‘n Ouer ouer

Oktober 23, 2010 in Sonder kategorie

Dis iets wat ‘n pa en ma vinnig grys laat word – daardie oproep twee-uur in die nag van ‘n huilende kind met groot moeilikheid.

Van ‘n dogter wat bel uit ‘n hospitaal uit die verre Stellenbosch. Van ‘n jong grootmens wat skielik met ‘n stukkie onaangename wêreldwerklikheid kennisgemaak het.

Haar klere is vol bloed. Haar metgesel is met ‘n stukkende bottel in die nek en in die gesig gesteek.

Met die terugkeer vanaf ‘n funksie het hulle vinnig langs die pad stilgehou, om seker te maak of sy wel haar selfoon by haar het. Die bestuurder se deur word van buite oopgeruk. Sy spring uit om haar gaspistool in haar handsak te soek. Die beseerde bestuurder kry dit reg om weg te trek, sy kon terugspring in die voertuig.

Bloeiend jaag hy deur kliniek toe, en daar sy help hom tot by die ontvangslokaal. Hy word weggeneem en sy sit alleen. Vandaar die oproep.

Wawyd wakker. Wat kan jy doen?

Baie, as it turns out. Bel ousus, ook in Stellenbosch, wakker en sy en haar metgesel kon gaan troos. Vriend se ouers in Bellville het ook spoedig opgedaag.

Sy kon darem die res van die nag by ousus bly.

Vandag nugterheid: polisieverklarings, begin om verlore dokumente te laat vervang (dit het seker langs die pad uitgeval). En dit alles met die eksamen op die drumpel.

Wat moet ons daaruit maak? Kopskuddend kla oor die vlak van misdaad, bitter wraak sweer?

Dit kon enige plek gebeur het. Dit was bloot die verkeerde mense op die verkeerde tyd, op die verkeerde plek. Ek dink mens moet dankbaar wees dat dit so goed afgeloop het, as ‘n mens die alternatiewe oorweeg.

En vrede maak. Anders gaan ‘n mens jouself vergiftig en slegte mense toelaat om ‘n groter rol in jou lewe en jou gemoed te speel as wat hulle durf doen.

Dit het ons ook die les geleer om mekaar meer te waardeer. Ons kon mekaar bystaan en het sommer in die proses nuwe, kosbare mense leer ken.

50 antwoorde op ‘n Ouer ouer

  1. Daar is nooit ‘n “regte” tyd vir so-iets om te gebeur nie, maar dis nou onnodige stress so reg op eksamen se drumpel.
    natuurlik laat so ervaring sy merk

  2. TS het gesê op Oktober 23, 2010

    Enige ouer mag ook maar bang en kwaad wees?

    Jammer dat dit op julle pad gekom het

  3. MEleroux het gesê op Oktober 23, 2010

    Ja, dit is skokkend hoe ‘n mens onverwags uit jou veilige bestaan en rustige lewe geskok kan word deur die misdaad in ons land. Dit kon my kind ook gewees het, hy bevind hom ook op Stellenbosch. Ek en my man het vanoggend gepraat oor hoe onveilig Stellenbosch die afgelope jare geword het en hoe blootgestel ons studente is. Sterkte, ek dink aan julle. Ek dink die ergste is die trauma van wantroue in jou medemens en skynbaar onskuldige situasies wat dit in ‘n mens se gemoed agterlaat.

  4. borrels het gesê op Oktober 23, 2010

    As dit by mens se kinders kom, wil jy (reg of verkeerd) perspektief verloor, want dis jou werk om hulle altyd en teen alles te wil beskerm.
    Maar ai, net genade en gebede is op die ou end genoeg.
    Sterkte, hoop hulle is ok.

  5. Welkom tot die ouer ouergroep.
    Ek het al twee keer so ouer geword.
    Al is dit jare gelede, as die foon in die nag lui, dan skrik ek myself nog 10jr ouer.

    Mens is nerens meer veilig nie!

  6. Ag hel. Sterkte!

  7. Janklaas het gesê op Oktober 23, 2010

    Mens het nie eintlik ‘n keuse nie.

  8. Janklaas het gesê op Oktober 23, 2010

    Is so.

  9. Janklaas het gesê op Oktober 23, 2010

    Dankie, Tina.

  10. Janklaas het gesê op Oktober 23, 2010

    Ja, dis nie regtig so veilig as wat mens dink daar nie. Ons sal ‘n paar dinge moet heroorweeg.

  11. Janklaas het gesê op Oktober 23, 2010

    Dankie, Annemari!

  12. Janklaas het gesê op Oktober 23, 2010

    Dankie, dit klink darem of hulle oukei is vandag.

  13. Janklaas het gesê op Oktober 23, 2010

    Ai. Ai. Twee keer is twee te veel.

  14. Janklaas het gesê op Oktober 23, 2010

    O jy’s reg! Sy ken jou. En sy is mooi. Dankie.

  15. Janklaas het gesê op Oktober 23, 2010

    Baie dankie, Henry.

  16. louisna het gesê op Oktober 23, 2010

    Sterkte Jan. Dit bring wenners nader aanmekaar.

  17. so help ons die aarde betaal…..

  18. lisabeth het gesê op Oktober 23, 2010

    Ek le wawyd wakker omdat daar ‘n boelie is wat met ons seunskinders sukkel. Omdat hy groter en ouer is hulle. Omdat Nommerdrie ook volgende jaar koshuis toe gaan en ek wil keer. En toe lees ek die. En nous ek sommer stil. Jammer Jan Klaas. En dankbaar saam julle. Baie.

