandring om vername gaste se bene te pomp.
Kuruman: skroefagtige falliese simbool
Libode: luigat
Loerie: oë dig toe
Lusikisiki: dubbele longontsteking.
Mabopane: aanduiding dat moeder nie bereid is om herstelwerkies te verrig nie
Marble Hall: hardegat
Marquard: klagte van jong seun oor porsiegrootte van koek
Matatiele: subtiele teregwysing aan tuinier wat verbrou het
Merriman: ontmaagdde tienerseun.
Miga: sieklike selfverwyt
Modimolle: swierige knaagdiere
Morebeng: beleefde versoek om liefkosing uit te stel na die volgende dag
Mpumalanga: toestemming om meer tyd in die toilet deur te bring
Mtubatuba: iemand wat die vermoë het om baie diep buikwinde voort te bring
Musina: bespiegelings oor rede vir troue
Namies: hoflikheidshalwe na die huisvrou by deur inloop
Nigel: verneem na vordering van ‘n verhouding
Okiep: hoendervleis wat verby die vervaldatum is
Parow: vader is spyt
Petit: pynlike toestand in die borste van jong tienerseuns (‘stonies’)
Philippolis: makelaar se versoek
Phokeng: neerhalende byvoeglike naamwoord
Prieska: Japanner se versoek om motor te huur
Rehoboth: verkeerslig in pad met slaggate.
Tosca: Motor wat nie aan verwagtinge voldoen nie
Tshipise: laatnag-aartappelskyfies
Tshwane: term vir ‘n tipe wraaksugtige, of kleingeestige aksie
Verneukpan: ninja-kombuisgereedskap met lang steel
Kopiereg voorbehou
zephur het gesê op Januarie 27, 2011
LOL skerp
Doubtingthomas het gesê op Januarie 27, 2011
🙂
Maankind2 het gesê op Januarie 27, 2011
Kleinmond: Knoopsgat-suurbekkie
Janklaas het gesê op Januarie 27, 2011
Hallo Zeppie!
Janklaas het gesê op Januarie 27, 2011
Of so ‘n nat kêrel…
Janklaas het gesê op Januarie 27, 2011
Fensie naam vir ‘n plekkie, Tosca. Het hulle Bellini geken?
Janklaas het gesê op Januarie 27, 2011
:-&
Janklaas het gesê op Januarie 27, 2011
Of: grootbek na teregwysing
Maankind2 het gesê op Januarie 27, 2011
SKERP! Mooi ja.
TS het gesê op Januarie 27, 2011
hehehe… hieroor gaan ek nou heeldag giggel
Janklaas het gesê op Januarie 27, 2011
Dankie! Dis die paar woorde waaraan ek seker nog die meeste tyd bestee het!
vuurklip het gesê op Januarie 27, 2011
Briljant! Die (lag)trane loop nog steeds …
bloukaap het gesê op Januarie 27, 2011
skerp
loudavisi het gesê op Januarie 27, 2011
Marble Hall !!! whahahaha!
Uiters skerp.
raymond 2009 het gesê op Januarie 27, 2011
Dankie die trane loop so ek kan skaars lees.
Berwick het gesê op Januarie 27, 2011
Puik.
Trakie het gesê op Januarie 27, 2011
Ek het lanklaas so stadig en intens aan iets gelees. Goed gedoen!
:-))
Janklaas het gesê op Januarie 31, 2011
Baie dankie, Vuurklip!
Janklaas het gesê op Januarie 31, 2011
Hallo Pruimtwak!
Janklaas het gesê op Januarie 31, 2011
Halou Lou! Bly jou sending het goed afgeloop.
Janklaas het gesê op Januarie 31, 2011
Duidelik ‘n man van groot wysheid en insig. 🙂
Janklaas het gesê op Januarie 31, 2011
Hallo daar, Annemari!
Janklaas het gesê op Januarie 31, 2011
Hallo Berwick!
Janklaas het gesê op Januarie 31, 2011
Baie dankie. Dis eintlik ‘n mooi kompliment.
monicahaddad het gesê op Januarie 31, 2011
Ek sal dit moet uitdruk en bêre vir die niesolekkerdae :-)))
Janklaas het gesê op Januarie 31, 2011
Snaaks, al het ek dit geskryf, bly dit vir my snaaks. Hoe stupid kan mens wees?
lisabeth het gesê op Februarie 2, 2011
Flip Jan, jou sterretjie skyn lekker helder!! Baie baie geniet!
Janklaas het gesê op Februarie 8, 2011
Baie, baie dankie, Lisa.
Janklaas het gesê op Februarie 8, 2011
Prieska is my persoonlike gunsteling!
jannel1 het gesê op Februarie 11, 2011
Skuus dat ek nou eers hier uitkom, ek was bietjie laks op die blogs.
Ek het nou lekker gelees en kliphard gelag! Hierdie moes jou ‘n tydjie geneem het!
HeavyHenry het gesê op Februarie 13, 2011
Nice! Ek het die een gemis.
Janklaas het gesê op Februarie 13, 2011
Uhm.. Ag nee man, ek het hulle sommer tjop-tjop uitgedink! 😉
Janklaas het gesê op Februarie 13, 2011
Hallo Henry!