Laatherfs

Mei 10, 2010 in Sonder kategorie

Met tyd verweer

die dun goudlaag 

oor gister geblaas.

Ek sien bedruk die

verweerde reste van

die ek wat ek was.

Gee terug my waan, Heer –

Bedek met pronk en sieraad

die grou murasies van

voortvarenheid en eiebelang

wat sterker troon as trou en bloed,

en spaar my die lui ongerief

van berou en boet.

25 antwoorde op Laatherfs

  1. Sanseveria het gesê op Mei 10, 2010

    Wow, JK! Dis besonders.

  2. I-like-silly het gesê op Mei 10, 2010

    baie diep!

  3. Janklaas het gesê op Mei 10, 2010

    🙂 Dankie, San.

  4. Janklaas het gesê op Mei 10, 2010

    🙂 Moenie my van diepte verdink nie.

  5. Janklaas het gesê op Mei 10, 2010

    …of van baie diepte nie..

  6. wynvdm het gesê op Mei 10, 2010

    Erg mooi JanKlaas!

  7. Janklaas het gesê op Mei 10, 2010

    Nie altyd trots oor alles nie.

  8. Janklaas het gesê op Mei 10, 2010

    Erg dankie, Rooiwyn!

  9. Janklaas het gesê op Mei 10, 2010

    Ek ookerig. ‘n Ou poging.

  10. Janklaas het gesê op Mei 10, 2010

    Hoe lekker sou dit gewees het om jonk wyser te wees.

  11. Trakie het gesê op Mei 11, 2010

    Treffend.

    Jy’s reg met jou kommentaar daar by my. Ek het myself laataand skoon in morbiedgeit ingeblog!

  12. Tref jy my nou!

  13. Janklaas het gesê op Mei 11, 2010

    🙂

  14. Miney het gesê op Mei 11, 2010

    Baie nice

  15. zephur het gesê op Mei 12, 2010

    As ouderdom klomp met ongeduld

  16. Janklaas het gesê op Mei 12, 2010

    Dankie Miney!

  17. Janklaas het gesê op Mei 12, 2010

    O vir seker.

  18. loudavisi het gesê op Mei 12, 2010

    Die berou is die ergste.

    Ai, tog!
    So jammer…

    Perfekte woorde .

  19. dinkweer het gesê op Mei 13, 2010

    Jan Klaas, dit is aangrypend verwoord.

  20. Janklaas het gesê op Mei 13, 2010

    Ja, mens wens jy kon pleisters plak op daai tye wat onherroeplik verby is.

  21. Janklaas het gesê op Mei 13, 2010

    Baie dankie, Dinkweer! Ek hou ook van “I have a dream”.

  22. pinkpolkadot het gesê op Mei 13, 2010

    …..ek is sonder woorde!

  23. Janklaas het gesê op Mei 14, 2010

    Mm, dankie!

  24. pinkpolkadot het gesê op Mei 16, 2010

    Lekker week vir jou!! Hoop alles is ok?

  25. Janklaas het gesê op Mei 17, 2010

    Ja, dankie, dit gaan wel. Moes net weer ‘n berg nasienwerk afhandel. Dit maak my gewoonlik bedruk!

    Lekker week vir jou ook.

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.