Oor mans
Oktober 20, 2010 in Sonder kategorie
Ou Gert was bra geneig om in die kerkdiens aan die slaap te raak.
Toe hy tuiskom, vra sy moedswillige neef: “En toe, waaroor het die preek gegaan?”
Sê Gert: “Oor sonde.”
Neef: “Nou wat van sonde?”
Gert: “Klink my dominee is daarteen.”
Ligweg so is hierdie video – een van my ou gunstelinge uit die tagtigs. Gianni Nannini sing oor mans, I Maschi, en hoe hulle verhoudings benader. En klink my sy’s daarteen.
Ek is mal oor die passie waarmee sy sing. Kyk hier by so twee-derdes rond, as sy klaar snaakse dinge met haar ghitaar gedoen het, hoe skakel sy oor na ‘n ander rat en gooi haar lyfie daarin.
louisna het gesê op Oktober 20, 2010
Jan, wat sou die wereld wees sonder mans soos ek en jy?
louisna het gesê op Oktober 20, 2010
Thanks murphy. Jy is ‘n girl met insig en gelukkig sonder enige hinderlike voorbehoude. Jy verdien sommer nog ‘n tweeling.
Janklaas het gesê op Oktober 20, 2010
Sonder my sou die lewe seker nie vir my so snaaks gewees het nie.
En dankie, Murph. Ek stem saam met Ouboet se opinie van jou, maar ek deel Stilekke se voorbehoude! (amper sê ek voorboude)
TS het gesê op Oktober 20, 2010
Ag nee ek verstaan nie woord wat die poppie sing… ek stem saam met die ander se kommentaar … ‘n lewe net vroumense is ondenkbaar.
Berwick het gesê op Oktober 20, 2010
Dagsê!
louisna het gesê op Oktober 20, 2010
OK, sorry
louisna het gesê op Oktober 20, 2010
Thanks Jan.Ek stem
Doubtingthomas het gesê op Oktober 20, 2010
🙂
monicahaddad het gesê op Oktober 20, 2010
ek wou net vinnig luister en toe kon ek nie ophou nie, sy sal enige staat bloedloos kan annekseer..;-)
pinkpolkadot het gesê op Oktober 20, 2010
Pragtige hees stem!!
Janklaas het gesê op Oktober 20, 2010
Amper vat ek jou aan – ek dag jy skryf “met” vroumense!
Janklaas het gesê op Oktober 20, 2010
Dagsê Berwick. Dankie virrie inloer.
Janklaas het gesê op Oktober 20, 2010
Hallo Thomas!
Janklaas het gesê op Oktober 20, 2010
Ek is mal oor sulke skor stemme. Laura Brannigan, en wie’t Lost in France gesing?
Janklaas het gesê op Oktober 20, 2010
Mooi, ne. En woelig!
Trakie het gesê op Oktober 21, 2010
Bonny Tyler.
Trakie het gesê op Oktober 21, 2010
Ek stem volmondig saam met elke woord wat sy daar sing 😉
Janklaas het gesê op Oktober 21, 2010
Dis hom! uhm, haar…
Janklaas het gesê op Oktober 21, 2010
En dan doen sy dit nog met oorgawe.