Ek laaik

Mei 6, 2010 in Sonder kategorie

Die “Ek hou van”‘s van so ‘n rukkie terug het my baie geleer van heelwat van julle. Ek wil dit graag ‘n bietjie anders verpak.

Luister:

‘n Naguiltjie se roep op ‘n stil, warm aand

‘n Groenvlekduifie se roep op ‘n loomwarm Bosveldmiddag

Veraf boeremusiek uit ‘n plaasskuur vroeg op ‘n Saterdagaand

‘n Mooi lied wat met gevoel gesing word

Tortelduiwe en windgesuis vanuit hoë, rustige bome

Ruik:

Skaapboud Sondagoggend in die oond

Jasmyn op ‘n lente-aand

Seelug op ‘n lou maanligaand

Die klam lushof-fynbosreuk rondom Sedgefield en Wildernis

Die eerste groot lentedruppels op dorre Hoëveldgras

Voel:

‘n Warm Baaise bergwind oor my vel in die koue winter

‘n Klein katjie wat my hand lek

Insnoes onder ‘n warm duvet as ‘n kouekoors my beetpak

‘n Liefdevolle hand wat my rug streel (purr…)

‘n Klein kindjie se stywe, opregte omhelsing

Sien:

Die see en berge vanaf Bloubergstrand

Die helder blou water en rotse van die kranse by Brenton-on-Sea

‘n Vrystaatse sonsondergang

Hitte wat opslaan oor ‘n eindelose karoovlakte

Kranse wat bo mens uittroon soos in die Swartbergpas

Beleef:

Om naby iemand te wees wat ek opreg liefhet

Om met vriende en familie te skerts

Om onvoorwaardelik verwelkom te word deur my honde as ek tuiskom

Om met sononder in ‘n groot dam te dryf en die vlermuise dop te hou

‘n Groot brander wat sy volle energie en mag teen ‘n rots uitwoed

Wat laaik jy?

19 antwoorde op Ek laaik

  1. Sanseveria het gesê op Mei 6, 2010

    Ek laaik jou inskrywings.

  2. Janklaas het gesê op Mei 6, 2010

    He he. Dankie!

  3. UNPOCO het gesê op Mei 6, 2010

    Ek sal die “SIEN” gedeelte neem dankie.

  4. loudavisi het gesê op Mei 6, 2010

    Ek laaik ook dit alles en nog baie meer.

  5. Berwick het gesê op Mei 6, 2010

    Ek laaik ook jou inskrywings.

  6. wynvdm het gesê op Mei 6, 2010

    Jy verneuk JanKlaas! Jy’t al die bestes klaar gevat! 🙂

  7. Janklaas het gesê op Mei 6, 2010

    Dws ek hou van Ghaap.

  8. Janklaas het gesê op Mei 6, 2010

    So aangeteken!

  9. Janklaas het gesê op Mei 6, 2010

    …en mense en hulle dinge.

  10. Janklaas het gesê op Mei 6, 2010

    Ek begin vermoed ek het ‘n paar universele laaiks neergepen.

  11. Janklaas het gesê op Mei 6, 2010

    Of die ‘laaiks’ is dan universeel, of ons hier voel min of meer dieselfde! Dalk is dit hoekom ons hier rondhang.

  12. Janklaas het gesê op Mei 6, 2010

    Hei, dis nie myne nie, jy kan ook mos daarvan hou!

    Sit by waarvan jy spesiaal hou.

  13. FOXY1975 het gesê op Mei 8, 2010

    Dalk maak ek ook nog een of ander tyd ‘n “laaik-lysie”… maar ek hou ook van baie dinge waarvan jy hou!

  14. Janklaas het gesê op Mei 8, 2010

    Whiskers on kittens and warm woollen mittens?

  15. Janklaas het gesê op Mei 8, 2010

    Maak so. Dit sal baie interessant wees.

  16. DallaSePa het gesê op Mei 8, 2010

    Pragtig.

  17. pinkpolkadot het gesê op Mei 9, 2010

    WOW, Janklaas – so mooi!!

  18. Janklaas het gesê op Mei 9, 2010

    Mmm, dankie! Ek wou nog by geure bysit die reuk van halfgebrande krummelpap…

  19. FOXY1975 het gesê op Mei 10, 2010

    🙂
    Mooi week!

Laat 'n Antwoord

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Vereiste velde word aangedui as *.