Verlofvorm
November 5, 2010 in Sonder kategorie
Waardeer die vrede, o volkere. Daar gaan ‘n tyd kom dat Jan Klaas weer u deurlugtige geledere gaan betree en die oorvloed van sy skryfgemors op hierdie edele skryfvlakke gaan kom uitstort.
Jan Klaas is op die oomblik taamlik besig elders. Jan Klaas is naamlik besig om vlaktes en vlaktes rekenaarskerm met woorde te vul in ‘n poging om uiteindelik sy merk te probeer maak as ‘n skrywer. Siende dat sy drome om ‘n hogere digter te wees met elke nuwe poging voor sy eighe oghe in wind verander, het hy nou besluit om sy hande aan ‘n boek te waag. Dit lyk na die enigste oorblywende uitweg om daardie ontwykende aura van skrywerskap te bekom. “Digter” sou wel nog meer digterlik geklink het, maar Jan Klaas sal maar berus by sy klaaglike mislukking om ‘n tweede Breytenbach of Van Wyk Van der Merwe te wees. In elk geval hoef ‘n mens seker nie suksesvol te wees om as ‘n skrywer bekend te staan nie, jy hoef net te skryf…?!
Digters het in elk geval vir Jan Klaas ‘n bietjie van hulle betowering verloor vandat elke Tom, Diek, Harry en MBA-geleentheidsprekers hulleself nou as digters aan die mensdom kom bekendstel. In elk geval vermoed Jan Klaas al die goeie dig-temas is alreeds geneem…
loudavisi het gesê op November 5, 2010
Sjoe, Jan-Klaas…doen die boekding.
Ek verstaan buitendien nie veel van die moderne digters se versies nie.
Groetnis
TS het gesê op November 5, 2010
Aha aha ek hoop darem jy gaan so proeseltjie van tyd tot tyd op ons kom beproef? hehehehe… ons kan jou beste kritici wees … wel die ouens wat weet hierrond
monicahaddad het gesê op November 5, 2010
Ons kan natuurlik vir jou ‘n uitmuntende klankbord wees nê……
bloukaap het gesê op November 5, 2010
jy weet hulle vra mos altyd hoekom word gholf wel gholf genoem…..? …… want ‘vok’ was reeds gevat….. so van temas gepraat hehehhe. Maar ek dink nie JY hoef 2e enigeen te wees nie. Jy is jouself……
Janklaas het gesê op November 5, 2010
Ek’s nog te skamerag!
Janklaas het gesê op November 5, 2010
Dit vat net ‘n bietjie langer as ‘n versie…
Janklaas het gesê op November 5, 2010
Dis dalk ‘n goeie idee. Maar dis nie juis prosa nie, dis sommer ‘n ge’waffle’…
Janklaas het gesê op November 5, 2010
Julle is te kwaai. En te liggelowig! 🙂
Janklaas het gesê op November 5, 2010
Die vervanging pas baie goed in as ‘n mens wil sê Tiger is die grootste ‘gholf’er.
En ek soek nog daai self in die skrywery…
Berwick het gesê op November 5, 2010
Hande aan ‘n boek waag?
Dis great!
rosiemetdorings het gesê op November 5, 2010
Hier is baie geduld….wag gretig om te sien wat kom
duplessislindy het gesê op November 5, 2010
Sterkte!!
shlwanjan het gesê op November 6, 2010
Sterkte {-;
Ek het die oefening na omtrent 200 woorde laat vaar…
Janklaas het gesê op November 7, 2010
Ja wel, niks briljant nie, sommer net ‘n storie…
Janklaas het gesê op November 7, 2010
Dit hou nog!
Janklaas het gesê op November 7, 2010
Dankie Emmie! Ek het dit nodig.
Janklaas het gesê op November 7, 2010
Ek hou! 6000.
MEleroux het gesê op November 7, 2010
Nou sterkte – keep us updated en laat weet darem wanneer ons die boekrakke moet begin bestorm!
Janklaas het gesê op November 8, 2010
He he… Die kanse dat dit as toiletpapier op P&P se rakke gaan verskyn is groter…
Baiename het gesê op November 15, 2010
Sterkte! Ek beny jou, dis ‘n droom van my ook :-))
Janklaas het gesê op November 15, 2010
Dankie Annie! Maar my jas draai vas, lyk my my storie gaan opraak by 25000 woorde! Sal moet begin gorrel en die natuur beskryf…
Baiename het gesê op November 15, 2010
Slim.. . . . .dan maak jy die natuur jou sentrale karakter, lol
zephur het gesê op November 17, 2010
Jan die skrywer…jip dis mos reg
Janklaas het gesê op November 17, 2010
Dit klink so cool!
pinkpolkadot het gesê op November 21, 2010
…sjoe, Janklaas…waar is jy?
Janklaas het gesê op November 22, 2010
O Griet, ek skryf ‘n sprokie!