Skrale troos
Junie 28, 2010 in Sonder kategorie
Omdat ek kan lag en oor môredou sing
sal my oë soms slu en verraderlik traan.
Omdat ek kan mymer oor mooi en oor wees
kneus ek lig en verdwaal om my hart te genees;
en omdat ek maklik sal jubel en sing
krenk bittere woorde my knoetsige gees.
Sonder ‘n pantser van eie leeg
mis ek die groot, sonnige blou
en knies ek beskaamd oor ‘n bultige wolk
se donker belofte en sobere grou;
verloën die rykdom binne my
en word die mankolieke marionet –
wat jy graag glo ek is en bly.
Ek word die prooi van my eie, kosbare, voel en tob.
My malse vreugde vreet my op.
(Vir jou omdat jy ly). K.
monicahaddad het gesê op Junie 28, 2010
Ek kan nie vir jou vertel hoe mooi is dit en hoe gepas is dit vir my op hierdie dag nie…..
Janklaas het gesê op Junie 28, 2010
Ai. Baie dankie, Monica.
Joanna Graham het gesê op Junie 28, 2010
Dis pragtig geskryf Jan Klaas! Soveel diepte van emosie.
rosiemetdorings het gesê op Junie 28, 2010
🙂
groete van huis tot huis.
eiewys-gekkigheid het gesê op Junie 28, 2010
Jan Klaas dit is so eina mooi….
Berwick het gesê op Junie 28, 2010
Hallo Jan Klaas.
Janklaas het gesê op Junie 29, 2010
Dankie Maankind!
Janklaas het gesê op Junie 29, 2010
Ek hoop die regte persoon lees dit ook.
Janklaas het gesê op Junie 29, 2010
Baie dankie, Joanna.
Janklaas het gesê op Junie 29, 2010
Hierdie huis sê dankie.
Janklaas het gesê op Junie 29, 2010
Dankie vir die sterre, Berwick.
Janklaas het gesê op Junie 29, 2010
🙂 Dankie, Tweeling! Mooi bly.
Janklaas het gesê op Junie 29, 2010
Naand Therina, en dankie.
DallaSePa het gesê op Junie 30, 2010
Jy mag ma …
Janklaas het gesê op Julie 1, 2010
🙂 Dankie, DsP. Ek het lank gewroeg oor hoe ek kon sê wat ek wou sê, en ‘n vers werk maar die beste, al is dit nie die wêreld se grootste skepping nie.
lisabeth het gesê op Julie 2, 2010
!
Janklaas het gesê op Julie 2, 2010
Dit is min of meer Vermeer! Horisontaal bietjie uitgerek om by my dimensies te pas…
Janklaas het gesê op Julie 2, 2010
!
?
🙂
karientjies het gesê op Julie 5, 2010
baie mooi geskryf!
Janklaas het gesê op Julie 5, 2010
Baie dankie!
Dis ‘n werk in wording, ek het seker al twintig keer aan hom verander.
FOXY1975 het gesê op Julie 7, 2010
het dit self al so ‘n keer of wat beproef… Dit IS pragtig.. 🙂
Janklaas het gesê op Julie 9, 2010
Baie dankie, Foxy. Ek dink die vers begin nou eers regkom!
Sanseveria het gesê op Julie 10, 2010
Ek hou baie van die deurlopende teenoorgesteldes …prooi vs kosbare voel en tob. En die sadness wat die spanning skep. Sal iemand ooit regtig verstaan?
Janklaas het gesê op Julie 11, 2010
Ek het aan iemand anders gedink toe ek die vers skryf, iemand wat die seer in haar blog gewys het. Dis vir my hartseer dat dit juis die mooi in ons is wat ons so blootstel.