Spytig…

Julie 18, 2010 in Sonder kategorie

Edith Piaf sê sy het geen regrets nie. Frank Sinatra sê hy het wel ‘n paar, maar eintlik te min om op te noem (hy sê ook doebiedoebiedoe, so sy oordeel is seker nie bo verdenking nie).

Hoe sal mens dit in Afrikaans sê: spyte? Spytighede?

Wat is jou groot spyte? Ek dink die dinge waaroor mens spyt is, sê meer van jou as dit waaroor jy bly is!

As ek my lewe kon oorleef, sou ek dit sekerlik weer presies so wou leef. Kyk wat het ek – vrou, kinders, familie, vriende, ‘n lekker huis, ‘n lekker werk en vrede. Die dom besluite wat ek gemaak het, het toe tog op die ou einde ten beste uitgewerk, en baie daarvan het mense hopelik al vergewe of vergeet.

Tog is ek oor ‘n paar dinge spyt. Met die bravade wat anoniem blog ‘n mens gee, gaan ek hier vir myself probeer om my eie vernaamste spyte op te noem. Miskien voel ek more anders oor die keuse, maar hier is hulle.

Ek is spyt oor die mense wat ook vir my lief was, wat ek seergemaak het. Baie seer.

Ek is spyt ek het ver weggetrek van mense vir wie ek baie omgee.

Ek is spyt ek het nooit genoeg op ‘n enkele ding gefokus om uitnemendheid daarin te kon bereik nie.

Ek is spyt ek het Henning verwaarloos. Ek was sy vriend. Ek kon nie weet hy sou homself skiet nie.

Ek is spyt ek het Ouboet verwaarloos. Ek het nie geweet jou leefwyse kan jou doodmaak nie.

Ek is spyt ek het nie my kinders meer aangemoedig om musiek te oefen nie. Hulle het die talent, maar kon sover nog nie die vreugde van musiekmaak behoorlik smaak nie.

Ek is spyt ek het my fisiese ontspanning verwaarloos. Tennis was ‘n groot en lekker deel van my jonkwees.

Ek is spyt ek kon nie ook ‘n loopbaan kies wat my sou toelaat om meer met die natuur te doen te hê nie. Ek was bevoorreg om wel ‘n klomp interessante goed te doen, maar ek beny die mense wat in die veld mag bly en betaal word daarvoor!

Ek is spyt ek het een aand, twintig jaar gelede, so lekker gekuier dat ek my mooi ghitaar, waarvoor ek so lank gespaar het, blykbaar vir ‘n ander een omgeruil het.

Ek vermoed spyte werk hulleself op die een of ander manier uit, behalwe spyt oor die skades wat soort van onherroeplik was. En, as ek my lysie so kyk, lyk dit asof daar ‘n paar is waarvoor daar nog hoop is!

23 antwoorde op Spytig…

  1. loudavisi het gesê op Julie 18, 2010

    Ek weer is tevrede met wat ookal my toekom.
    Baie dinge om oor spyt te wees, maar vergifnis help om die spyte te tippex.
    Dan ploeter ons maar so aan en aan…

    He ‘n lieflike dag!

  2. Neander het gesê op Julie 18, 2010

    Toemaar Jan, ek weet jy het nie bedoel om my seer te maak nie. Ja ja ek spot net. Mooi blog.

  3. Ek het ook ‘n paar spyte, een van hulle was, as jong meisie het ek altyd gedroom ek gaan met ‘n wildbewaarder trou met ‘n landrover en ‘n rooi bos baard. Dit het nie gebeur nie,maar miskien net sowel, want al die weesdiere sou in die huis beland het 😉

  4. louisna het gesê op Julie 18, 2010

    Regrets

    ”Non, je ne regrette rien”, overgesetsynde, no regrets

    (Spreek uit: Non dzje ne gheghette ghiejen)

    Chairperson, ladies and gentlemen,

    Do these special words ring a bell?

    “No! No regrets
    No! I will have no regrets
    For the grief doesn’t last
    It is gone
    I’ve forgotten the past.”

    Does this beautiful song by the famous French singer Edith Piaff teach us a lesson? I have absolutely no regrets. But is it possible to make such a statement without a bit of lying? Is it really possible to go through life without any regret whatsoever? Let us consider a few viewpoints.

