NUUS!

Oktober 25, 2010 in Sonder kategorie

Daar is ‘n paar juweel-natuuroorde in die Oos-Kaap wat nie genoeg publisiteit kry nie.

Een so ’n onlangs ontdekte plek was eintlik doelbewus stilgehou om die wonderlike erfenis te beskerm. Onlangs is hierdie plek egter deur die Addo-reservaat oorgeneem en besoekers kan nou daarheen gaan.

Die plek is in die Suurberge, noord van Port Elizabeth. Dis eintlik ’n fratsomgewing wat op ’n unieke manier bewaar gebly het.

Dit werk so: na die tyd waarin die dinosourusse uitgewis is, was Suid-Afrika min of meer nog steeds bedek met ’n laag lawa, wat algaande wegverweer het totdat sowat net die Lesotho-hooglande en die basalt van die Drakensberge oorgebly het.

In daardie tyd het gas-en lawauitbarstings op hierdie plek in die Oos-Kaap van onder ’n tregtervormige gat deur die lawalaag gestamp. Mettertyd het daar in hierdie gat sedimente gevorm van die moerasse bo-op die laag, en so het hierdie unieke fossielrekords gevorm en behoue gebly. Ek moet noem dat daar regoor Suid-Afrika bitter min fossielrekords van hierdie era oorgebly het – daar is nog een in die Noordkaap, dink ek, wat toevallig ook op dieselfde wyse gevorm het.

Die plaaslike oord op die oomblik ’n klein lushof, waar argeologiese uitgrawings baie versigtig gedoen moet word om nie die omgewing te versteur nie. Maar tog is daar reeds ongelooflike vondse gemaak! Heelwat daarvan is al in die joernaal Nature beskryf, maar vreemd min van hierdie opspraakwekkende nuus het die plaaslike pers bereik.

So ’n lusmakertjie: Hier is gevind die bergkrokodil met sy vreemd lang bene, die skaars langnekrenoster, die kuifkopolifant, die wit grotkoedoe met sy kort kurktrekkerhorings, die satoe-bobbejaan, die moordpoedel en die langbeendassie.

Eienaardige voëls wat gevind is, is die brultarentaal, die breëkopkanarie, die sabeltandooievaar, die slanghalsuil en die skeurtandmossie. En, uit die moeraswater was daar die singende paling, die boomseekat en die bakoorhaai.

In stukkies verharde boomgom is daar ook bewyse gevind van die witliesmot, die kommetjiesgatmuskiet en die taai gomwurm.

In kort, ’n skatkis wat die plaaslike universiteite nog jarrre gaan besig hou.

39 antwoorde op NUUS!

  1. Jy sal die een wees wat daarvan weet. moet ons kom kyk?

  2. Janklaas het gesê op Oktober 25, 2010

    Julle is almal uitgenooi.

  3. Janklaas het gesê op Oktober 25, 2010

    Nie regtig nie. ‘n Bietjie broos.

  4. Janklaas het gesê op Oktober 25, 2010

    Reg so. Wees net versigtig…:-)

  5. Janklaas het gesê op Oktober 25, 2010

    terloops, die satoe-bobbejaan het blykbaar die gewoonte gehad om ander se bene te trek.

  6. Janklaas het gesê op Oktober 25, 2010

    Is dit waar dat ‘n mens dit nou met ‘n gewone kar kan ry? Dan kan ek ook gaan.

  7. TS het gesê op Oktober 25, 2010

    Sulke goed vergeet mens nooit… dis sleg so in die eksamen
    Sterkte

  8. Janklaas het gesê op Oktober 25, 2010

    Ja, ek hoop die arme mense kan studeer.

  9. Trakie het gesê op Oktober 25, 2010

    Pure woordjuwele daardie lusmakertjie 😉

  10. FOXY1975 het gesê op Oktober 25, 2010

    Klink na die tipe plek waar my seun verlore sal raak! x

  11. Kan jy glo, ons het 5 jaar in die Oos Kaap gebly, en so min plekke gesien daar, omdat daar nooit tyd en geld was om rond te ry nie, moes net heeltyd werk om aan die lewe te bly. Ek was nog nooit eers by Hogs Back of die Addo Olifant park nie, wat ‘n skande. Maar ek sal nog opmaak daarvoor, dankie vir die inligting.

  12. Soveel wonders op ons drumpel en dan reis mense ligjare ver om daarna te gaan soek.

  13. Janklaas het gesê op Oktober 25, 2010

    Jy’t ‘n punt beet daar, Kelly!

  14. Janklaas het gesê op Oktober 25, 2010

    Hy sal, definitief!

  15. Janklaas het gesê op Oktober 25, 2010

    Ja, dis van ons ou Afrikaanse name afgelei.

