In die skadu van OR Tambo (die lughawe)

Augustus 19, 2010 in Sonder kategorie

Net nog ‘n kortkursus het skielik ontaard in een van die prettigste leersituasies van my loopbaan!

Drie-en-twintig mense, in ‘n te klein lokaaltjie ingewurg, is dalk ‘n broeikas vir onheil.

Dis ‘n skerp groepie wat nie skroom om saam te speel en stywe vrae te vra nie. Soms kan ek amper gaan sit en die spel net dophou.

Wat dit eintlik spesiaal maak, is die groot klomp grapmakers in die groep. Ek het vanaand effens hoofpyn van die lag – dalk het ek êrens ‘n streppie gesnep.

Van die vertellinge:

Pietman was op die grens, maar op pad kroeg toe het hy ‘n taamlike ernstige sny in sy been gekry. Binne is daar nie ‘n tekort aan hulpvaardige kitsartse wat die wond wil help toewerk nie, sommer met naald en gare (bruin army-issue). Die volgende dag word Pietman met ‘n seer been wakker. Die wond is nog oop, maar langs die hele lengte van waar die bloed oor sy been afgeloop het, is daar ‘n kruissteek.

Ander een. Recce val uit die vliegtuig uit, valskerm wil nie oopgaan nie. Recce spartel en spook en kry uiteindelik die valskerm oop. Val egter op ‘n huis se dak. Breek toe sy arm in ‘n poging om van die dak af te klim.

Laaste een: Ratel-troepedraer hou per ongeluk stil op lêende troep se been. Groot paniek. Sersant besluit om die troep uit te slaan vir kitsverdowing, terwyl hulle sy been afsit. Toe Ratel weggesleep word, sien hulle troep se been het in die sagte sand ingetrap en makeer niks. Troep moet egter behandel word vir ‘n gebreekte kakebeen.

Sien skoon uit na more.

12 antwoorde op In die skadu van OR Tambo (die lughawe)

  1. Dit klink belowend…..

  2. Ek is gek oor hierdie stories Jan Klaas – lewe is ironie!

  3. Janee, is so.

  4. Ek sal naby die belhamels bly staan om die goeie stories te kry.

  5. My eie gunsteling ook.

  6. klink heel prettige spul.

    Wat van “dit tas jou waardigheid aan” vir demeaning?

  7. Dit kan werk, maar is bietjie lank vir die toepassing waar ek dit wil gebruik. Afbrekend was vroutjie se voorstel.

  8. 🙂 Hallo Annemari.

  9. Jy hou die mense uit die slaap uit!

  10. Altyd die ekstroverte … ons is nice mense!

  11. Introverte maak my bang!

  12. Berwick het gesê op Augustus 24, 2010

    🙂

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.