    The famous American journalist Helen Rowland gives us an interesting female perspective on a man’s point view. “The follies which a man regrets most in his life are those which he didn’t commit when he had the opportunity.” By the way, folly also means recklessness. But let us also consider a true female perspective by a woman and examine recklessness from a, let’s say a highly revealing perspective. Christine Hamilton, author and wife of a former politician said: “I certainly don’t regret any of the things I’ve done – they’re all part of life’s rich, rewarding tapestry – but I do regret some of the things I didn’t do. It’s the boys I didn’t kiss, not the odd fling that was a mistake.”

    Back to men, this time through the wandering eyes of a man and let’s call him a real man. Poor Bill Clinton! He acknowledged an “improper relationship” with Monica Lewinsky and confessed his sins and regrets on worldwide television. I just wonder…… Did he regret what he did, or did he regret what he didn’t do? Apparently the encounters with Lewinsky had a mosaic of intriguing opportunities, but let us leave it there before I become reckless and go to bed tonight full of regrets. Let us consider another male perspective. The no regrets song is associated with the former British politician Norman Lamont, who quoted the song’s title to sum up his political career. A once famous South African politician, and by the way we’re not family, also once also said he has no regrets. I guess politics has its own metaphor and its own rules.

    What then is the key lesson that we can learn from Edith Piaff’s song? I think it is simply to show regret, but to get these regrets behind you as soon as possible. Make peace. In short: close the regrets with sorrows and find solace in your mind. The great William Shakespeare coined a beautiful piece of wisdom: “Let’s not burden our remembrance with a heaviness that’s gone.”

    DH Lawrence, author of “Lady Chatterley’s lover”, a highly colourful and tempting book that could indeed inspire regrets, made a solemn statement, which is in slight contrast with the tone of his story: “I want to live my life so that my nights are not full of regrets.” The following message by the famous Helen Keller who succeeded in life, despite the fact that she was born blind and deaf, is inspiring in another way: “When one door closes, another opens. But we often look so regretfully upon the closed door that we don’t see the one that has opened for us.” Are there any politicians around? Anyway, the American comedian Henny Youngman has a message for all of us who open doors that should remain closed: “If you’re going to do something tonight that you’ll be sorry for in the morning, sleep late tomorrow.” In today’s political battlefield I guess a nice shower could also help.

  5. louisna het gesê op Julie 18, 2010

    Met kinders geraas. Nou raas jy met grootmense. Grappie

  6. louisna het gesê op Julie 18, 2010

    Gelukkig nie ek nie.

  7. Jammer dit vat mens net so onnodig lank om hier uit te kom.

  8. Janklaas het gesê op Julie 18, 2010

    Is so. Dankie, Kammi.

  9. Janklaas het gesê op Julie 18, 2010

    Ja, mens is seker wel êrens vergewe, maar op mense bly die letsels nog lank. Soms lewenslank.

  10. Janklaas het gesê op Julie 18, 2010

    Ek sal jou papnat spyt.

  11. Janklaas het gesê op Julie 18, 2010

    En nou’t jy net arme ou langgesig met die mooi stert…

  12. Janklaas het gesê op Julie 18, 2010

    Dis baie oulik, Ouboet, dankie. En ja, ek is ook soms spyt oor ‘n paar gemiste geleenthede…

  13. Janklaas het gesê op Julie 18, 2010

    Ja, daar is ook ‘n paar wat ek seker nie sal kan noem nie…

  14. Janklaas het gesê op Julie 18, 2010

    Breedweg voel ek ook soos jy, Ghaap. Maar ek dink dit hou my nederig om so nou en dan oor die verlore kanse te mymer…

  15. FOXY1975 het gesê op Julie 18, 2010

    Ditto!

  16. Berwick het gesê op Julie 19, 2010

    Hallo, Jan Klaas. Mooi gestel.

  17. bloukaap het gesê op Julie 19, 2010

    spyt dra nooit ‘n krans nie, wel ons sien dit nooit nie, maar, begryp die draer se boodskap

  18. Sjoe, Janklaas jou pos het my nou aan die dink gesit… ek moet erken dat ek spyt is omdat ek nie meer onverantwoordelik was en meer kanse geneem het nie!

  19. Janklaas het gesê op Julie 21, 2010

    Hallo Berwick. Dankie.

  20. Janklaas het gesê op Julie 21, 2010

    Goeie opsomming, Flenters.

  21. Janklaas het gesê op Julie 21, 2010

    Wens mens kon hom voor die tyd sien kom.

  22. Janklaas het gesê op Julie 21, 2010

    Daar stem ek met jou saam. Imagine as ons nou weer matriek kon wees!

  23. Hey, dis tyd vir ‘n nuwe pos!! Lekker naweek!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.