  19. Janklaas het gesê op Oktober 24, 2010

    Dankie Ouboet. Dis ‘n mooi gedagte.

  20. Janklaas het gesê op Oktober 24, 2010

    Dankie, Flenters. Tja, dis nogal eie aan ons werklikhede.

  21. Janklaas het gesê op Oktober 24, 2010

    🙂 Ja, sowaar Monica…

  22. Janklaas het gesê op Oktober 24, 2010

    Kyk, boelies is ‘n ding wat ek darem ook nie kan verdra nie.

  23. Sjoe! Jammer om te lees hiervan. Sterkte vir hulle twee, en vir julle wat ondersteuning bied.

  24. Dis enige ouer se nagmerrie. Sterkte!

  25. Jis,dit is verskriklik man,ek is net bly om te hoor dinge het darem relatief “goed” uitgedraai,dit is nes jy sy,kon baie erger gewees het…Daarvoor moet mens seker net dankbaar wees.

    Hoop jy het n rustige Sondag.

  26. retha3 het gesê op Oktober 24, 2010

    Ek dink aan julle! En ek ken daardie koue gevoel om jou hart as die telefoon laat in die nag lui.

  27. louisna het gesê op Oktober 24, 2010

    Wenners gaan le nie, maar staan op

  28. Janklaas het gesê op Oktober 24, 2010

    En staan sterker op.

  29. Janklaas het gesê op Oktober 24, 2010

    Baie dankie, Shlwanjan.

  30. Janklaas het gesê op Oktober 24, 2010

    Dit is so. Dankie, Thomas.

  31. Janklaas het gesê op Oktober 24, 2010

    Janee, mens moenie eers begin dink aan wat alles kon gebeur het nie. Lekker Sondag vir jou ook!

  32. Janklaas het gesê op Oktober 24, 2010

    Ja, dis ellendig, né. Dankie, Retha.

  33. Janklaas het gesê op Oktober 24, 2010

    Baie dankie, Ghaap.

  34. Baie jammer om daarvan te hoor, dit kan enige plek gebeur, bly hulle is veilig, hoop haar vriend is ok met die meswonde. Bly jy sien die positiewe daarvan raak, ons moet mekaar meer waardeer en ondersteun. Sterkte en lekker week.

  35. Soms kom die ruimterommel af aarde toe om ons bestaan te versuur. Ek is self ‘n statistiek, so iets vergeet en verwerk jy nie sommer nie. Maar jy is skielik meer paraat, besef dinge kon erger gewees het. Die vrees gaan nie sommer weg nie. Maar op ‘n manier kom jy wel daar deur. En jy sien weer die sterre raak. Sterkte!

  36. Janklaas het gesê op Oktober 25, 2010

    Ja, hulle is nog maar broos.

    Die universiteit verskaf berading, baie oulik.

  37. Janklaas het gesê op Oktober 25, 2010

    Dis baie waar. ‘n Insident jare terug hier in PE het haar lank nagejaag.

  38. Janklaas het gesê op Oktober 25, 2010

    Baie dankie. Dis ‘n mooi boodskap.

  39. zephur het gesê op Oktober 25, 2010

    Ja dit kon erger gewees het…les te leer…

    Paraat en streetwise moet ons wees

    Sterkte Jan

  40. UNPOCO het gesê op Oktober 25, 2010

    Dis sulke dinge wat ‘n gesin soms weer bietjie nader aan mekaar bring. Sterkte vir julle almal.

  41. Janklaas het gesê op Oktober 25, 2010

    Ja, ons het nogal baie nagedink wat ons kan doen om hulle 100% te beveilig.

  42. Janklaas het gesê op Oktober 25, 2010

    Dis waar, né.

    Groete!

  43. Trakie het gesê op Oktober 25, 2010

    Ag hemel Janklaas! Sien nou eers by Roosdoring wat julle oorgekom het! Ek het ‘n paar jaar gelede eensklaps stokoud geword. En toe weer mettertyd al hoe jonger en jonger. Sterkte vir julle!

  44. FOXY1975 het gesê op Oktober 25, 2010

    Groot wysheid wat jy hier kwytraak…
    Hoop dit gaan beter met haar en haar vriend..

  45. Berwick het gesê op Oktober 25, 2010

    Sterkte, Jan. Jammer om te hoor.

  46. Janklaas het gesê op Oktober 26, 2010

    Ja, lyk my dit het ‘n groot klomp van ons al oorgekom, as mens die kommentare lees.

  47. Janklaas het gesê op Oktober 26, 2010

    Hulle ly nog aan na-skok. Jammer dit moet in die eksamen wees!

  48. Janklaas het gesê op Oktober 26, 2010

    Baie dankie, Berwick.

    Oulike By gewees. Net maer…

  49. FOXY1975 het gesê op Oktober 26, 2010

    Ai jong… hopenlik het hulle deur die jaar hulle deel gedoen sodat hulle darem daarop kan terugval… dis al wat my in matriek gehelp het.. maar jy sal dit nog lees…x

  50. Janklaas het gesê op Oktober 26, 2010

    Is jou vertellinge dan op werklike gebeure gebaseer?

Los ’n antwoord vir retha3. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.