Dofgelees maar lus

Augustus 12, 2010 in Sonder kategorie

Ek sit in my lazyboy met dowwe oë van leeswerk, maar ek is ‘n Man met ‘n Missie.

Ek het al vantevore geblog oor die jaarlikse sterrereëns wat op die selfde datums terugkom. Dis natuurlik soos die aarde op sy pad om die son deur die stof, chipspapiere en leë blikkies van ‘n ou komeetbaan trek, en daardie stukkies val dan deur ons atmosfeer.

Wel, elke jaar op die regte tyd is dit natuurlik bewolk of volmaan of iets. Op die oomblik is daar egter ‘n sterrereën waarvoor die toestande amper ideaal is. Laat vannag is die beste tyd, maar moreaand behoort daar nog ‘n paar te wees. In die verlede is daar in donker areas tot 60 verskietende sterre per uur raakgesien, maar my ambisies is om darem een te sien. Die huidige Perseïde-sterrereën is, na bewering, een van die jaar se bestes.

Ek het myself natuurlik benadeel – met my moeggeleesde piepie-ogies gaan ek probeer om iets in Port Elizabeth se geel ertjiesop-donker te siene te kry.

Ek kan natuurlik nie sit en niksdoen nie, so ek beloof om in hierdie stille tyd net aan julle te dink.

19 antwoorde op Dofgelees maar lus

  1. louisna het gesê op Augustus 12, 2010

    Sit daai lazyboy in overdrive

  2. He he, dalk moet hom uitdra buitentoe!

  3. louisna het gesê op Augustus 12, 2010

    Yes maak so, met spoed verlaag die baldruk

  4. Dis net jy wat die kersie so deurnag kan laat brand.

  5. uhm.. Dit het nie so gevoel nie…

  6. Sorrie, was buite.

    Heelnag.

    Dogter in die Kaap het twee gesien, seun in Mthatha 1.

  7. Moet kar more invat. Lyk my daai Pearly Beach spoedbult het hom geknou.

  8. Die sterre hier by ons is so helder en duidelik sigbaar. As dit weer gebeur kan jy op my lawn op jou rug kom le en kyk…:D
    Dankie vir interessante inligting.

  9. Ai hoe wens ek nou ek weas eerder vanaand op die plaas as hier in die stad. Sal elkgeval kyk of ek iets te siene kry. Maar dit was darem vrekkoud gisteraand…

  10. Berwick het gesê op Augustus 13, 2010

    Lekker naweek!

  11. Jy sal nie glo hoe ek jou beny nie.

    Toe ek laas in ‘n wildtuin lê en sterre kyk het het ‘n bosluis my gebyt en ek het die koors gekry!

  12. Nee, hier was dit ‘n wonderlike soel aand. Alles was reg, net nie die meteoriete nie. Of – miskien was hulle daar. Ek sien toe eers vanoggend hoe vuil was my bril.

  13. Sies. Jy’t alles daar wat ek soek – helder lug, kreef, afval, skaapkop…

  14. Dankie Berwick! Jy ook.

  15. Hoop jy’t darem iets te siene gekry!

  16. Huh. Don’t wanna talk about it.

  17. Ek wens ek het die voorreg gehad om jou en Baardman beter te leer ken.

  18. wanneer die sterre se bure nie saamspeel nie

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.