Johnny Cash

Oktober 31, 2010 in Sonder kategorie

My dowe vingers volg

die kwastekrul handerus

van die ou rystoel.

My blinde ore spoor

die soet gekraak

van ou-ou hout op hout.

My skille-oë sien

jou krom kyk leeg,

jou glimlag skeef

en uitgeleef.

18 antwoorde op Johnny Cash

  1. Sjoe,daar is soveel deernis in hierdie woorde…

  2. Mag ek asseblief tog nooit so oud word nie!
    Pragtige woorde.

  3. Oudword is nie vir sissies nie..

  4. TS het gesê op Oktober 31, 2010

    Mooi die … dankie

  5. lisabeth het gesê op Oktober 31, 2010

    Mooi gese…kan dit sien.

  6. Berwick het gesê op Oktober 31, 2010

    🙂

  7. Janklaas het gesê op Oktober 31, 2010

    Dit was ‘n tv-program wat my op ‘n Saterdagaand so gegooi het.

  8. Janklaas het gesê op Oktober 31, 2010

    Ai Lou, ek voel ook soos jy. Maar dan wil ek nie hê my dierbare vrou moet ooit eensaam wees nie.

  9. Janklaas het gesê op Oktober 31, 2010

    Daai is baie, baie waar.

  10. Janklaas het gesê op Oktober 31, 2010

    Baie dankie, Tina.

  11. Janklaas het gesê op Oktober 31, 2010

    Dis baie gaaf, Lisa.

  12. Janklaas het gesê op Oktober 31, 2010

    Baie dankie, Stilekke!

  13. Janklaas het gesê op Oktober 31, 2010

    Is nogal hartseer, né. Dit kom van laataand-tik.

  14. Janklaas het gesê op Oktober 31, 2010

    Hallo daar, Berwick!

  15. Dis so hartseer dat mens se lewe so ‘n afdraande pad moet loop.

  16. Janklaas het gesê op November 1, 2010

    Is so. Ou Johnny het darem ‘n hoopvolle (en aangrypende) laaste cd gemaak.

  17. Janklaas het gesê op November 5, 2010

    🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.