Pornoster

November 23, 2010 in Sonder kategorie

Lees nou net in News24 oor die renosterstroper wat hulle in die Krugerwildtuin doodgeskiet het. ‘n Ent verder lees ek dat Lindsay Lohan nie meer die rol van ‘n pornoster gaan speel nie, en ek dink toe dadelik aan ‘n renoster met pajamas aan.

Toe tob ek oor die rol van ‘n simpel klein strepie, en hoe in die war ek eendag was toe hulle in die Beeld die koppelteken weggelaat het uit “Boere staar ramp-oes in die gesig”.

‘Skuus.

30 antwoorde op Pornoster

  1. Skuus, maar ek kan nie help om lekker te lag nie!!

  2. TS het gesê op November 23, 2010

    heehehehe jy moet sowaar dan nooit my blog lees nie

  3. wat is ‘n pornoster anyway? of is ek nou net onnosel?

  4. dankie vir die leestekentjie. ek sien monica het hom nodig 🙂

  5. Porno-ster

  6. En weer ‘skuus.

  7. Die Burger het nog meer pret in.

  8. Nou’t jy my nuuskierig!

  9. En julle het hoofletters nodig. Moenounie lat ek so vroeg al begin preek nie. 🙂

  10. Die Probleem Is Dat Ek Die Shift Te Gou Weer Los, dan val hulle weg. 🙂
    hoor ons sien jou dalk tog :-)))

  11. Janee, dit het baie sekondêre onderwysinrigtings se reputasie onder verdenking gebring…

  12. Lui-pinkiesindroom

  13. Trakie het gesê op November 23, 2010

    Toemaar Monica, ek het dit ook soos jy gelees.

  14. Trakie het gesê op November 23, 2010

    Jy’t vir my en Monica aspris op ‘n dwaalspoor gebring met die stukkie oor die renosterstroper!

  15. zephur het gesê op November 23, 2010

    Hahahahaha ag nee Jan

  16. Berwick het gesê op November 23, 2010

    :-0

    Ook: Rockster.

  17. Maar dis dan juis wat my ook verwar het!

  18. Haai Zeppie! Welkom hier.

  19. ! Ek het dit sowaar voorheen verkeerd gelees! Gedag dis ‘n trendy nuwe term.

    Op skool was ‘rugare’ die favourite voorbeeld.

  20. Trakie het gesê op November 23, 2010

    Wil jy vir my sê jy’s ook nog jonk en onskuldig?

    Weet nie of jy iemand is wat jou siel sal verkoop vir ‘n sigaret nie, maar wat weet jy van ‘n garetolletjie?

  21. Onskuldig op beide daai eerste aanklagte.

    Sigaret – ook onskuldig. Ken ook net onskadelike gebruike vir ‘n garingtolletjie.

    Sjie. Min wat ek dit kan regkry om die woord ‘onskuldig’ eerlik te gebruik…

  22. Skerk, sterrekyker!

  23. Hiehiehie. Hehehehe!

    Ek gaan nou nooooooit weer met dieselle oë na Lindsay Lohan kan kyk nie…

  24. Janklaas het gesê op Desember 3, 2010

    Hallo Cara! “Skerk”? 🙂

  25. Janklaas het gesê op Desember 3, 2010

    Hallo Schwanjan! Janee, lyk my die vrou is tot vreemde dinge in staat.

  26. Janklaas het gesê op Desember 3, 2010

    Hallo Ffion! Welkom. Ek lê self maar laag en verbeel my vir ‘n wyle ek is ‘n ‘outeur’.

  27. zephur het gesê op Desember 7, 2010

    Waars jy…al klaar op verlof?

  28. Skuus man! Ja, ek was toe al weg.

  29. …snaaks!

  30. 🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.