Betreffende brakke

Oktober 21, 2010 in Sonder kategorie

Met honde weet jy nooit.

 

Sommiges is maklik, soos ons goeie Jack Russell, Jonty, wat so ‘n maand terug, oudergewoonte sonder ’n enkele funksionerende breinsel die tydelike met die ewige verwissel het. Hy sit nou daar met ‘n eienaardige klein harpie, waarskynlik baie verwonderd in die een of ander hondehemel en probeer sin maak uit dit alles.

 

Andere is meer kompleks. Ek het al in ’n vorige blog vermeld van die National Geographic se Border Collie wat ’n woordeskat van digby die honderd woorde het. Dis die soort brak wat navorsing doen oor die impak van die Pruisiese Neo-Klassistiese beweging van die 18e eeu op die uitdrukkings van Post-modernisme en intertekstualiteit in die Afrikaanse konseptuele dierepoësie in die era 1995 tot 2002. En, wat saans die Blou Donau blaf oor die straatgrense.

 

’n Mens kry ook die soort straatbrakke met humorsin, wat in een onophoudelike stroom gaste se onderklere in gange rondsleep of die dominee se vrou se hakskeen probeer pomp.

 

Ons eie Border Collie, Jessie, is van die meer digterlike aard. Jy kan dit sien uit die manier waarop sy ons nadenkend lê en betrag, vol eksistensiële angst, terwyl donker metafore, sonnette en haikoes in haar kop ronddans. Ek vermoed sy sien ’n bietjie neer op ons, en sy dra waarskynlik nog ’n wrok dat ons haar verplig het om so baie tyd saam met ’n intellektuele ploert soos Jonty deur te moes bring.

 

Die punt is, behalwe vir Jack Russells, glo ek vas ek honde verstaan baie meer as wat ons dink. En, as jy dit nie wil erken nie, vra jouself af of jy bereid sal wees om voor jou hond te vry. Sal jy?

 

Hierdie werklikheid is weer ’n bietjie by my tuisgebring deur ’n storie wat ’n gas by ons gisteraand vertel het.

 

Die outannie het haar been gebreek, en sy was so min of meer van die kleintoontjie tot by die duisterder noordpool in gips.

 

Toe sy by die gaste kuier en ’n draai wou loop, kom sy agter die toilet se deur wil nie toemaak om haar uitgestrekte, gegipste been nie.

 

Kan ’n mens haar dan kwalik neem daar waar sy sit, as sy vir die gesinsbrak, wat haar verwonderd sit en dophou het, “Fokof, fokof!” toegesnou het?

37 antwoorde op Betreffende brakke

  1. haha natuurlik is jy alweer reg….
    Maya het in die nag bo-op my kom spring en die kombers begin aftrek toe George infeksie gekry het.

  2. vuurklip het gesê op Oktober 21, 2010

    Jy gesels nou die hond in ‘n (ou tannie se) bos in – met permissie.

  3. Druktyd het gesê op Oktober 21, 2010

    Dankie, ek het hierdie skrywe vreeslik geniet! Ek dink ook hulle verstaan meer as wat ons dink en stem saam met Maankind. Katte is nog slimmer

  4. Janklaas het gesê op Oktober 21, 2010

    Sy lees skelm jou boeke oor fynbos.

  5. Janklaas het gesê op Oktober 21, 2010

    Hehe. Ja, seker!

  6. Janklaas het gesê op Oktober 21, 2010

    True. Feite.

  7. Janklaas het gesê op Oktober 21, 2010

    Katte laat my dink aan ‘n slim minderheids-sektor van ons bevolking, wat nie golwe maak nie maar dit eerder ry as dit verbykom. En goeie geld maak daaruit!

  8. Janklaas het gesê op Oktober 21, 2010

    Dankie, Stilekke.

  9. Janklaas het gesê op Oktober 21, 2010

    Sjoe. Klink soos die VVO.

  10. UNPOCO het gesê op Oktober 21, 2010

    Lol! Selfs met party mense weet jy ook nooit nie.

  11. Janklaas het gesê op Oktober 21, 2010

    True, maar hulle sit darem nie vir jou en loer as dit saakmaak nie…

  12. Aangaande die feite wat jy hierbo noem: die onderklere liefhebber mag wel nie pampiere hê om dit te bewys nie, maar hy’s pedigree.

  13. Janklaas het gesê op Oktober 21, 2010

    Hy lieg vir julle. Hy’s ‘n pedifiel.

  14. Trakie het gesê op Oktober 21, 2010

    Jonty? Die einste Jack Russeltjie oor wie jy nouriedag ‘n vooruitskatting gemaak het?? Ag shame!!

  15. bloukaap het gesê op Oktober 21, 2010

    hehehehe ….sal jy? vra jy ……..

  16. Janklaas het gesê op Oktober 21, 2010

    ‘n Closet pedifiel.

  17. Janklaas het gesê op Oktober 21, 2010

    Dankie Woernie!

  18. Janklaas het gesê op Oktober 21, 2010

    En hy oor julle!

  19. Janklaas het gesê op Oktober 21, 2010

    Aai, jy onthou hom! Ja, dit was nogal ‘n tranedal. Selfs ek was nie my ou, sonnige selwers nie.

  20. Janklaas het gesê op Oktober 21, 2010

    Oukei, jy’s dapperder as ander…

  21. lisabeth het gesê op Oktober 21, 2010

    🙂

  22. Berwick het gesê op Oktober 21, 2010

    Puik!
    Nee, ek sou nie.

  23. Maak die tannie haar naam krater! Nee, mens kan haar nie kwalik neem nie. Baie mense hou nie daarvan om voor hulle diere te bad of te toilet of te vry nie. Ek, aan die anderkant, gee nie om nie. Mag jy ‘n betowerende naweek hê!

  24. Janklaas het gesê op Oktober 22, 2010

    Dagsê, Flenters.

  25. Janklaas het gesê op Oktober 22, 2010

    Hallo Lisa!

  26. Janklaas het gesê op Oktober 22, 2010

    Dan verstaan jy die hart van ‘n hond.

  27. Janklaas het gesê op Oktober 22, 2010

    Is seker reg – hulle maaind tog nie om voor my te vry nie!

    Geniet jou naweek ook, Nika.

  28. Eerstens, jy ken honde..
    Tweedens, Snaaks man, Baie snaaks!
    Well done!

  29. Janklaas het gesê op Oktober 22, 2010

    Baie dankie daar!

    Jy moet lekker slaap.

  30. zephur het gesê op Oktober 22, 2010

    Ja want dink net al die skinder stories wat daai gesinsbrak kan vertel vir al die buurt se brakke…woef

  31. Berwick het gesê op Oktober 22, 2010

    Ons honde lees net Trompie-boeke.

  32. Puik!

  33. Janklaas het gesê op Oktober 22, 2010

    Dis nou maar wors.

    O ja, ek wou nog oor wors ook blog…

  34. Janklaas het gesê op Oktober 22, 2010

    Dis dan dalk maar goed ou Jonty was so stjoepid.

  35. Janklaas het gesê op Oktober 22, 2010

    Dankie, DsP!

  36. MEleroux het gesê op Oktober 23, 2010

    Belis nie, ek het meermale vir my reggemaakte reun toe hy nog in die lewe was, gesê ek is besig met vroumens goeters, hy moet skededdel.

  37. Janklaas het gesê op Oktober 23, 2010

    Ja, dit help nie om hulle futiele hond-se-gedagtes te laat kry nie…

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.