Sprekers en newels

Oktober 27, 2010 in Sonder kategorie

Konferensies is my muse. Lyk my die eentonige gedreun vanaf die podium werk as ‘n soort kunsmis vir die aanmekaargroei van vreemde, ongekoppelde gedagtes in my benewelde brein. Die feit dat ek nou en dan moet opstaan om die volgende spreker voor te stel, verskaf net genoeg suurstof om hierdie gedagtes te laat blom.

In Texas is daar ‘n museum (genuine, die keer) wat ‘n punt daarvan maak om te probeer illustreer dat mense tegelykertyd saam met die dinosourusse op die aarde gedwaal het. Dit het my toe aan die wonder gesit hoe dit moes gevoel het vir die gewone man op, um, straat.

Ek sien ‘n reuse pterodaktiel oorvlieg met Herman in sy kake. Ek kan sien dat Herman hiermee nie baie beïndruk is nie. Hou seker nie van hoogtes nie. Toemaar Herman, hadedas ook nie. Dis hoekom hulle so skree.

Ek sien tirannosourusse. Jou tipiese boelies, die soort wat nie by rooi ligte stop nie. Soos blou bulle. En ek sien Gerda waar sy vies ‘n assegaai in tirannosourus se boud steek-steek terwyl die gedierte afgetrokke aan haar maat se wensbeentjie sit en knibbel.

Ek sien jong juppies oor die vlaktes huppel op die nuutste evolusieweergawe van getemde dikinodonte. Die skurwe vel knaag-knaag aan hulle binneboude en maak hulle nog meer veglustig.

Ennieway. Volgende spreker. Verskoon my, asseblief.

47 antwoorde op Sprekers en newels

  1. TS het gesê op Oktober 27, 2010

    Dink jy was nogal ‘n stoute outjie toe jy nof ‘n kinders was!

  2. Berwick het gesê op Oktober 27, 2010

    Verskoon.

  3. O genade, nou jy het jy weer ‘n slapende hond loop wakker skud 🙁

  4. FOXY1975 het gesê op Oktober 27, 2010

    Dankie.. ten minste gee jy vir my rede om darem genuine te glimlag vandag!x

  5. UNPOCO het gesê op Oktober 27, 2010

    Was dit nie deel van die Steentydperk nie? (LOL) Het jy al gewonder wat hulle die tydperk waarin ons nou lewe gaan noem ‘n paar dekades vorentoe?

  6. Ha,ha genuine die keer! Die inligting klink darem nader aan die ware Jakob…

  7. Janklaas het gesê op Oktober 27, 2010

    Dankie, Berwick!

  8. Janklaas het gesê op Oktober 27, 2010

    Nou klink jy ‘n bietjie soos my eerste meisie.

  9. Janklaas het gesê op Oktober 27, 2010

    Ja, die huidige spreker lyk nogal soos ‘n bulldog.

  10. Janklaas het gesê op Oktober 27, 2010

    Arme bleddie Gerda…

  11. Janklaas het gesê op Oktober 27, 2010

    Steuntydperk?

  12. Janklaas het gesê op Oktober 27, 2010

    Hallo Ghaap!

  13. Janklaas het gesê op Oktober 27, 2010

    Herman sulfaat

  14. Janklaas het gesê op Oktober 27, 2010

    Ai. Ek sal weer moet gaan probeer!

  15. zephur het gesê op Oktober 27, 2010

    Ons sou hoog op die menu gewees het by die Dino braai…

  16. UNPOCO het gesê op Oktober 27, 2010

    Kom nou, kom ons wees nou ernstig… wat dink jy? Iets soos “Age of Destruction?” Het ek dit nou reg gespel?

  17. Janklaas het gesê op Oktober 27, 2010

    Sjit, kan jy jou die berge biltong voorstel?

  18. Janklaas het gesê op Oktober 27, 2010

    Oeee, Alizee…

    Praat van lyfie swaai! Verskoon my nou eers weer so ‘n rukkie.

  19. retha3 het gesê op Oktober 27, 2010

    Briljant!

  20. Janklaas het gesê op Oktober 27, 2010

    Age of disillusionment?

    Klink soos die naam vir ‘n boek!

  21. Janklaas het gesê op Oktober 27, 2010

    Hallo Retha! Jy’y my nou skoon laat wakkerskrik!

  22. Janklaas het gesê op Oktober 27, 2010

    Hoedehel moet ek weet? Ek’s halfpad seniel toe…

  23. Janklaas het gesê op Oktober 27, 2010

    …En jy maak verniet of jy net ‘n grappie gemaak het… 🙂

  24. ….of koeie!

  25. Tina, daar is nie hoop vir hom nie!

  26. In Texas is alles groter as elders, wil dus nie graag hulle dino’s beleef nie

  27. MEleroux het gesê op Oktober 27, 2010

    Voel vir my daai storie oor die Oos-Kaap kan ek makliker glo as die een wat wil bewys die men het saam met Dinosaurusse op aarde gelewe…..

  28. Janklaas het gesê op Oktober 27, 2010

    Janee, dis ‘n blitsige sonskerm daai.

  29. Janklaas het gesê op Oktober 27, 2010

    Ek is met jou daar!

  30. Janklaas het gesê op Oktober 27, 2010

    Janee. En daar sou hulle seker rodeo gery het op die goed.

  31. Janklaas het gesê op Oktober 27, 2010

    Is so. Daar is nog die heel dag more wat ek kan dagdroom.

  32. Konverensies en kursusse laat sekere mense weird goed dink!
    (Dankie tog vir die volgende spreker, anders het jou verbeelding verder op loop gesit : )

    Modderkoekie laat my aan die een dink:

    A little bird came flying by
    And dropped a parcel from the sky.
    Oh, said the farmer wiping his eye
    What a good thing cows don’t fly.

  33. Janklaas het gesê op Oktober 28, 2010

    Oulik!

    ‘n Mens kry natuurlik die wimpelvlerk-frieskoei…

  34. Druktyd het gesê op Oktober 28, 2010

    Konferensies is my muse ook! So bly nog iemand voel ook so. So mooi geskryf!

  35. Trakie het gesê op Oktober 28, 2010

    Ja toe, gaan doen jou werk.
    *sadistiese laggie*

  36. Janklaas het gesê op Oktober 28, 2010

    Ek dink die ding lewer melkskommel.

  37. Janklaas het gesê op Oktober 28, 2010

    Soveel mense met so baie om te sê en so min wat luister…

  38. Janklaas het gesê op Oktober 28, 2010

    Kwaai vrou… Jy kan nou ophou vies wees! 🙂

  39. Trakie het gesê op Oktober 28, 2010

    Ek’s g’n kwaai nie, ek’s sadisties!

  40. LOL….baie snaaks!! Geniet dit, Janklaas!

  41. “En ek denk, my baas….” Ja-nee, yuppies sal jy seker in elke tydsone aantref.

  42. Janklaas het gesê op Oktober 28, 2010

    Dis dan orraait. Heelwat beter.

  43. Janklaas het gesê op Oktober 28, 2010

    Hm. Dankie, Pinkie!

  44. Janklaas het gesê op Oktober 28, 2010

    Soos die armes. Altyd met ons.

  45. Janklaas het gesê op Oktober 29, 2010

    Met ‘n ou pikante sousie…

  46. bloukaap het gesê op Oktober 29, 2010

    ek wonder vir 20jr reeds hoekom konferensies bestaan

  47. Janklaas het gesê op Oktober 31, 2010

    Daar streel ons mekaar en gaan leeg huis toe.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.