Vorderingsverslag

November 22, 2010 in Sonder kategorie

Ek het gedink dit sou vir die wat dieselfde ambisies as ek koester, interessant wees om te weet hoe dinge gaan. Julle geharde, knoetserige ou skrywers hier – hou verby. Ek praat hier met my mense, wannabe’s soos ekke.

Ek het my ge’commit’, danksy ‘n swiet spokie, om hierdie maand 50 000 woorde te skryf aan my eerste storie. Ek het laasjaar al probeer maar kon nie betyds ‘n ordentlike storie opwroeg nie.

Hierdie jaar het alles sommer net in plek geval, behalwe dat hierdie ‘n nagmerrie-November is. Buiten die gewone eksamengoed en kinders se eksamens is daar skielik van oral oor die land mense wat van my kortkursusse wil doen, seker om oortollige geld weg te werk, en nou moet Klaas Kiepie instaan.

Maar, betreffende die skrywery: dit kom vanself! Ek het gewonder of ek dit sal regkry om my woorde op ‘n ander se tong te lê, maar as ek die karakter ken en verstaan is dit asof hy vir homself praat. Te lekker. Ek vermoed as die karakter te ver buite my eie ervaringsveld sou lê, sou sy woorde seker gefabriseerd uitkom. Les 1, dus.

So lekker het dit gegaan dat ek omtrent by 20 000 woorde besef het my storie is besig om uitvertel te raak. My lewe lank was dit my besigheid om dinge pront en verstaanbaar te maak, maar skielik moet ek nou uitbrei. Nou het my karakters gesprekke met hulleself, en die omgewing en die situasie word beskryf… Les 2!

My storie het nogtans vasgebrand. Dit sou ‘n losserige, pret-roman gewees het met ‘n lekker ontknoping, toe begin dit my verveel. Toe, een nag tref die inspirasie my. Nou is daar skielik ‘n sinistêre invalshoek, en voor ek my kon kry het ek al drie karakters vermoor! Lyk my darem ook daar bly genoeg te vertelle oor om my deur te dra. Maar, nou is die plot meer kompleks en moet ek baie fyner voetwerk doen om die regte ou op die regte tyd, op die regte plek te kry. Dis eintlik ‘n heerlike opgawe, maar dit beproef my kreatiwiteit tot op die droesem. Dis amper of ek nie genoeg tyd kry in hierdie drukkokertydperk om al die moontlikhede en konsekwensies deur te dink nie. Sal maar agterna gaan opvee waar ek gemors het. So, my persoonlike les 3: gun jouself dinktyd. Ek sit hoeka nou weer in ‘n knoop, en soms moet vroulief my kom uithelp!

Ek gaan dit vir seker nie maak teen 30 November nie, maar vir my was dit ‘n gesonde dissipline om op te hou beloftes maak en in te spring. Dis baie bevredigend om die ding so te sien groei!

En, as alles skeefloop, verplig ek net my kinders om dit te lees. Kannie verlorie. Mis julle net.

31 antwoorde op Vorderingsverslag

  1. Ek lê my snags en bekommer oor die karakters!

  2. doebie het gesê op November 22, 2010

    Is dit ook vol kostelikhede soos “becredigend”?

  3. Berwick het gesê op November 22, 2010

    Sterkte en groete!

  4. Oepsie doepsie, dit was ‘n gloepsie.

  5. Dankie Berwick!

  6. Dis my normale werkswyse. Wag tot op die laaste en oorwerk myself. Eintlik dom.

  7. Lekker om te hoor jy is so aktief kreatief

  8. TS het gesê op November 22, 2010

    Ek wag met opgehoude asem

  9. Dis heerlik. Wens net ek het die vryheid gehad om bedags in ‘n mooi, stil plekkie te sit en werk. Nou tik ek snags na elf. G’n wonder my karakters gaan dood nie.

  10. A! Dankie, nou het ek al twee lesers.

  11. 🙂 Myne kom neul ook gereeld vir hulp. Sal hulle bietjie vasvat.

  12. UNPOCO het gesê op November 22, 2010

    Ons is sover dan baie trots op jou. En nog nog meer trots op jou wees as jy by die mylpaal van 50,000 kom. Byt net vas en druk deur!

  13. As jy nie probeer sal jy nooit weet nie Janklaas en hou goeie moed!

  14. Djoe Jan Klaas, behalwe dat jy my nou lus maak om ook te skryf wil ek nou dadelik al ‘n loer hê…………

    Jy moet eintlik hier kom skryf hier is baie stilte en niks om jou aandag af te trek nie……behalwe miskien die helder sterre.

  15. beloon die karakters …..

  16. Hahaha!!

  17. Ek wil ‘n getekende eksemplaar he…en daar moet staan “Jan KLaas” en niks anders nie!

    Ek dink jy moet hier op die sideline ook skryf…oor hoe dit vir jou is om te skryf…dan maak dit op vir die dooie ouens in die hoofstorie, en ek lees dan die sideline storie, wat my groot laat smile en al heeltemal goed genoeg is vir publikasie!

  18. Trakie het gesê op November 22, 2010

    Aangesien ek ‘n gesagte nie-knoetserige is, het ek toe nou nie verby gehou nie. En ek ken van opwroeg.

  19. Trakie het gesê op November 22, 2010

    Asof mens se kinners nie genoeg is nie!

  20. Ek GAAN, ek het myself belowe. Al wanneer ek sal ophou is as my gesondheid ingee van al die tjips en Coke.

  21. Dankie Tweeling! Nou moet ek net my storieknope loswikkel.

  22. Sjoe, ja! Daar skryf ek die ding sommer in ‘n week klaar!

  23. :-)…omdat hulle so geduldig met my is? Maar, dis nogal waar. Ek kan dit net sowel die moeite werd maak vir hierdie paar skynmensies om hul kort lewetjie in my gedagtes te leef.

  24. Die ‘unplugged’ weergawe!

    Sê nou net als werk uit – ek sal geëerd wees om jou so ‘n eksemplaar te gee!

  25. Dalk moet ek dan met jou gesels oor van die knope in my storie!….?

  26. Janee wragtag…

  27. Trakie het gesê op November 23, 2010

    Jy’s welkom.

  28. welgedaan en sterkte!
    Hierdie November hardloop sonder voete ook onder my uit!

  29. Desember lyk sover darem rustiger.

  30. pgjonker het gesê op Desember 3, 2010

    My 55000 woorde poging het toe met ‘n vriendelike, bemoedigende boodskap vanaf die uitgewer teruggekom. Jammer, better luck next time, of min of meer woorde tot daardie strekking. Dis dié dat ek nou maar twakpraatjies maak op die blog. Dis meer my genre, het ek besef.

  31. Janklaas het gesê op Desember 3, 2010

    Ouch. Dis natuurlik ‘n baie sterk moontlikheid. Nogtans sou ek myself nie vergewe het as ek nie probeer het nie.

    O ja, ek het myself voorgeneem dat ek ‘n ander een gaan probeer as hierdie een flop! Of, sommer die boek self uitgee! My paar vrinne in die Baai en familie sal dit moet koop!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.