Bemoeienis met primaria

Augustus 18, 2010 in Sonder kategorie

Ek het my aanstaande skoonouers onder aardige omstandighede ontmoet.

Hulle Kombi het voor Huis Madelief stilgehou en die twee ongemaklik opgetofte figure het stram-stram uitgeklim. Ons het nadergestap en Vroulief het my voorgestel. Dit was nie ‘n besonder hartlike groet nie.

Maar eers, die agtergrond.

Vroulief was die eerste primaria van Madelief. Van nature is sy ‘n soort van rebel, en sommige van haar onortodokse doenwyses het haar statige huismoedertjie nie beïndruk nie. Miesies Hugo het haar groepie ‘dogters’ met ‘n ysterhand regeer. Serenades na sewe-uur is by daardie koshuis verbied omdat haar krosie dalk mag ontwaak. Dit het ek een aand agtergekom toe kampussekuriteit met skreeuende remme langs ons stilgehou het, net toe ons met ons volgende meesterstuk lostrek om my nuwe beminde se hart te roer.

Om die tweedejaars behoorlik in te lyf, het Vroulief en haar kornuite op die HK ‘n plan saam met kollegas van Onderstepoort gesmee om die groepie op ‘n nagmars te stuur. In die proses het van die manne, soos te wagte, bietjie oorbesiel geraak, die groepie deur ‘n beeskamp laat loop en mag in die proses selfs ‘n bietjie van die grondstof daar in die lug versprei het.

Terug by die koshuis, is ouers terstond gebel en het die voorspel vir ‘n groot tragiese opera begin. Miesies Hugo het geluide gemaak van skorsing en what not, en Vroulief was in die algemeen op dun uys.

Enter ouers from the left (vanaf ‘n plaas op Potties), om die ‘hearing’ by te woon. Dis waar my terloopse ontmoeting ook inpas.

In elk geval, voor die destydse Prof Idi Hamin het die verhoor toe taamlik op die trant verloop dat Me Hugo haar lys waarin sy boekhou van die kwaad sedert haar eerste ontmoeting met Vroulief, met aansienlike passie en groot oortuiging voorgelê het. Ek vermoed daar was ook ‘n moeder wat haar kom uitspreek het op die nadelige effekte van beesmis op ‘n delikate gelaat.

Al hierdie stedelike werkinge moes my arme skoonouers met groot ontsag deurluister.

Tot sy groot krediet het Prof. Hamman na die tyd die twee oumense ingeroep en sag aan hulle verduidelik hoekom hierdie oortreding, wat op die plaas so triviaal klink, vir dorpsmense so ernstig is.

Die uitkoms van die gedoente moes Me Hugo grondig mishaag het. Vroulief kon aanbly in haar rol, maar haar nie beskikbaar stel vir die volgende jaar se verkiesing nie. Dank Vader daarvoor, want in daardie jaar het ons getrou!

Ons het Me Hugo onlangs in die Mall by George raakgeloop. Vreemd genoeg het sy ons nie herken nie.

46 antwoorde op Bemoeienis met primaria

  1. As ek dit nie mis het nie het daar ‘n groot misverstand ontstaan wat tot mistroostigheid en misnoë gelei het…

  2. Naand Jan! hoe lyk Gouteng? Sy sou julle nie herken want in die 70’s was julle jonk en mooi maar nou nog net mooi!

  3. Sover ek onthou was sy in Pietersburg, in die koshuis. Ek dink sy’t so 74 gematrikuleer.

    Sorrie, ek sal check as ek haar later bel.

  4. Dalk het sy. Ek is seker ek lyk nog net dieselfde…

    Gauteng eensaam. En honger, maar te lui om aan te trek om te gaan eet.

  5. Eitlik ‘n miserabele situasie.

  6. Ons gemeenskaplike vriendin (?) was op Potties in die skool

  7. Nee jy het daai tyd jou bles anders gedra!

  8. Issie. Laerskool.

  9. Ja, op my rug.

  10. no names no pack drill is ek geleer, maar die dame wie se doggie ook in dies koshuis as blondie is, was op Potties

  11. Ek is more (weer) in Potties … sommer ‘n klomp baie belowende klippe nou die dag raakgeloop … moet net gou vir oulaas gaan seker maak.