  16. Janklaas het gesê op Oktober 25, 2010

    🙂 Hallo, Hans. Dankie vir die inloer!

  17. Janklaas het gesê op Oktober 25, 2010

    Ek het nou wel in hierdie storie gelieg, maar daar is werklik wonderlike plekke hier.

  18. Janklaas het gesê op Oktober 25, 2010

    🙂 Skuus, Nika. Hierdie was sommer ‘n nonsensstorie!

  19. *moordpoedel* Jimmel ek het nou lekker gelag vir al jou diere name…singende paling, Bwhaaaaaaa!Boomseekat…fok ek skud van die lag…bakoorhaai…….oh vader ek gaan nou van my stoel af neuk! ‘n Witliesmot, fokken goeie oë om dit te sien….kan ek dit maar druk dit is super snaaks!

  20. Janklaas het gesê op Oktober 26, 2010

    Aaah, uiteindelik – erkenning! (bloos)

  21. Ha,ha skaam jou dan waarsku jy nog vir Annemari om versigtig te wees!

  22. LMGA! Dankie vir hierdie ek het lank laas so lekker gegiggel!

  23. Janklaas het gesê op Oktober 26, 2010

    Sy kan met reg vies wees vir my.

  24. Ek vee trane af…

    Janklaas check daai breëkopkanarie hy gaan ‘n witliesmot vang om te eet, oh hel passop daar is boomseekat hy gryp die breëkopkanarie want hy is eintlik ‘n karnivoor…en dan vererg die kuifkopolifant homself die gedoente en stamp met sy kuif die boomseekat uit die boom uit… duidelik het jy my verbeelding geprikkel!

  25. Janklaas het gesê op Oktober 26, 2010

    Ek is seker bietjie vlak, maar daai kombinasies is vir my skreeusnaaks.

    Ek het ook op ‘n stadium gespeel met “dikbekafrikaner”, “kuifkopxhosa”, “pylstertzoeloe”, maar weet nie of dit so polities korrek is nie…

  26. Dis hilarious ek sweer! Jy kon maar daai name in ‘n ‘geloofwaardige’ storie gebruik het niemand sou die verskil geken het nie, hulle sou dink hulle het ‘n nuwe deel van die oer oue geskiedenis ontdek en by die uwe Janklaas raak gelees, dan het almal beslis slimmer en wyser gevoel! Maar dink nou net as jy met ‘n geleerde praat en jy wil nou slim klink en jy uiter die woord kuifkopxhosa en hoe die geleef het en die arme geleerde se gesig trek so in ‘n plooi dat hy naderhand heeltemal konfoes is…LOL! OF My groot,groot, groot oupa is deur ‘n pylstertzoeloe aangeval in die tyd van die dinasorusse…nee wag ek moet seker ophou.

  27. zephur het gesê op Oktober 26, 2010

    Malema is gebring deur die sabeltandooievaar

  28. zephur het gesê op Oktober 26, 2010

    Ek het so bietjie verkeerd gelees en moes weer lees…

    Moordpoedel het in my brein geregistreer as Moordpoephol…jis ek moet mooi lees

  29. Janklaas het gesê op Oktober 26, 2010

    Sjies, dan is hy seker besny!

  30. Janklaas het gesê op Oktober 26, 2010

    Moordpoephol – dis mos wat ‘n by eintlik is, nie waar nie?

  31. zephur het gesê op Oktober 26, 2010

    So daar is ‘n nuwe naam vir die lys…

    ‘n Swerm moordpoepholbye maak nes in die Broekombome.

  32. Janklaas het gesê op Oktober 26, 2010

    …of in die waaiersterthaai-tenk in Durban…

  33. FOXY1975 het gesê op Oktober 26, 2010

    Mmm, na ek jou volgende pos nou gelees het.. besef ek hy sal wegraak en ek sal hom seker nooit weer kry ook nie want een van jou gediertes sou hom vir ‘n snack gevang het!

    Sien, ek is maar ‘n goed gelowige siel wat maar alte maklik met ‘n plank geslaan word! 😀

  34. Janklaas het gesê op Oktober 26, 2010

    Glo my, dis eintlik ‘n wonderlike, dierbare eienskap.

    En gelukkig is jou seun gespaar van die moordpoedel.

  35. ….LOL, uitstekend!

  36. Janklaas het gesê op Oktober 28, 2010

    Ek is bly jy het dit ook geniet. Dit was groot pret.

  37. Na ek op Dog Whisperer gesien het hoe ‘n chiou wa wa (?) ‘n pitboel domineer is jou poedel dalk nie so vergesog nie…

  38. Dit moet ek sien!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.