Die ware ekke

Augustus 7, 2010 in Sonder kategorie

Groot verrassing toe vriendin Roosdoring ons Vrydag saamsleep om Therina te gaan ontmoet. Groot voorreg – wonderlike mense!

Soos ek my forse gestalte uit die motor ontknoop, sien ek die verbasing op Therina se gesig. Sy was blykbaar onder die indruk dat ek ‘n klein, bedeesde mannetjie is, in plaas van ‘n berg, ongebuk, breed en bonkig van stuk.

Soos vroulief uitwys, moes Theriens my al die jare gesien het draende aan my ou klein koffiekannetjie, stappende na my werk vir die honderdste maal.

En dit het my laat nadink. Dogter reken dis omdat ek so baie bol skryf. Vrou reken dis omdat ek myself so pateties voorstel.

Hiermee, dus, my voorneme om in die vervolg sterker, meer manlike tone te gebruik. Meer b’s, k’s, a’s en erre. Meer breë klanke en verwysings na rugby en rofstoei. Meer verwysings na ‘n vrou se plek voor die stoof.

In kort, verwag dus tekste gelaai met testosteroon. Me Tarzan, you Jane.

31 antwoorde op Die ware ekke

  1. Grrrrrr!
    Jy gaan nie so maklik by die dames hier daarmee wegkom nie, Jan Klaas.
    Wees maar net wie jy is – ons like jou nes jy is.

  2. katrina het gesê op Augustus 7, 2010

    Ja, dis nogal interessant hoe ‘n mens ‘n beeld van iemand kan opbou wat toetentaal van die werklikheid verskil!

  3. Trakie het gesê op Augustus 7, 2010

    Hiehiehie

    Kelkie koes by voorbaat vir ‘n virtuele testosteroonbelaaide oorveeg.

  4. Moenie worry nie, hy’s meer bek as binnegoed.

  5. Ag groot asseblief spaar ons dit! Wil jy nou rerig verdwyn in die massas???????

  6. Maan maatjie, die verkeer het ons skoon ontsenu. Stap more oggend en as ons dit oorleef sal ons na jou kant toe kom. Sal laat weet

  7. Janklaas het gesê op Augustus 7, 2010

    Ek was so amper daar by julle! Dis net ‘n bietjie te groot draai gewees op pad Kaap toe. Sal ‘n spesiale plan maak.

  8. Janklaas het gesê op Augustus 7, 2010

    Lekker braaf nou, jy.

  9. Janklaas het gesê op Augustus 7, 2010

    Stoof toe, vrou.

  10. Janklaas het gesê op Augustus 7, 2010

    Ja, daai plek is so besig soos begrafnistyd in Zeerust.

  11. Janklaas het gesê op Augustus 7, 2010

    Ek dag nogal ek is so genuine…

  12. Janklaas het gesê op Augustus 7, 2010

    Ja, maar dit help nie julle dink ek is Bennie Boekwurm nie…

  13. Janklaas het gesê op Augustus 7, 2010

    G.n wonder ek kan so ver sien hier in die Kaap nie. Dis die mans wat so kort is!

    Lekker naweek.

  14. Janklaas het gesê op Augustus 7, 2010

    Ons is besig om jou wors te eet! HEERLIK!

  15. Janklaas het gesê op Augustus 7, 2010

    …en hoe kan ek in die massas verdwyn as ek dan so ‘n reus is?

  16. Trakie het gesê op Augustus 7, 2010

    Ouch!

  17. LOL…nou toe nou!!

  18. Janklaas het gesê op Augustus 7, 2010

    Eeuw. Dit klink vreeslik!

  19. Janklaas het gesê op Augustus 7, 2010

    A, ek weet jy ken jou plek… Voor die stoof!

  20. Al dramaklasse oorweeg?

    Dankie vir die mooi woorde daar by my.

  21. katrina het gesê op Augustus 8, 2010

    Ek dink nie dit gaan oor genuine nie, dis net dat ons almal onbewustelik ‘n prentjie in ons koppe vorm, amper soos wanneer ‘n mens boek lees 🙂

  22. Ons hou van jou nes jy is!
    🙂

  23. Speel daai luit!

  24. Berwick het gesê op Augustus 9, 2010

    Hehe!

  25. wynvdm het gesê op Augustus 10, 2010

    Jy’s uitgenooi! Sien my blog vir besonderhede.

  26. Ja, maar ek gaan nog steeds meer manlik en kloekmoedig wees…

    Jammer ons het jou misgeloop.

  27. Ek laaik jou ook, Murphs. Nog altyd.

  28. Ek het nog nie eers alles gesê wat ek wou nie – dit gaan nie net oor die taalgebruik nie, maar die besondere vorms waarin jy die gedagtes skep. Verwag meer besoeke van my.

  29. He he, dankie Thomas!

  30. Ja, maar met ‘n meer manlike klank.

  31. Hallo daar, Berwick.

    Ek besoek jou nog, weet net nie altyd wat om te sê wat intelligent klink nie!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.