  12. louisna het gesê op Augustus 18, 2010

    Was Madelief in Eddie Hamman se tyd al daar??? Ek he seker dan iets gemis en by Erika en Klaradyn se sleephokkies vasgehaak.

  13. Daar moet vrek interessante formasies wees, met die tinmyne en als.

  14. Vars gebou. Sleephokkies vry net so lekker soos Erika en Klaradyn s’n.

  15. O. Ek dag sy was in Nylstroom, maar ek dink jy’s reg. Dag jy praat my ou liefie, wat ek op meer wyses as jy ken.

  16. louisna het gesê op Augustus 18, 2010

    Dik boek en ‘n stoel onder daai deurlever werk mooi.

  17. “Ek dink weer aan die dae…” . Hallo Jan Klaas.

  18. Izakdv het gesê op Augustus 19, 2010

    ai tog

  19. Trakie het gesê op Augustus 19, 2010

    Slim Prof Idi Hamin!

  20. Of mens skuif sommer die bank voor die deur. Sjit, ek hoop nie my dogters lees hier nie.

  21. Hallo Dinkweer!

  22. Hallo Izak. Baie welkom hier.

  23. Ek is vir hulle doodbang.

  24. 🙂 Janee, sowaar.

  25. Is so. Hy was seker nie verniet rektor nie.

  26. Tog, soort van, bietjie. Me Hugo het vroulief se nominasie vir die VSR aktief ondermyn.

  27. louisna het gesê op Augustus 19, 2010

    Ek het nie dogters nie, maar ek deel jou vrese.Plek was maar altyd problematies.

  28. Die voorstiplek is te ongemaklik en die agtersitplek te inkriminerend.

  29. louisna het gesê op Augustus 19, 2010

    Ses voet ses in Volla het ook beperkings, dog enkele helder momente.

  30. Deeskedae sal jy waarskynlik tronk toe gaan daarvoor!

  31. …soos die polisieligte langs die kar verskyn het…

  32. louisna het gesê op Augustus 19, 2010

    Een aand by die Uniegebou het hulle gepla met flitse. Toe gaan ons Strubenskop toe.

  33. louisna het gesê op Augustus 19, 2010

    Ek vermoed jy is ‘n ervare man wat die dorp se draaie ken, of wat praat ek alles?

  34. So ‘n onderbreking kan ‘n klomp goeie werk ongedaan maak.

    En ja, ek onthou daai plekke met teerheid.

  35. louisna het gesê op Augustus 19, 2010

    Ek was ‘n Taaibosser.
    In die “gat” (onderste vloer) en onder die snoekertafel se groen filtlap het ek gebeure gesien/gehoor wat my diep laat dink/droom het.

  36. My skoolmaat, Jan Labuscagne, nou dokter, was saam met jou. Ons het kontak verloor.

    Ekke Kollegehuis.

  37. louisna het gesê op Augustus 19, 2010

    Ek onthou Jan nie mooi nie, maar wel Ulrich Schreuder en ‘n paar ander brekers.

    Die broekpartys het altyd by Taaibos en Kollege begin. Lekker tye. Jool, vlotbou en al daai lekker dinge.

    My “kontak” was hoofsaaklik beperk tot Klaradyn en Erika met hoogtepune in die Erika-anneks Loeloeraai.

  38. Somehow het ek ook om Erika gesoem, anneks Op’t Hoek en selfs later daar ook ‘n prim. Lyk my ek het hogere smaak.

    Sjie, ek en jy sal lekker kan praat.

  39. louisna het gesê op Augustus 19, 2010

    Imgine ons kon daai plaas met vandag se insig betree?

  40. Ek het al baie daaroor gedink.

    Ek dink ek sal my actually hierdie keer beter gedra!

  41. louisna het gesê op Augustus 19, 2010

    Ek sou dalk ‘n verlore geleentheid of wat wou ressurect.

  42. 🙂 Dis sulke resurrecting wat my kursus onnodig verleng het…

  43. louisna het gesê op Augustus 20, 2010

    Elke sport het sy beserings

  44. True, en so leer mens ook.

  45. louisna het gesê op Augustus 21, 2010

    Vryf die wonde kyk noord

  46. Berwick het gesê op Augustus 24, 2010

    Lekker storie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.