Martie van die Mooirivier

Julie 9, 2010 in Sonder kategorie

Soms wonder ek wat het van Martie geword.

Soms onthou ek hoe dit was om die anderse Jan Klaas te wees wat sy my gemaak het. En soms mis ek die klein waansin en die dolle denke van daardie dierbare tye.

Ek kon haar drie jaar lank ken. Tog was sy voor dit altyd deel van my, en daarna nog steeds.

Sy was nooit myne nie, net soos mens nooit die vrye diere en voëls op jou grond kan besit nie. Wat ek gehad het, het ek net by haar geleen en by al die ander waarmee sy haar wêreld volgemaak het.

Vir ‘n jong, eensame, deurmekaar, soekende tiener was sy soos ‘n onverwagte tonikum. Sy’t my wêreld binnegedwarrel, my gees gelug, om my benoude bestaan gedartel en my laat droom en lag. Sy was ‘n lied, ‘n raaisel en ‘n vriend.

Sy was my jasmyn-lenteaand in Potchefstroom. Sy was ook die kort brief wat ek na drie maande in die army ontvang het wat ons band en my hart gebreek het.

Ek het weer van haar gehoor toe ek eerstejaartjie in Kollegetehuis was. Ek kon met my fiets vir haar by die Denmarkliniek gaan kuier.

Haar oë was dof. Sy was nou een van ons, ‘n mens op die aarde met hope se seer.

Sy het my versoek om haar uit te los. Ek het.

Nou wonder ek soms waar sy is. Is sy weer sy, wat dromerig op die sand na die wolke sit en kyk, wat sommer sal opspring, ‘n blom pluk en deur die vlak water loop en plas, of is sy nog steeds een van ons?

Sit sy ook verveeld en Binnelanders kyk en wag vir die maalvleis om gaar te word?

Of wonder sy ook soms?

25 antwoorde op Martie van die Mooirivier

  1. Jy kan nooit ‘n vry voêl van die veld tem nie……

  2. Neander het gesê op Julie 10, 2010

    Sjoe Jan, dis ‘n diep geskrif diè. Ek het simpatie met jou en ek deel jou emosies, want ek verstaan.

  3. Hugs!

  4. Janklaas het gesê op Julie 10, 2010

    Baie dankie, Neander.

  5. Janklaas het gesê op Julie 10, 2010

    En dit is wonderlik.

  6. Janklaas het gesê op Julie 10, 2010

    Ek hoop nogal so.

  7. Janklaas het gesê op Julie 10, 2010

    Ek weet nie eers of sy nog leef nie!

  8. Janklaas het gesê op Julie 10, 2010

    Dankie, liewe PPD.

  9. lisabeth het gesê op Julie 10, 2010

    Jou derde paprgraaf som iets op vir my wat ek van, oor en in myself herken.

  10. Sanseveria het gesê op Julie 10, 2010

    Groei op jou soos mos…en dit panser mens teen die koue en word jou kombersie, sê die liedjie. En Leo Sayer sê “I just close my eyes and I’m with you.” Ons het seker almal daardie wonder.

  11. Dis mooi en hartseer.

    Oor jou badge van Angelo en Maskelin – ek het die drie boeke in die reeks verslind en het ‘n hele paar keer gedink die kabouters het nogal waarhede beet.

  12. Janklaas het gesê op Julie 11, 2010

    Ek stem 100% saam. Sy bly ‘n deel van wat ek nog vandag is.

  13. Janklaas het gesê op Julie 11, 2010

    Jy is nie dalk…?

  14. Janklaas het gesê op Julie 11, 2010

    En dis waaroor ons sal dink as ons eendag stil op die rystoel wieg en glinlag…

  15. Janklaas het gesê op Julie 11, 2010

    Ai, maar ek sal so graag wou weet hoe is sy nou. Het sy vrede? Dalk is dit goed as sy grond toe kon kom.

  16. Janklaas het gesê op Julie 11, 2010

    As hulle sulke wyshede kon uitdink weet hulle meer as ek!

  17. Trakie het gesê op Julie 11, 2010

    Dalk is DIT die wonder van die lewe?!

  18. Janklaas het gesê op Julie 11, 2010

    Slim. ‘Wonder. én ‘wonder’. Om te wonder is ‘n wonder.

  19. lisabeth het gesê op Julie 12, 2010

    Ongelukkig nie 🙂

  20. FOXY1975 het gesê op Julie 12, 2010

    Ek wonder ook soms sulke wonders….
    as mens net soms kan weet of die feit dat jy gehoorsaam was aan die versoek die lewe vir hulle beter gemaak het sou dit net die wonder alreeds soveel minder gemaak het nè!
    x

  21. Janklaas het gesê op Julie 12, 2010

    Is so. Maar in my hart der harte weet ek dit het my eie lewe vir my beter gemaak.

  22. FOXY1975 het gesê op Julie 12, 2010

    Dan is dit goed so!
    Mooi daggie daar!
    x

  23. Janklaas het gesê op Julie 13, 2010

    Moet asseblief nooit jou liggie verloor nie.

  24. Janklaas het gesê op Julie 13, 2010

    Ek hoop graag so. Uit my hart uit.

  25. Janklaas het gesê op Julie 13, 2010

    As jy ook so is, baie sterkte. Onthou jy “This world was never meant for one as beautiful as you”?

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.