Paspolisie

Julie 26, 2010 in Sonder kategorie

Sta’ ek my nou hier en opwerk terwyl my studente ywerig aan die berekenings sit en zoem.

Het so pas ‘n rondgaande e-pos gekry waar Nataniël sy voorskrifte en afkeure uitspreek oor wat mans en dames behoort aan te trek.

Asof.

Hoe gebeur dit dat ‘n man, wat sy lewe lank self moes veg om sy eie andersheid en uniekheid te regverdig, hier voorskrifte uitdeel van wat ander moet doen om by sy ideale wêreld in te pas en te konformeer?

In daardie wêreld dra ons almal elegante goedjies, met duur etikette, wat presies pas, wat nuut en kleurgekoördineer is. In daardie wêreld staan ons ure voor ‘n spieël en druk hier en trek daar, om tog nie iets te vertoon wat die res van hierdie wêreld aanstoot kan gee nie. O, en sommer bad luck ook vir dié van ons wat nie by die standaardnorme van vorm en inhoud inpas nie – vir ons is die reëls sommer nog strenger. Ons moet verkieslik so bland as moontlik aantrek, anders sien die ideale mense van die ideale wêreld ons raak en skaam hulle dalk vir ons.

Wat is dit met ons dat ons so hard werk om in te pas, om deel van die heersende norm te wees, om in die stroom te swem en net nie uit te steek en opgemerk te word nie? Hoekom aanvaar ons konformeer-reëls van interessante, maar eienaardige mense wat hulleself die reg toeëien om te sê dat die res van ons soos hulle moet aantrek?

Stel jou die lushof voor, as elkeen kon besluit om sy eie reëls binne fatsoenlike norme (oeps) te kon volg. Stel jou die vreugde van verskeidenheid en diversiteit voor, die vrystelling van ‘n blomtuin van skeppende krag. Dis soos die verskil tussen ‘n mielieland en ‘n fynbosveld.

Maar nee, hier loop ons almal met ons denims, ons tekkies, ons designer-sweetpaktops en ons beperktheid in ons kunsmatige hokke. In ander lande dwing hulle selfs streng klerereëls af om by hulle eng visie in te pas. Nou wil ons dit aan onsself doen!

Groot respek vir die rebelle, sy wat aan haar laat hang wat sy wil, hy wat sy langbroek met ‘n tou vasmaak, wat verskillende kleure sokkies dra. Ek salueer julle.

32 antwoorde op Paspolisie

  1. Die enigste konformasie wat ek volg is om nie te konformeer nie, bogger die res

  2. ajordaan het gesê op Julie 26, 2010

    al reels wat ek volg is dat ek trek aan hoe ek voel. Hmph.

  3. Janklaas het gesê op Julie 26, 2010

    Saluut 1

  4. Janklaas het gesê op Julie 26, 2010

    Nog ‘n saluut.

  5. Janklaas het gesê op Julie 26, 2010

    Derde saluut!

  6. Hoe weet jy van die ou se tou??
    Maar op ‘n ander noot. Sjame, want so weird soos wat hy is, moet hy als in die stryd werp vir aanvaarding.

  7. Konformasie, konforschmasie. Dis ‘n bol stront.

  8. Janklaas het gesê op Julie 26, 2010

    Prof Stefans Grove van musiek by Tuks het altyd so ‘n lekker seemanstou om sy broek gehad.

  9. Janklaas het gesê op Julie 26, 2010

    Dis ‘n groot troos. Nou sal ek weer na hom luister.

  10. Janklaas het gesê op Julie 26, 2010

    Gee vir SBol ‘n druk. Moenie sê dis van my af nie, dis te weird.

  11. Janklaas het gesê op Julie 26, 2010

    Thomas, ‘n man na my eie hart.

  12. Berwick het gesê op Julie 26, 2010

    Ek stem saam met Thomas.

  13. hier dra elkeen sommer enige ding. Die Hospice-shop is DIE winkel.

  14. FOXY1975 het gesê op Julie 26, 2010

    Ek stem saam met jou – weereens!
    Dis juis in ons mense se diversiteit wat hul eie uniekheid opgesluit lê… nes jy vir 5 verskillende mense presies dieselfde denim en wit hemp kan gee en dan kan sien hoe elkeen dit aanpas om by sy eie styl te pas met bykomstighede..

    Dis seker meeste van die kere ons eie simpel toedoen wat maak dat ons ander mense ons in bokse laat probeer indwing!
    Mooi middag!

  15. Janklaas het gesê op Julie 26, 2010

    …en nog ‘n man na my hart.

  16. Janklaas het gesê op Julie 26, 2010

    🙂 Klink rêrig na die plek vir my.

  17. Janklaas het gesê op Julie 26, 2010

    Miskien wil ons juis nie raakgesien word nie! Blend, blend, blend…

  18. Janklaas het gesê op Julie 26, 2010

    Ek het ook. Hy’s briljant.

  19. FOXY1975 het gesê op Julie 26, 2010

    ek stem… maar dis juis daar waar elkeen sy eie unieke “ek” vir hom/haar die vryheid gee om dit te kan doen… dis wanneer ons so hard gedruk word om in die boksie te pas dat ons soms gedwing word / of gedwonge voel om dinge te doen / te dra waarmee ons nie regtig gemaklik is nie..

  20. bloukaap het gesê op Julie 26, 2010

    in HIERDIE hitte dink ek nie aan AANtrek nie ….

  21. Janklaas het gesê op Julie 27, 2010

    He he, solank jy nie uitstaan nie.

  22. Janklaas het gesê op Julie 27, 2010

    Treurig, maar waar!

  23. Janklaas het gesê op Julie 27, 2010

    Respek vir die kuns- en dramastudente wat altyd hulle eie reëls gevolg het.

  24. Ek sal maar solan blend…mooi geskryf Jan Klaas!

  25. Janklaas het gesê op Julie 29, 2010

    Om nie golwe te maak nie!

  26. Janklaas het gesê op Julie 29, 2010

    En dit is wat die interessante speserye aan die samelewing gee! Knysna se mense was vir my interessanter as die Pretorianers.

  27. Janklaas het gesê op Julie 29, 2010

    Ja, ‘n mens moet nogal besonder gemaklik wees met jouself om so anders te kan wees.

  28. lisabeth het gesê op Julie 31, 2010

    hehe…baie geldige punt wat jy maak…hy baklei vir uniekheid en skryf voor vir eendersheid!

  29. Rebel – dit ek! Die verskillende klere sokkies wat ek partykeer dra is (kug -kug) per ongeluk!! Lekker gelees dankie.

  30. Janklaas het gesê op Julie 31, 2010

    Gelukkig sê Maankind hy het dit nie self geskryf nie.

  31. Janklaas het gesê op Julie 31, 2010

    Smaak my ek gaan van jou hou!

  32. lisabeth het gesê op Augustus 2, 2010

    Saam iemand hier in leeskring wat een van sy skoolmaats was toe hy nog Niel was…al lekker gelag en geniet aan al die staaltjies (sonder om kopiereg te betaal)

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.