Netbal-kwotas

Augustus 11, 2010 in Sonder kategorie

(SKAPA-AP) Vanuit Potchefstroom, waar die nasionale netbalkampioenskappe tans afspeel, word berig dat daar groot opgewondenheid heers oor die nuwe reëls wat in die toekoms gevolg gaan word.

 

Na aanleiding van die baie suksesvolle eksperiment betreffende raskwotas, waarin ‘n span reeds aan die aanvang van ‘n wedstryd vyf punte kan verdien as hulle ‘n swart/wit of wit/swart kwota van 5/7 of 7/5 handhaaf, gaan die stelsel in die toekoms uitgebrei word.

 

In die vervolg kan ‘n span pro rata punte verdien deur bloot die samestelling van die span te manipuleer. Vir elke swart lid in die span word daar sewe punte toegeken, met dus ‘n moontlike totaal van 77.

 

Toernooie sal nou voortaan op ‘n trekkingsbasis plaasvind. Die spanleiding sal hulle spankeuses in ‘n koevert plaas, en op die afgesproke tyd sal Me. Mimi Mthethwa, die president van Netball South Africa, in die teenwoordigheid van Dr Mankekesi Stofile die koeverte oopmaak. Die span wat dan die hoogste punt het, wen die toernooi. By die jaarlikse kampioenskappe hoef spanne dus net hulle pakkies koeverte met spankeuses, en hul vyftien sportadministreerders te stuur. Die hotelbesprekings sal sentraal gedoen word omdat daar ontdek is dat sommige streke nie weet waar die beste hotelle en restaurante in die gekose dorp is nie.

 

Daar word voorsien dat daar ook ruimte gebied kan word vir deelnemers aan die sport om ‘n bal vir ‘n wyle rond te gooi, in soete herinnering van die jarelange tradisie van voortreflikheid en mededinging. So ‘n rondgooiery mag egter nie punte tel nie omdat dit as diskriminerend beskou word.

 

Volgens Me Mthethwa behoort daar nie probleme te wees om die internasionale netbalwêreld van die meriete van hierdie moderner, revolusionêre tipe spel te oortuig nie. Daar is blykbaar alreeds sterk tekens van steun vir hierdie patroon vanuit Zimbabwe, Rwanda en Swaziland.

30 antwoorde op Netbal-kwotas

  1. Jy kan nie ernstig wees nie!

  2. Nogal gedink jy sou belangstel…

    Sê groete vir tannie Mimi.

  3. Ek kan, as jy my in ‘n moeilike situasie betrap.

  4. Dit was toe die Vrystaat nog Oranje was!

  5. Die ‘internasionale gemeenskap’ ken ‘n goeie plan as hulle hom sien, nê. (Daar is selfs gerugte dat die inwoners van Nauru ook dink dit is ‘n goeie idee.)

  6. Het nogal gister aan jou gedink toe ek Die Burger gesit en lees het terwyl ek gewag het vir my geleentheid terug werk toe… Blykbaar het Spar nog ‘n borgskap kontrak geteken om aan te hou om Netbal se hoofborg te bly.. want… dis blykbaar die naasgrootste sport in SA… Nou wie sou dit kon sê as mens kyk na die blootstelling wat Netbal in die media geniet??x

  7. Hulle beloof darem om die trekking groot mediablootstelling te gee, so iets soos die Lotto.

  8. Nou moes ek eers op die mep gaan kyk waar is Nauru.

  9. Hoop jy’t hom gekry dat jy ons kan vertel waar om te soek.

  10. Dis waar die Hobbits bly, naby Hogsback.

  11. Vuurpyl het gesê op Augustus 11, 2010

    Bring komberse, Murphy – dis vrek koud op daardie bane.
    Ja gelukkig het rugby met kwotas, danksy ‘snorre’ nou rustig geword. Netbal moet ‘snor tannie’ kry vir coaching

  12. Maar het hulle nie almal snorre nie? 🙂 ‘Skuus, Murphy, die netbalmeisies was altyd die sexyste.

  13. Ha,ha nee jy speel seker?

  14. Fokken ridiculous.
    🙂

  15. As ek nie die laaste stukkie raakgelees het nie, sou ek jou wragtag geglo het!

  16. …of Bolletjies was, dan was die parlement almal miskruiers…

  17. Net-net! 🙂

  18. Maar amper waar!

  19. Lieg kon ek nog altyd…

  20. He he. Janee, sowaar.

  21. Dan sal ek liewer kom luister hoe jy op daardie mandolientjie speel. Of is die snare ook aan kwotas onderhewing?

  22. Dis ‘n teer snaar wat jy daar aanroer…

  23. Jy praat van amper waar… Ek het ‘n vriendin wat haar binne die regte gemors bevind en haar plek in die span (en die SA span) is deesdae op die spel. En dan word sy gereken as een van die bestes in die wêreld!!!

  24. Dis so belaglik.

  25. zephur het gesê op Augustus 13, 2010

    LOL

    En dan vloei dit oor na Rugby en Krieket…

  26. ..en jukskei..

  27. Berwick het gesê op Augustus 13, 2010

    :-))

  28. Hallo weer, Berwick.

  29. gidivet het gesê op Augustus 14, 2010

    Wat word nou van die toeskouermammas se gevegte langs die netbalbaan?

  30. Dit geskied ook nou volgens ‘n trekking.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.