Die myners in Chili

Oktober 13, 2010 in Sonder kategorie

Laasnag het ek vergeefs televisie sit en kyk totdat die eerste mossie sy beentjie gerek het en lui-lui ‘n windjie gelos het, hopende om te sien hoe hulle die myners een vir een uit die Chileense grond pluk. En, die oomblik toe ek my moeë en gefrustreerde hoof gaan neerlê, ruk hulle die spul natuurlik uit soos slap ertappels.

Vanoggend kon ek darem die kykweers sien, en selfs toekyk hoe nommer vyf sy gesig wys. Dis ongelooflike kykstof, menslike drama op sy beste. Ek wens ek kon die maanlanding so sien gebeur!

Ek hoor toe by ‘n kollega dat hulle die storie op RSG bespreek het een middag. Een liewe tannetjie sê dat hulle vir die klomp musiek moes speel om hulle gemoedere te sus – seker Vivaldi e.a.d.k. (en al daai …).

Toe kom ‘n jafel en reken iemand behoort vir die myners Kurt Darren se musiek te speel.

“Kurt Darren?” sê die omroeper.

“Ja. Dan sal jy sien hoe begin hulle hulleself uit daai gat uitgrawe…”

25 antwoorde op Die myners in Chili

  1. Kurt sal my ook aan’t grou kry.
    wonder hou gaan ‘last man out’ voel so op sy eie

  2. hihihi!
    Ons kyk/luister ook angstig.

  3. TS het gesê op Oktober 13, 2010

    hehehe… die grappies gaan seker nou wyd loop … moet sê ek sou ook al met of sonder musiek begin grawe het

  4. Jy is nie bang hulle beginne TERUG grawe nie???

  5. Janklaas het gesê op Oktober 13, 2010

    Ag, so ‘n bietjie ‘decarb’ is gesond…

  6. Janklaas het gesê op Oktober 13, 2010

    Sjym, eintlik hou ek nogal van hom. Sulke lekker hupse dansmusiek.

  7. Janklaas het gesê op Oktober 13, 2010

    Ja, hier is maar min bronne op die net wat lopende kommentaar gee. Gaan nou weer by die huis sit en kyk.

  8. Janklaas het gesê op Oktober 13, 2010

    🙂 Hallo, Charlene.

  9. Janklaas het gesê op Oktober 13, 2010

    Janee, vir seker.

  10. Janklaas het gesê op Oktober 13, 2010

    🙂 Asof die hel ‘n beter opsie is!

  11. Janklaas het gesê op Oktober 13, 2010

    Janee. Twee maande is rof.

  12. Janklaas het gesê op Oktober 13, 2010

    Ek vermoed ons gaan hierdie beelde nog tot vervelens toe oor en oor sien.

  13. Berwick het gesê op Oktober 13, 2010

    Mynkaptein span die seile!

  14. Trakie het gesê op Oktober 13, 2010

    Sies vir jou om hulle so lank in spanning te lat wag voor jy gat slaap. Hulle kon al almal uitgewees het!

  15. Janklaas het gesê op Oktober 13, 2010

    He he. Dalk is daar moontlikhede vir ‘n nuwe song!

  16. Janklaas het gesê op Oktober 13, 2010

    Ek het nogal meewarig geglimlag toe jy fade, min wetende jy weet wat jy doen!

  17. Janklaas het gesê op Oktober 13, 2010

    Hallo Flenters!

  18. Janklaas het gesê op Oktober 13, 2010

    🙂 Ekskuus!

    Lyk my op die ou end het die ligte hulle aangetrek…

  19. Zeelia het gesê op Oktober 14, 2010

    You snooze you loose LOL

  20. Janklaas het gesê op Oktober 14, 2010

    Sowaar! Hier is dit bewys!

  21. Janklaas het gesê op Oktober 14, 2010

    🙂

    Arme Kurt.

  22. Maghitta het gesê op Oktober 15, 2010

    glo my ek sal ook begin grawe het
    lekker naweek

  23. Janklaas het gesê op Oktober 15, 2010

    Lekker naweek, Maghitta. Moenie wegwaai nie.

  24. LOL!!!

  25. Janklaas het gesê op Oktober 20, 2010

    Hallo daar!

Los ’n antwoord vir Janklaas. Kanselleer antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.