Op pad

Augustus 17, 2010 in Sonder kategorie

Tussen treine, tussen stasies…

Gewoonlik maak lughawens en stasies die digterlike in my wakker. Gelukkig kry ek die bliksem gewoonlik weer aan die slaap.

Dit het seker iets met die trauma van afskeid en die warmte van welkom te doen. So asof die stasie ‘n vergestalting is van my eie heengaan, my eie tuiskoms.

Ennieway. Hiessik op pad Boksburg toe om nog ‘n groep onskuldige slagoffers te gaan mislei en bedrieg.

En onwillekeurig (ek het hierdie woord laas in matriek gebruik), onwillekeurig… Oeps. Dem. Nou het ek myself onderbreek en het ek nie ‘n hoogdrawend genoeg sin wat by daardie deurlugtige woord pas nie.

Ennieway. Ek dink toe nou sommer terug aan hoe my dag begin het. Ry so min of meer voor ‘n klein motortjie in wat maar self vanuit ‘n dwarsstraatjie ingewals kom. En daar trek die fraaie bestuurderessie op my los met ‘n toeter wat die hare oor my bles kuif vorentoe waai.

PMS, dag ek. Mens kan dit sommer sien in die “ek moer jou” manier waarop sy haar kuifie kam. Gooi toe maar my beste bejaarde kyk en ploeter vrolik voort.

Dit laat my toe ook dink aan my trip Kaap toe, toe ek my wagen so half volgeladen het met oude wijfjen. Oukei, twee wijfjen. En ook nie so oud nie (dit moet ek sê as ek ooit weer kos op my bord wil hê).

So naby Plett hoor ek ‘n venster agter word effens oopgedraai. Ou taktiek van myself om subtiel diffusie-ewewig te kry as ek ‘n loepie gepos het. Glimlag dus maar soetjies en samesweerderig in die spieëltjie vir die perpetreerder, maar sy glimlag net soetjies terug. “Hot flush!” lê sy die tergende raaisel uit.

Toe ry en wonder ek nou – sou ‘n mens nie ‘n soort stadige dieselenjin met so ‘n groepie vroue kan maak as ‘n mens die hot flushes gesinkroniseerd soos gloeiproppe kon aan- en afskakel nie?

27 antwoorde op Op pad

  1. Berwick het gesĂȘ op Augustus 17, 2010

    🙂

    Groete, J.

  2. louisna het gesĂȘ op Augustus 17, 2010

    Pragtig Jan.

  3. Jy sal vir Eskom ‘n gevoelige knou kan toedien.

  4. Janklaas het gesĂȘ op Augustus 17, 2010

    Wat? Wat?

  5. Janklaas het gesĂȘ op Augustus 17, 2010

    He. Dankie Ouboet.

  6. Janklaas het gesĂȘ op Augustus 17, 2010

    Groete Berwick. Ek sal fyn trap hier in jou omgewing.

  7. Janklaas het gesĂȘ op Augustus 17, 2010

    Ek reken mos so.

  8. 🙂

  9. Neander het gesĂȘ op Augustus 18, 2010

    Onwillekeurig dink ek aan koue lughawens en stasies en loepies en wijven.

  10. Dit was ‘n gloed van genialiteit!

  11. lisabeth het gesĂȘ op Augustus 18, 2010

    B o k s b u r g!? Wat is in Boksburg wat toegespreek moet word?

  12. FOXY1975 het gesĂȘ op Augustus 18, 2010

    Mooi ry!x

  13. bloukaap het gesĂȘ op Augustus 18, 2010

    dis goeie vraag ….en funny

  14. Jy ‘n bejaarde, nooit gesien nie!

  15. Janklaas het gesĂȘ op Augustus 18, 2010

    As jy nog “egter” in daardie sin kon inwerk, het jy my koue rillings gegee.

  16. Janklaas het gesĂȘ op Augustus 18, 2010

    ‘n Huis met sentrale verhitting! Ek dink darem dis eerder jou warm persoonlikheid…

  17. Janklaas het gesĂȘ op Augustus 18, 2010

    Hallo daar, Thomas.

  18. Janklaas het gesĂȘ op Augustus 18, 2010

    Bokse? 😉

  19. Janklaas het gesĂȘ op Augustus 18, 2010

    Sy het nogal gelyk of sy geniaal gloei…

  20. Janklaas het gesĂȘ op Augustus 18, 2010

    Dankie, liewe Foxy!

  21. Janklaas het gesĂȘ op Augustus 18, 2010

    Is al die groot vrae nie maar funny nie? Sug… 🙂

  22. Janklaas het gesĂȘ op Augustus 18, 2010

    Duidelik het jy my nog nooit gesien nie. Mense ry al by voorbaat stadiger as ek oor ‘n pad wil loop.

  23. Janklaas het gesĂȘ op Augustus 18, 2010

    Hallo daar, lekker om weer van jou te hoor.

  24. Janklaas het gesĂȘ op Augustus 18, 2010

    Anders kry mens te veel vars lug!

  25. Ha,ha siestog jimmel lekker lag ek nou vir jou! xxx

  26. lisabeth het gesĂȘ op Augustus 19, 2010

    Jammer JK…vir die skrap…maar die moontlikhede in name het my heeltemal oorgeneem…nou weer mooi terug in my kassie!

  27. Janklaas het gesĂȘ op Augustus 19, 2010

    Toemaar. Jy het my bedoeling reg gesnap.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.