Ek laaik
Mei 6, 2010 in Sonder kategorie
Die “Ek hou van”‘s van so ‘n rukkie terug het my baie geleer van heelwat van julle. Ek wil dit graag ‘n bietjie anders verpak.
Luister:
‘n Naguiltjie se roep op ‘n stil, warm aand
‘n Groenvlekduifie se roep op ‘n loomwarm Bosveldmiddag
Veraf boeremusiek uit ‘n plaasskuur vroeg op ‘n Saterdagaand
‘n Mooi lied wat met gevoel gesing word
Tortelduiwe en windgesuis vanuit hoë, rustige bome
Ruik:
Skaapboud Sondagoggend in die oond
Jasmyn op ‘n lente-aand
Seelug op ‘n lou maanligaand
Die klam lushof-fynbosreuk rondom Sedgefield en Wildernis
Die eerste groot lentedruppels op dorre Hoëveldgras
Voel:
‘n Warm Baaise bergwind oor my vel in die koue winter
‘n Klein katjie wat my hand lek
Insnoes onder ‘n warm duvet as ‘n kouekoors my beetpak
‘n Liefdevolle hand wat my rug streel (purr…)
‘n Klein kindjie se stywe, opregte omhelsing
Sien:
Die see en berge vanaf Bloubergstrand
Die helder blou water en rotse van die kranse by Brenton-on-Sea
‘n Vrystaatse sonsondergang
Hitte wat opslaan oor ‘n eindelose karoovlakte
Kranse wat bo mens uittroon soos in die Swartbergpas
Beleef:
Om naby iemand te wees wat ek opreg liefhet
Om met vriende en familie te skerts
Om onvoorwaardelik verwelkom te word deur my honde as ek tuiskom
Om met sononder in ‘n groot dam te dryf en die vlermuise dop te hou
‘n Groot brander wat sy volle energie en mag teen ‘n rots uitwoed
Wat laaik jy?
Sanseveria het gesê op Mei 6, 2010
Ek laaik jou inskrywings.
Janklaas het gesê op Mei 6, 2010
He he. Dankie!
UNPOCO het gesê op Mei 6, 2010
Ek sal die “SIEN” gedeelte neem dankie.
loudavisi het gesê op Mei 6, 2010
Ek laaik ook dit alles en nog baie meer.
Berwick het gesê op Mei 6, 2010
Ek laaik ook jou inskrywings.
wynvdm het gesê op Mei 6, 2010
Jy verneuk JanKlaas! Jy’t al die bestes klaar gevat! 🙂
Janklaas het gesê op Mei 6, 2010
Dws ek hou van Ghaap.
Janklaas het gesê op Mei 6, 2010
So aangeteken!
Janklaas het gesê op Mei 6, 2010
…en mense en hulle dinge.
Janklaas het gesê op Mei 6, 2010
Ek begin vermoed ek het ‘n paar universele laaiks neergepen.
Janklaas het gesê op Mei 6, 2010
Of die ‘laaiks’ is dan universeel, of ons hier voel min of meer dieselfde! Dalk is dit hoekom ons hier rondhang.
Janklaas het gesê op Mei 6, 2010
Hei, dis nie myne nie, jy kan ook mos daarvan hou!
Sit by waarvan jy spesiaal hou.
FOXY1975 het gesê op Mei 8, 2010
Dalk maak ek ook nog een of ander tyd ‘n “laaik-lysie”… maar ek hou ook van baie dinge waarvan jy hou!
Janklaas het gesê op Mei 8, 2010
Whiskers on kittens and warm woollen mittens?
Janklaas het gesê op Mei 8, 2010
Maak so. Dit sal baie interessant wees.
DallaSePa het gesê op Mei 8, 2010
Pragtig.
pinkpolkadot het gesê op Mei 9, 2010
WOW, Janklaas – so mooi!!
Janklaas het gesê op Mei 9, 2010
Mmm, dankie! Ek wou nog by geure bysit die reuk van halfgebrande krummelpap…
FOXY1975 het gesê op Mei 10, 2010
🙂
Mooi week!