Skuldig, Edelagbare
Oktober 25, 2010 in Sonder kategorie
Ek het gedag ek sal teen hierdie tyd al raas kry, maar nou begin ek darem regtig skuldig voel.
Gisteraand het ek hier, met ‘n boek oor soogdiere en voëls, groot binnepret gehad met die konkoksie van nuwe kombinasies van name vir eienaardige, denkbeeldige gediertes en ongediertes. Stel jou voor, ‘n bergkrokodil!
Die storie het tydens ‘n wild-besigtigingsrit begin in ‘n natuurpark hier naby. Ek het die arme gids heeltemal in die war gehad met die onmoontlike voëls en diere wat ek gekomponeer het. Hy het eers gedag ek is ernstig, toe stupid en later het hy my net geïgnoreer.
So begin ek toe met die saamstel van ‘n semi-geloofwaardige storie oor die herkoms van juis sulke diere. Ek het dit in ‘n blog geplaas met, hopelik, ‘n paar leidrade dat ek eintlik besig is om strand te praat.
Met die grootste hoflikheid het julle kom kyk, miskien kopgeskud, dalk eerder verbygehou oor die vermoede van ‘n wanklank of ‘n geurtjie, en sommiges het selfs ‘n versigtige kommentaar geplaas.
Ek het julle lankal gewaarsku om my nie van fatsoenlikheid te verdink nie. Diep onder hierdie waardige uiterlike (!) is daar ‘n fieta wat op die vlaktes van die platlandplotte en in die agtelikste koshuise van ons tersiêre onderwysstelsel geslyp is tot ‘n instrument van misleiding, wangedrag en ondermyning.
Ek sal nie kan science fiction skryf nie – mense gaan my glo!
Dus, hiermee, my innige apologie vir die mense wat in goedertrou my opregtheid aanvaar het en hulle goeie tyd gemors het met die lees van die kronieke van die Suurberge in my vorige blog. Ek verklaar dit hiermee tot onsin, bedrog en leuens.
Maar, vir oulaas, geniet tog ‘n bietjie saam met my die moontlikhede van sulke onwaarskynlike kombinasiediere. En pasop vir die skeurtandmossies.
rosiemetdorings het gesê op Oktober 25, 2010
Ek ken iemand wat weet van skeurtandmossies.
weet jy, ek wou jou beskuldig van twakpraat, toe dag ek dan wys myse intense onkunde!!!!!
Janklaas het gesê op Oktober 26, 2010
Billikheidshalwe het ek darem lank sit en weef aan my storie om dit bra geloofwaardig te laat klink. Daar is regtig min of meer so ‘n plek êrens in die noorde, ek vergeet waar.
retha3 het gesê op Oktober 26, 2010
“…n instrument van misleiding, wangedrag en ondermyning” – dit klink mos nou soos my soort mens – baie talentvol!
Vetelitsoesitis het gesê op Oktober 26, 2010
Dit is sommer n bekvol se gebiegery daai!
Janklaas het gesê op Oktober 26, 2010
🙂 Ek hou sommer klaar van jou!
Janklaas het gesê op Oktober 26, 2010
Tja, ek het eintlik ‘n ou klein ou hartjie…
Doubtingthomas het gesê op Oktober 26, 2010
Ek het ook gewonder….
🙂
life2change het gesê op Oktober 26, 2010
Jy sal vol punte kry vir verbeelding.
Janklaas het gesê op Oktober 26, 2010
Moet op prinse nie vertrou nie…
Janklaas het gesê op Oktober 26, 2010
En zero vir eerlikheid!
Janklaas het gesê op Oktober 26, 2010
Maar dankie vir die vertroue!
Dit was nogal vir ons gesinspret om op pad sulke gedrogte te sit en uitdink. Ek het jou nog nie van die moordkonyn vertel nie!
eiewys-gekkigheid het gesê op Oktober 26, 2010
He,he so jy het so ‘n lekker stoute streep weg!
My seuntjie praat altyd van ‘n ‘krikkedil’ en dan sien ek die prentjie van ‘n krokodil op krikke…
Janklaas het gesê op Oktober 26, 2010
Ja, dis wat met die beroemde langbeenkrokodil gebeur as hy in te vlak damme swem…
eiewys-gekkigheid het gesê op Oktober 26, 2010
Bwhaaaaaaa vlak damme sê jy….gaan hy dan na die ‘bevangedierekliniek’ om krikke te kry?
shlwanjan het gesê op Oktober 26, 2010
{-;
Trakie het gesê op Oktober 26, 2010
Skuldig!! *Hamer tref houtoppervlak lat die splinters so spat.* Voer hom vir die langbeen bergkrokodil!!
Janklaas het gesê op Oktober 26, 2010
Hallo daar!
Janklaas het gesê op Oktober 26, 2010
As ek mag, sal ek die blouvin- of rooftarentaal verkies…
Trakie het gesê op Oktober 26, 2010
Jammer, daar’s géén versagtende omstandighede nie!
Janklaas het gesê op Oktober 26, 2010
Ek het vir die regter ‘n saagtand-teddiebeertjie…
Trakie het gesê op Oktober 26, 2010
Ag, oukei dan 🙂
Berwick het gesê op Oktober 26, 2010
:-))
Janklaas het gesê op Oktober 26, 2010
Hei, Berwick…
pinkpolkadot het gesê op Oktober 28, 2010
…ag nee…skuldig is jy!! …baie skuldig!
Janklaas het gesê op Oktober 28, 2010
Sjie, kwaai vroue hier…
brokkies het gesê op Oktober 29, 2010
Sit vlerke aan jou verbeelding en vergeet van mense!
Janklaas het gesê op Oktober 31, 2010
🙂 Toe my ma so gemaak het, het hulle gesê sy het Alzheimers…
lisabeth het gesê op Desember 29, 2010
Arme, arme studente…
Janklaas het gesê op Januarie 13, 2011
Dis wat my ma ook gesê het…