Deja vu

Mei 17, 2010 in Sonder kategorie

Die ou, blou skoolbus kom rokend en knarsend tot stilstand voor die skool.

 

‘n Skoolseun skuifel uit met sy swaar tas, sy trompetkis en met ‘n toksak vol tennistoerusting oor sy skouer.

 

Buite blaas sy asem grys wolkies in die geel winterson. Sy blinkswart skoene knars oor die grou speelgrondgruis.

 

Hy hoor nie die gesprekke om hom nie. Binne hom worstel hy beurtelings met die gewone daaglikse siedende mengelmoes gevoelens van opgewondenheid, kommer,  eensaamheid, verliefdheid, selfbeeld-ellendes, hoop, verwerping, trots en twyfel.

 

Hy voel tog gepantser in sy warm trui, die blinkgestrykte langbroek, die baadjie met die trotse rits balkies en die skewe dasknoop. Saam met die ysige Hoëveldlug ruik hy na seep, Clearasil en Old Spice. In sy sakke is ‘n skoon sakdoek, ‘n vosige klasrooster, ‘n klein plastieksakkie met ‘n fototjie in, ‘n bekoude Schaeffer-vulpen, ‘n halwe pakkie Spearmint Beechies, ‘n Moody Blues-kassetbandjie en ‘n eenrandnoot vir middagete.

 

Hy loop effens krom. Op sy bleek wange is daar ‘n sweem van ‘n skelm poging tot saaidies en sy swartraambril sit skeef.

 

Hy is volkome hier en hy beset sy ruimte as verwarde tiener in die sestigerjare.

 

Hy wens so dat hierdie ellendige tienerjare en skooltyd wil verbygaan sodat hy die wêreld van ‘n redeliker hoogte af, vierkantig en kommervry in die oë kan kyk.

21 antwoorde op Deja vu

  1. loudavisi het gesê op Mei 17, 2010

    Is dit jy van wie jy praat?
    Die jare toe R1 meer as net ‘n middagete kon koop.
    Ek wonder wat die skoolseun vandag dink.

  2. Neander het gesê op Mei 17, 2010

    Kyk net hoe susksesvol het jy geword.
    Het jy nog die Schaeffer?

  3. Sanseveria het gesê op Mei 17, 2010

    Those were the days my friend, we thought they’d never end…

  4. Janklaas het gesê op Mei 17, 2010

    Dankie DsP!

  5. Janklaas het gesê op Mei 17, 2010

    Ek is hy en hy is ek, op nog meer wyses as wat ek graag sal erken.

  6. Janklaas het gesê op Mei 17, 2010

    He he. En hoe. Veral horisontaal.

  7. Janklaas het gesê op Mei 17, 2010

    Die Schaeffer se punt het vergaan. Na hom was Bic, toe Parker.

  8. Janklaas het gesê op Mei 17, 2010

    Ja, hier pas daai liedjie pragtig. En ongelukkig het dit ge-“end”!

  9. Janklaas het gesê op Mei 17, 2010

    Ja, dis die hele punt. Ek dink kommer groei saam met ‘n mens!

  10. Janklaas het gesê op Mei 17, 2010

    Daai tyd was daar nie so ‘n woord nie. Hy’t nogal gereken hy’s bra cool – dubbelborsbaadjie, LM radio, Archie comics…

    Dis eintlik erbarmlik om terug te kyk.

  11. Janklaas het gesê op Mei 17, 2010

    🙂 Dankie, Ghaap (dink ek).

  12. Berwick het gesê op Mei 17, 2010

    Goed gedoen!

  13. Erika.Heuer het gesê op Mei 17, 2010

    Baie goed geskryf/

  14. Janklaas het gesê op Mei 19, 2010

    Dankie Berwick!

  15. Janklaas het gesê op Mei 19, 2010

    🙂 Dankie, Erika.

  16. Janklaas het gesê op Mei 19, 2010

    Vierkantig, maar nie kommervry nie.

  17. Janklaas het gesê op Mei 19, 2010

    En vroulief wys my daarop dat die regte term blykbaar “vierkant” is, nie “vierkantig”. Sorrie.

  18. Janklaas het gesê op Mei 19, 2010

    Ja, maar die wag begin vir my nou bra belaglik raak!

  19. Trakie het gesê op Mei 24, 2010

    Parker! Dis mos nou vooruitgang 🙂

  20. Janklaas het gesê op Mei 25, 2010

    Dit is baie waar.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.